Van die Redaktrise
 Geestelike Voedsel
 Onse Vader
 Kerkraadskamp
 GEMEENTENUUS
 Belangrike kennisgewings
 Oorsig van arbeid onder dowe lidmate(vervolg)
 Kindermisbruik
 'n Tikke humor
 Raai wie verjaar...
 Lesers gesels saam


 Redaksie
 Vorige uitgawes


Het jy enige lekker nuus vir ons?
Nuusbrokkies kan hier gepos word.



Volgende sperdatum:
22 Maart 2002





Lesers gesels saam:

Erik en Marietjie de Waal van Amerika

Hallo Almal! Ons, ek en Marietjie, wil net vir al die mense van die De La Bat kerk ook 'n voorspoedige nuwe jaar toewens. Ons mis almal daar en verlang vreeslik baie terug Suid-Afrika toe. Dis nog steeds baie koud hier in Amerika. Die sneeu lê nog baie dik hier buite en die ys hang orals aan die motors. Dit lyk of die motors huil van die koue. Ons woon hier in die stad Minneapolis in die staat Minnesota van Amerika. Dis op die grens van Kanada. Hulle sê dis baie mooi verder in die Noorde maar hier waar ons woon is dit so plat soos daar in Namakwaland. Ons kon ook nog nie baie rond beweeg het nie want ons het tot nou toe nie 'n motor gehad nie. So ons ken nog nie die omgewing so lekker nie. Maar die Here was baie goed vir ons en ons het 'n motor verniet by die bekende Evangelis, Billy Graham, se organisasie gekry. Daar is iets baie interessant om te vertel van die motor. Ons nooi almal uit om enige tyd vir ons te email by die volgende adres: frederik.dewaal@mail.northcentral.edu
En as julle ooit hier in Amerika kom, is julle welkom om ons enige tyd te kom besoek, bring net vir ons "Turkish Delight" lekkers saam. Om mee af te sluit. Dit gaan baie goed met my studies en ons loof die Here vir al die goeie dinge wat Hy hier vir ons gee om ons toe te rus vir die werk van die Here op die Sendingveld in die toekoms. Ek en Marietjie het 'n gebedslys en ons bid gereeld dat dit goed sal gaan met elkeen in die gemeente en veral vir die De La Bat kerk se leraars, leiers, kerkraad en die kommissies. Julle moet vir mekaar baie liefde gee soos Jesus dit gedoen het en nog steeds doen deur Sy Heilige Gees. Groete!.


Dannie en Marie Jonck van Gordonsbaai

Ons het November 2001 saam met Louis en Christina Lourens Transvaal toe gery om hul dogter Elsa se troue by te woon. Dit was 'n pragtige troue en ons het dit baie geniet. Voor die troue het ons in Pretoria by hul ander dogter Sadi en ook by Jannie en Hannali Carstens gekuier. Na die troue het ons saam met Louis en Christina se seun, Flippie eers by hulle huis by Tzaneen 'n paar dae gekuier en toe weer vir 'n paar dae by Flippie se skoonouers op 'n wildplaas by Alldays gebly. Daarna het ons by Dannie se neef net buite Pretoria op 'n kleinhoewe gekuier. Ons het dit baie geniet om oral in die Transvaal te kuier. Ons jongste dogter, Janie het op die 1ste November aan Juan Fouche van die Strand verloof geraak. Hulle beplan om die 4d Mei te trou wat ongelukkig ook ten opsigte van op die basaartyd val. Ons sal die basaar vanjaar ongelukkig misloop. Met ons gaan dit goed alhoewel Marie nog soms pyn in haar bors kry waar haar borsbeen gekraak is in die hospitaal toe die dokter omtrent 17 keer haar bors moes druk nadat haar hart 'n paar keer gaan staan het. Groete xx
(Baie geluk met jul dogter se verlowing, mag dit 'n lewensvreugde in julle lewens wees en dat die Here vir julle baie seëninge sal gee - Red)


Mathie en Hanlie Carstens van Bellville

Ons sou Desember 2001 vakansie by die huis bly weens finansiële behoeftes. Ons het mos twee vorige Desember 1998 - Desember 1999 by Gauteng en Desember 2000 by Gauteng gekuier. Gelukkig het Paul en Petro Freylinck en my ma voor einde van November die huur van strandhuis by Pringlebaai (20 Des - 3 Jan 2002) gekry en hulle het vir ons en ook Hanlie se ma, Jannie Kitty) wat nou by ons gebly het , genooi om ook saam te kuier. Ons het dit regtig lekker saam gekuier en ontspan. Ernst en Annatjie Blignaut en Willie en Marie Rheeder ook by Pringlebaai. Ons en hulle het lekker vir mekaar rond gekuier. Jannie en Marietha Erasmus van Pretoria was ook daar en by haar ouers se strandhuis waar dieselfde straat as ou huurde strandhuis, + 100 m van mekaar. Pringlebaai is baie mooi plek en mooi natuur en ook lekker kwaai en hoog seewater branders. Daar is ook paar diere wat tussen die huise rondgeloop het. Veral lastige bobbejane. Ja, toe ons 20 Desember daar gekom het, het ons baie waarskuwing van agent vir'n paar dowes gehad dat bobbejane baie kere die huis "ingebreek" het om kos te steel, ook baie in die huis bemors en bevuil. Op 27 Des moet Mathie terug na Bellville gaan want ek moet 27 en 28 Des werk by die hospitaal. In die middag (27 Des) het bobbejane sowaar ook ons strandhuis ingebreek terwyl Paul hulle en Hanlie vir middag rustig geslaap het. Toe Petro opgestaan het en in die kombuis gekom en gesien dat die kombuis vreeslik besaai en bevuil. Toe besef sy dat dit die bobbejaan se werk was. Petro, Hanlie en Paul moes alles skoonmaak. Bobbejane het 2 spanspekke, ½ waatlemoen, appels en ½ sak aartappels opgeëet. (Haai, om die waarheid te sê dat ek dankbaar is dat ek nie by strandhuis was om skoon te maak nie, ha ha!!!) Op Oujaarsdagaand waar Petro ook verjaar het, het + 19 dowes lekker saamgebraai en daarna langs die see gestap op die sand en gewag tot Nuwejaar aangebreek word en vir mekaar vir nuwejaar toegewens en lekker verskillende terte geëet by strandhuis. Op 3 Januarie het ons swaar afskeid geneem en terug huis toe gegaan en terwyl Paul, Petro en ma na Oesterbaai gegaan het om by Petro se 2de seun Johannes en gesin te kuier. Jammer dat vakansiedae altyd so gou verbygevlieg het. Ons Dowe Fokus se ou redaktrise, Jean-mari en sy vriend, Rian het ook by ons draaigemaak. Ook jammer dat Paul en Petro vir Petro Thirion van Walvisbaai misgeloop het, wat ook 'n kort draai by ons haar strandhuis gemaak het, want Paul en Petro was na Somerset Wes vir inkopies. Hulle het laas mekaar by skooldae ("verlaat") gesien! My skoonma, Hanlie se ma se broer is op 17 Februarie 2002 oorlede. Sy is nou laaste een oorblywende van broers en susters van 5. Sy is nou baie hartseer. Bid asseblief vir haar. Sy noem dat haar pa, Oom Louis wat verlede 17 September 2001 oorlede is, was 85 jaar, haar broer ook oorlede op 17 Februarie 2002 ook soos hy - 85 jaar (ai wat sou dit beteken). Vanoggend hoor ons dat Loret van der Walt (nee Burke) van Pretoria, vrou van Andre van der Walt oorlede is. Hanlie en sy was skoolmaats by Trans Oranje Skool vir Dowes in Pretoria. Soos Hanlie genoem het dat Loret suikersiekte het. Baie sterkte aan André en familie.
Mathie Carstens se selno is 083 387 7228
Hanlie Carstens se selno is 083 387 7229 / Ons faksno: is (021) 949 1503


Willie Engelbrecht skrywe:

+ 5 jaar gelede het ek geskryf van my seun se troue en gevra dat daar moet voortgegaan word om vir hul te bid. 'n Tyd terug het ek begin bid dat die Here iemand permanent in my dogter se lewe moet stuur. Nog mense is genader om saam te bid. Sy begin toe weer uitgaan met iemand wie sy al ken. Een Sondag nooi hul my vrou en myself uit vir ete. Terwyl ons eet kondig hul hul verlowing aan en die seun maak bekend sy vrou verwag hul eerste baba. Sê dankie by die lees hiervan sy is gister, 16 Februarie, op haar ouma, naamgenoot (my ma) se verjaardag getroud. Loof en prys die Heer vir sy groot genade dat my vrou en ek dit ook saam kon beleef. Die troue was baie mooi en alles het goed afgeloop. Dankie vir u gebede ook vir die toekoms. Gesegde: "'n Mens word nie geken aan wat hy bereik het nie, maar aan wat hy bereid was om te vergewe.


Volgende sperdatum: 22 Maart 2002


Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad,
kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002
De la Bat Gemeente Bellville