Gemeenteblad - http://ngkdelabat.tripod.com



   Van die Redaktrise

  Geestelike Voedsel
   Uitleg van 'n Coke blikkie
   Woorderaai

  Gemeente nuus
   Algemene nuus
   Basaarnuus
   In Memoriam

  Artikels
   Vadersdag
   Iets om oor te dink
   Iets interessant

  Gereeld
   Grapblad
   Raai wie verjaar...
   Goue gedagtes

  Briewe
   Brief aan lidmate
   Lesers gesels saam

  Redaksie
   Redaksie
   Vorige uitgawes


Nuusbrokkies kan hier gepos word.

Ons kan u per e-pos laat weet sodra die nuusbrief beskikbaar is - klier hier

Volgende sperdatum:
21 Junie 2002





GEESTELIKE VOEDSEL

Uitleg van 'n Coke blikkie.

Kom ons neem 'n Coke blikkie en bekyk hom van nader. Noudat jy jou blikkie het, kan ons ten eerste kyk na die woord Coca-cola wat op die een kant van die blikkie voorkom. Die woord bestaan uit 8 letters waarvan elke letter 'n woord voorstel, nl:

C - "Come"
o - "on"
c - "children"
a - "accept"
C - "Christ"
o - "our"
L - "Lord"
a - "amen"

As ons dit nou in afrikaans vertaal sou dit soos volg lees: Kom nou kinders, aanvaar Christus ons Verlosser, amen.

Kom ons gaan kyk verder na die woord Coke wat op die ander kant van die blikkie geskrywe is.

C - "Christ"
o - "our"
K - "King"
e - "everlasting"

As ons dit ook nou in afrikaans vertaal, sou dit die volgende lees, Christus ons Koning - ewig.

As ons verder na die Coke Blikkie kyk sal ons sien dat daar basies drie (3) kleure op die blikkie voorkom nl:

a) Swart
b) Rooi
c) Wit

Bogenoemde stel vir ons voor wat JESUS vir ons gedoen het aan die kruis. Hy het vir ons gesterf omdat slegs Sy bloed (Rooi) ons kan (Wit) was soos sneeu. (Swart) beteken natuurlik duisternis, met ander woorde JESUS het ons uit die duiternis gehaal en oorgebring in die LIG (Wit) van die lewe. Nou hoe kom 'n mens by die koeldrank uit wat in die blikkie is? Dis natuurlik 'n dom vraag aangesien die antwoord eenvoudig is.

Jy maak die blikkie oop, net so moet jy jou hart oopmaak vir die Here. Hy sê tog immers in Sy Woord vir ons dat: "Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek inkom en 'n maaltyd saam met hom hou en hy saam met My (Openb 3:20). Ons moet die blikkie heeltemal oopmaak en nie halfpad nie. Net so moet jy jou lewe TEN VOLLE vir Hom gee sodat slegs Hy jou lewe beheer en die "eie ek" moet dood wees in jou. Hy sê tog vir ons dat: "Hy moet meer word, en die eie ek moet minder word".

As ons na 'n lekker oefening van enige sportsoort af terug kom is daar niks so lekker soos 'n blikkie yskoue koeldrank nie. Net soos ons dors is na die inhoud van die blikkie koeldrank, moet ons ook 'n dors hê na God en Sy Woord.

Bo op die gesig van die blikkie is daar 'n gesig geteken met die mond van die gesig, die plek waar jy die koeldrank uitdrink. Net soos die inhoud van die blikkie by die gat uitkom, net so moet net die goeie dinge by ons mond uitkom (positiewe woorde). Daar word gesê dat waar die hart van vol is, loop die mond van oor.

Ek sluit af deur aan julle te noem dat JESUS gesê het dat ons die Evangelie aan alle nasies moet verkondig en dan keer ons weer eens 'n oomblik terug na die Coke blikkie wat reeds wêreldwyd versprei word.

Terug na bo



Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville