Gemeenteblad - http://ngkdelabat.tripod.com



   Van die Redaktrise

  Geestelike Voedsel
   Uitleg van 'n Coke blikkie
   Woorderaai

  Gemeente nuus
   Algemene nuus
   Basaarnuus
   In Memoriam

  Artikels
   Vadersdag
   Iets om oor te dink
   Iets interessant

  Gereeld
   Grapblad
   Raai wie verjaar...
   Goue gedagtes

  Briewe
   Brief aan lidmate
   Lesers gesels saam

  Redaksie
   Redaksie
   Vorige uitgawes


Nuusbrokkies kan hier gepos word.

Ons kan u per e-pos laat weet sodra die nuusbrief beskikbaar is - klier hier

Volgende sperdatum:
21 Junie 2002





Lesers gesels saam

Dannie en Marie Jonck van Gordonsbaai

Met ons kinders en kleinkinders gaan dit nog goed deur die genade van Bo. Ons jongste dogter, Janie is op 4 Mei met Juan Fouche getroud. Janie se trouklere was baie eenvoudig, maar Saterdagoggend het sy nog meer pragtig gelyk. Dit was nie ‘n groot troue nie. Ons het dit baie geniet. Willie Rheeder het op 15 Mei verjaar en 60 jaar oud geword. Hy het Saterdag vir ons, vriende en families genooi om visbraai te hou. Marie Rheeder het al die galjoene gevang. Ons het baie lekker geëet en ook baie lekker gesels. Ons het dit baie geniet. Met ons Wyk 6 gaan dit nog goed , maar behalwe Deon Dippenaar nie goed is nie. Ja, ons bid aanmekaar vir hom en Hanna. Hulle het nie meer biduur toe gegaan nie, ons mis hulle nog baie. Ek het ‘n selfoon present gekry (Marie Jonck), die nommer is 083 451 6386. Gee baie groete aan al die nuuslesers.

Marlene Hydenrych van Weskus

Van die basaar wil ek sê. Ek was bly dat ek daar kan wees om almal weer te sien. Daar was baie lekker eetgoed en hope geselskap. Daardie 2 koeke wat ek gekoop het, was baie lekker. Dit lyk of Dowes lekkerder koeke kan bak. Ek prys die Here dat Hy die basaar goed laat gaan. Kerriekos was baie lekker. Baie dankie vir almal wat die basaar ondersteun het. Wyk 8 (Weskus) het ook bygedra uit hulle harte. Van 19 Mei se kerkdiens wil ek dankie sê dat Ds. Hough nie van Wyk 8 wil vergeet nie. Baie dankie dat hy en sy vrou vir Jaco Hanekom saamgebring het. Bly om hom weer te sien. Ek wil net sê dat Ds. Hough net bietjie “stout” is. Ons het mos Laaiplek se kerksaal gebruik om kerkdiens te hou. Ons moes vroeër klaargemaak het want Laaiplek horende gemeente was besig om sop te maak op stoof in Pinksterfees afsluiting. Ds. Hough het die sop gesteel om te proe. Ai, hy is so lief vir sop. Pasop dat ons by hom sal leer om ander mense se sop te steel, Net ‘n grappie!!!! Ons het vir hom baie gelag. Ek het ook daarvan geproe uit lepel. Geen sout en spesery… Ds. Hough kan mos nie ‘n koppie sop steel as die sop nie reg is nie. Ek wil net sê baie dankie dat Ds. Hough en sy vrou by ons kom preek het. Jaco Hanekom, dankie dat jy mooi verduidelik het van alles. So spyt dat Rentia nie saamgekom het nie maar ek verstaan van 3 woelwaters (kinders) wat haar besig hou.

Terug na bo



Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville