Gemeenteblad - http://ngkdelabat.tripod.com



   Van die Redaktrise

  Geestelike Voedsel
   Uitleg van 'n Coke blikkie
   Woorderaai

  Gemeente nuus
   Algemene nuus
   Basaarnuus
   In Memoriam

  Artikels
   Vadersdag
   Iets om oor te dink
   Iets interessant

  Gereeld
   Grapblad
   Raai wie verjaar...
   Goue gedagtes

  Briewe
   Brief aan lidmate
   Lesers gesels saam

  Redaksie
   Redaksie
   Vorige uitgawes


Nuusbrokkies kan hier gepos word.

Ons kan u per e-pos laat weet sodra die nuusbrief beskikbaar is - klier hier

Volgende sperdatum:
21 Junie 2002





BRIEF AAN AL ONS LIDMATE
- Nou kan ons begin werk! -

Geagte Lidmaat,

Party mense sê hulle glo nie in God of aan wonderwerke nie. Sê vir hulle dat hulle hier in ons gemeente moet kom kyk as hulle wonderwerke wil sien, en as hulle God se liefde wil sien. Ons gemeente was plat, soos 'n bokser wat uitgeslaan is. Party gemeentes wat baie groter as ons gemeente is, kon nie opstaan nie, en hulle moes toemaak. Maar die Here het gesê ons gemeente vir Dowes sal nie toemaak nie, want Hy het Self hierdie gemeente begin om ons te gebruik, en Hy sê vir ons in Openbaring 3:7: As Ek 'n deur oopsluit, kan niemand dit weer toesluit nie. 8 Ek weet alles wat julle doen. Kyk voor julle. Daar is 'n deur wat Ek oopgesluit het, en niemand kan dit weer toesluit nie. Ek weet julle krag is min. Maar julle het vasgehou aan My en aan My woorde…… Elke laaste Woensdag van die maand, gaan die biduur nou by die kerk wees, sodat ons kan leer hoe om vir ander mense te vertel van die Here se liefde. Ons begin 7:00 uur.

Ons het verlede maand besluit dat ons basaar nie gaan wees om te probeer genoeg geld bymekaar-maak nie, maar om vir die Here dankie te sê vir sy genade, dankie dat Hy ons God is en dankie dat Hy ons wil gebruik. En dit was 'n wonderlike basaar en die Here het ons geseën. Die kerkraad het vir my gesê dat as ons meer as R 60 000 insamel voor einde Mei, dan moet ek my hare afskeer, en dit lyk nou vir my dat my kop gaan koud kry.

Wat beteken hierdie groot basaar vir ons? Die inkomste van ons gemeente wat ons lidmate gee, bestaan uit 4 dele. Die basaar, ons dank-offers, ons wyke se woekergeld en kollektes Sondae by die eredienste. Ons moes R 50 000 kry met die basaar, en ons het nou amper R 10 000 meer by hierdie een deel. By die dank-offers moet ons R 100 000 kry, by die woekergeld moet ons R 20 000 kry en by die kollektes Sondae ook R 20 000. Ons het baie goed begin, en dit lyk of ons gemeente opgestaan het en begin hardloop het. Ons kan nou baie meer doen vir die Here en ons het al klaar 'n paar plekke gesien waar Hy vir ons wil gebruik. Hy het nou klaar vir ons die geld gegee daarvoor.

Dit lyk of baie van ons lidmate verlede maand begin het om hullle dank-offers groter te maak. As almal dit doen, as meer lidmate hulle volle dank-offer gee, dan kan ons baie werk vir die Here doen, en dan sal ons ook genoeg inkomste hê in hierdie deel. Daarom vra ons nou vir al ons lidmate: Kom ons wys vir die Here ons is lief vir Hom, kom ons gee onsself vir Hom, kom ons gee vir Hom wat ons moet, nie wat ons oorhet aan die einde van die maand nie. Baie dankie vir elkeen wat doen wat die Here vir hom of haar sê.

Ek en Jean gaan weg wees met langverlof vir 3 maande. Ons sal 'n klompie Dowes besoek oral in die land en groete stuur. Ek sal ook nog vertaalwerk doen. Neil sal die meeste Sondae preek, maar onthou, die Here is elke Sondag hier en Hy wag vir elke lidmaat. As daar enige probleme is, kontak die skriba, of vir Hein of vir Jaco, hulle kan help.

Mag die Here julle elkeen baie ryklik seën.

Seënwense,
Ds. Rocco Hough

Terug na bo



Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville