Gemeenteblad - http://ngkdelabat.tripod.com



   Van die Redaktrise

  Geestelike Voedsel
   Uitleg van 'n Coke blikkie
   Woorderaai

  Gemeente nuus
   Algemene nuus
   Basaarnuus
   In Memoriam

  Artikels
   Vadersdag
   Iets om oor te dink
   Iets interessant

  Gereeld
   Grapblad
   Raai wie verjaar...
   Goue gedagtes

  Briewe
   Brief aan lidmate
   Lesers gesels saam

  Redaksie
   Redaksie
   Vorige uitgawes


Nuusbrokkies kan hier gepos word.

Ons kan u per e-pos laat weet sodra die nuusbrief beskikbaar is - klier hier

Volgende sperdatum:
21 Junie 2002





GEMEENTENUUS

[ Gemeentenuus] [Basaarnuus] [ In Memoriam]

Basaar nuus

[Basaar fotos]

HEIN VAN DER MERWE: BASAARVOORSITTER AAN DIE WOORD:

Ek wil vir julle almal baie dankie sê dat julle almal so mooi saamgewerk het by die basaar.
Ek wil spesiaal vir al die tafelleiers en die verteenwoordigers baie dankie sê dat julle baie mooi saam met my gewerk het en mooi geluister het wanneer ek julle mooi gevra het om dit te doen. Ek wil ook vir al die mense wat die donasies, koeke, terte, groente, ens. vir ons basaar gegee het, baie dankie sê dat julle bereid was om hard te werk vir ons basaar - God sal julle hartlik seën. Dit lyk my dat dit die grootste basaar nog in alle tye is, want daar was ongelooflik baie mense gewees wat kom ondersteun het.
Op daardie dag het ons R37 000,00 van basaar-inkomste ingesamel en het ons R6 000,00 van kollektelys ingesamel -die totale bedrag is R44 000,00. Laasjaar het ons R38 000,00 van basaar- en kollektelys-inkomste ingesamel. Nou op die oomblik het ons meer as R50 000,00 ingesamel.
Dit klink vir my dat ons vanjaar meer as R60 000,00 sal kan insamel. Ek dank God dat Hy ons ryklik geseën het. Ons 7moet baie versigtig wees dat ons net dink aan geld-geld - dit is wat God glad nie wil hê nie. Al wat God wil hê dat ons ook vir die ander mense vertel wat nog nooit die woorde van God gehoor of geluister het nie en wat die lidmate koud geword het. As ons dit doen soos wat God graag wil hê, sal Hy ons nog rykliker seën.
Die belangrikste van alles wat julle moet doen - sal julle asb. al die name en die adres vir die skriba moet ingee vir wie moet ons dankie sê vir die bydrae? Ons hou laaste basaar-vergadering op 2de Junie 2002.
Bid asb. vir ons dat ons dit goed sal beplan vir die volgende basaar. Sien julle weer die volgende basaar!


SO LYK ONS BASAAR VOORSITTER


Gelukkige trekkings by basaar

Lynn het twee pakkies gehad wat sy kan gebruik vir geskenke. Mense moes R5-lotjies betaal. Dan het Hein nommers getrek vir die wenner en naaswenner. Toe was dit ek as wenner en Johan Burger as naaswenner. Ek het 'n pakkie van bakgerei met 'n R100,00 geskenkbewys van Foschini gekry en Johan ook dieselfde pakkie met R50,00 geskenkbewys gekry!


Donasie

(Marisa du Plessis) - My pa het besluit om 'n donasie te gee vir ons gemeente omdat hy voel hy hoef niks vir my ma se mediese koste betaal nie (Marisa se ma het tydens kanker gehad). En hy het gevoel omdat my ma nou gesond is, wil hy ook saam dankie sê vir die Here se genade en vir ons gebede ens..

Ingestuur deur Marisa du Plessis - Panorama

Terug na bo



Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville