Gemeenteblad - http://ngkdelabat.tripod.com



   Van die Redaktrise

  Geestelike Voedsel
   Uitleg van 'n Coke blikkie
   Woorderaai

  Gemeente nuus
   Algemene nuus
   Basaarnuus
   In Memoriam

  Artikels
   Vadersdag
   Iets om oor te dink
   Iets interessant

  Gereeld
   Grapblad
   Raai wie verjaar...
   Goue gedagtes

  Briewe
   Brief aan lidmate
   Lesers gesels saam

  Redaksie
   Redaksie
   Vorige uitgawes


Nuusbrokkies kan hier gepos word.

Ons kan u per e-pos laat weet sodra die nuusbrief beskikbaar is - klier hier

Volgende sperdatum:
21 Junie 2002





IETS OM OOR TE DINK

AS JY KOS IN DIE YSKAS HET, KLERE AAN JOU LYF, 'N DAK OOR JOU KOP EN 'N PLEK OM TE SLAAP, IS JY RYKER AS 75% VAN ALLE MENSE OP AARDE.

AS JY GELD IN DIE BANK HET, IN JOU BEURSIE EN NOG KLEINGELD IN 'N BOTTEL, IS JY ONDER DIE 8% RYKSTE MENSE OP AARDE.

AS JY VANOGGEND WAKKER GEWORD HET MET MEER GESONDHEID AS SIEKTE, IS JY MEER GESEEND AS DIE MILJOENE MENSE WAT NIE HIERDIE WEEK OORLEEF NIE.

AS JY NOG NOOIT IN 'N OORLOG SKOOT WAS NIE, NOG NOOIT IN DIE TRONK NIE, NOG NOOIT GEMARTEL IS NIE, EN NOG NOOIT HONGER GELY HET NIE, IS DAAR 500 MILJOEN MENSE WAT SLEGTER AF IS AS JY.

AS JY 'N KERKDIENS KAN BYWOON SONDER VREES VIR AANVALLE, ARRESTASIE, MARTELING OF DOOD, IS JY MEER GESEëND AS DRIE MILJARD MENSE IN DIE WêRELD.

AS ALBEI JOU OUERS NOG LEWE EN BOONOP NOG MET MEKAAR GETROUD IS, IS JY 'N UITSONDERING IN SUID-AFRIKA.

AS JY JOU KOP KAN OPTEL MET 'N GLIMLAG OM JOU MOND EN REGTIG DANKBAAR IS VIR JOU SEëNINGE, IS JY GELUKKIG, WANT DIE MEESTE MENSE KAN, MAAR DOEN DIT NIE.

AS JY IEMAND SE HAND VASHOU, 'N DRUKKIE KAN GEE OF AAN SY SKOUER KAN VAT, IS JY GELUKKIG, WANT JY KAN 'N HELENDE AANRAKING GEE.

AS JY HIERDIE BOODSKAP KAN LEES, HET JY DUBBELE SEëN ONTVANG: IEMAND HET AAN JOU GEDINK, EN JY IS VOORGETREK BO TWEE MILJARD MENSE OP AARDE WAT GLAD NIE KAN LEES NIE.

GENIET JOU DAG, TEL JOU SEëNINGE, EN DEEL HIERDIE GEDAGTE MET IEMAND ANDERS, SODAT ONS ALMAL KAN ONTHOU HOE GELUKKIG ONS WERKLIK IS


DANKBAAR …..

Ek is dankbaar vir ...

  • die tiener wat kla oor hy die skottelgoed moet was, want dit beteken hy is nie op straat nie.
  • die belasting wat ek moet betaal, want dit beteken ek het 'n werk.
  • die gemors wat ek na 'n partytjie moet opruim, want dit beteken ek was omring deur vriende.
  • die klere wat te knap sit, want dit wys ek het genoeg om te eet!
  • my skaduwee wat kyk hoe ek werk, want dit beteken ek kan die sonlig geniet.
  • die grasperk wat gesny moet word, die vensters wat gewas moet word en die geute wat herstel moet word, want dit beteken ek het 'n huis om in te woon.
  • al die klagtes wat ek oor die regering hoor, want dit beteken ons het nog vryheid van spraak.
  • die parkeerplek in die verste hoek van die parkeerterrein, want ek kan nog stap en het vervoer.
  • die tannie wat so vals sing agter my in die kerk, want ek kan nog vry kerk toe gaan en hoor.
  • die groot hoop vuil wasgoed, want ek het genoeg klere om te dra.
  • die moegheid en seer spiere aan die einde van die dag, want ek was gesond genoeg om hard te kon werk.
  • die wekker wat my soggens wakker maak, want ek lewe nog.


WARE VERHAAL

Dit is Sondagaand en die gemeente het 'n paar gesange gesing voor die kerk begin. Die dominee gaan staan agter die preekstoel en hy sê vir die gemeente: “Liewe broers en susters, dit is vanaand vir my ‘n groot voorreg om ‘n dominee aan julle voor te stel, wat ‘n ou vriend uit my kinderjare is. Hy wil vanaand ‘n spesiale boodskap aan julle bring.

‘n Ouerige man stap na die preekstoel en sê: “Vriende ek wil vir julle die verhaal vertel van ‘n vader, sy seun en die seun se vriend wat eendag ‘n langs die kus gaan seil het. Hulle was nog ver van die land af toe ‘n storm skielik opgesteek het. Die branders was so hoog dat die vader wat ‘n ervare seeman was nie die boot kon regop hou nie en al drie is van die boot af geslaan.’

Die ou man bly ‘n oomblik stil en kyk na die twee tieners wat vir die eerste keer ‘n bietjie geinteresseerd (belangstel) lyk in sy verhaal. Hy vertel verder: ‘Die vader het daarin geslaag om weer tot by die boot te swem en ‘n reddingstou in die hande te kry. Nou het die vader voor die grootste besluit in sy lewe te staan gekom en dit is na watter seun hy die reddingstou moet gooi. Hy het net ‘n paar sekondes gehad om die besluit te neem. Die vader het geweet sy seun is ‘n Christen en dat sy seun se vriend nie een was nie. Die pyn wat die vader gevoel het by sy besluit was groter as die grootste brander. Die vader het na sy seun geroep en gese: ‘Seun ek is lief vir jou’; en die reddingstou na sy seun se vriend gegooi. Teen die tyd wat die vader die vriend tot by die boot ingetrek het, het sy seun onder die geweldige branders verdwyn – sy liggaam is nooit gevind nie.

Teen hierdie tyd het die twee tieners penregop in hulle bank gesit en angstig vir die volgende woorde uit die ou dominee se mond gewag. Hy vervolg: ‘Die vader het geweet sy seun sou die ewigheid saam met Jesus ingaan en hy wou nie daaraan dink dat sy seun se vriend sonder Jesus die ewigheid sou ingaan nie daarom het hy sy seun se lewe opgeoffer om die vriend se lewe te red. Hoe groot is die liefde van God dat hy dieselfde vir ons gedoen het – ons hemelse Vader het die lewe van sy enigste Seun opgeoffer sodat ons gered kan word. Ek smeek julle om sy offer te aanvaar en die lewenslyn wat hy na julle uitgooi in hierdie diens aan te gryp.

Met hierdie woord draai die ou man om en gaan sit weer op sy plek. ‘n Stilte daal in die kerk neer. Die pastoor bestyg weer die kansel en lewer ‘n kort preek met ‘n uitnodiging aan almal wat die gasdominee se smeking ter harte geneem het om vorentoe te kom. Nie een van die gemeentelede het egter van die uitnodiging gebruik gemaak nie.

Minute nadat die diens geeindig het, is die twee tieners egter aan die ou man se sy. "‘n Mooi storie" se een van die seuns beleefd, "maar ek dink nie dit was ‘n goeie idee van die vader om sy enigste seun se lewe op te offer met die hoop dat die ander seun ‘n Christen sal word nie." "Wel, jy het ‘n punt daar" se die ou man en kyk na sy verweerde Bybel. ’n Bree glimlag verskyn op sy gesig en hy kyk weer na die seuns en sê: "Dit is sekerlik nie ‘n goeie idee nie, is dit? Maar ek staan vandag hier om julle te vertel dat die verhaal my laat besef het hoe dit vir God moes gevoel het om sy Seun vir my op te offer, want ek was die vader en die pastoor is my seun se vriend."

Terug na bo



Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville