Gemeenteblad - http://ngkdelabat.tripod.com


   Van die Redaktrise

  Geestelike Voedsel
   Uitleg van 'n Coke blikkie
   Woorderaai

  Gemeente nuus
   Algemene nuus
   Basaarnuus
   In Memoriam

  Artikels
   Vadersdag
   Iets om oor te dink
   Iets interessant

  Gereeld
   Grapblad
   Raai wie verjaar...
   Goue gedagtes

  Briewe
   Brief aan lidmate
   Lesers gesels saam

  Redaksie
   Redaksie
   Vorige uitgawes


Nuusbrokkies kan hier gepos word.

Ons kan u per e-pos laat weet sodra die nuusbrief beskikbaar is - klier hier

Volgende sperdatum:
21 Junie 2002





Dagsê al my lesers!!!!

BBBBrrrrrr die regte winter het uiteindelik aangebreek. Hier is weer interessante nuus, artikels en baie kiekies (foto’s), net reg om julle warm te hou met nuus. Bederf jouself, klim in die bed en sit ‘n kersie aan, dink in stilte en lees DOWE FOKUS, en sê ook baie dankie vir die Here vir al die voorregte wat jy het en om dankbaar te wees dat jy die Here kan ken, waar baie mense nie so gelukkig soos jy is nie.

Op 17 Junie vier ons Jeugdag, hierdie dag is ‘n spesiale geleentheid om hulde te bring aan jongmense in ons land. Jongmense is die leiers van die toekoms, ons volwassenes moet ‘n goeie voorbeeld stel vir hulle. Ou mense kan ook jeugdag vier, want ‘n mens is net so oud soos wat jou hart jonk is.

Onthou om asseblief nie Vadersdag te vergeet nie, in die nuusbrief is daar idees hoe om vir julle pa’s te bederf.

Op die oomblik kan ons net vir die Here loof en prys en dankie sê vir die wonderlike MEI maand wat Hy vir ons so ryklik geseën het met die basaar. Dankie vir elkeen van julle wie se harte so wyd oopgemaak het om die basaar ‘n wonderlike sukses te kan maak.

Gebed: Vader in die Hemel, lei my deur u Gees om vandag soos ‘n nuwe mens te lewe.
Amen!

Groete in Jesusliefde
NICOLENE

Die De la Bat Gemeente in Bellville wil die Woord van God verkondig onder alle Dowes. Ons doen dit met gebare, met Bybelstudies, en met hierdie maandelikse nuusbrief. Enige bydraes en donasies is welkom.
Indien u iets wil skryf aan die Dowe Fokus, kliek hier.
Indien u n donasie wil maak, kliek hier.
Indien u wil inskryf op die nuutste Fokus, kliek hier.

Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville