Gemeenteblad - http://ngkdelabat.tripod.com



   Van die Redaktrise

  Geestelike Voedsel
   Uitleg van 'n Coke blikkie
   Woorderaai

  Gemeente nuus
   Algemene nuus
   Basaarnuus
   In Memoriam

  Artikels
   Vadersdag
   Iets om oor te dink
   Iets interessant

  Gereeld
   Grapblad
   Raai wie verjaar...
   Goue gedagtes

  Briewe
   Brief aan lidmate
   Lesers gesels saam

  Redaksie
   Redaksie
   Vorige uitgawes


Nuusbrokkies kan hier gepos word.

Ons kan u per e-pos laat weet sodra die nuusbrief beskikbaar is - klier hier

Volgende sperdatum:
21 Junie 2002





RESEP VAN DIE MAAND


WARM HOENDERSLAAI

90 ml (6e) olyf- of sonneblomolie
1 ui, in skyfies gesny
125g (1/2 pak) dwergsampioene
250g (1 pak) spekrepies, in helfte gesny
500 ml (2k) gaar hoender, in blokkies gesny
30 ml (2e) asyn
30 ml (2e) sjerrie
5 ml (1t) droë mosterd
slaaiblare
sout en gemaalde swartpeper

1. Gebruik 30 ml (2 e) olie en braai die uie en sampioene tot bruin en sag. Skep uit en hou eenkant.
2. Rol spek op en braai saam met hoenderblokkies tot bruin.
3. Plaas die uiemengsel weer terug saam met die spek en hoender in die braaipan en kook vir nog 2 minute.
4. Meng die res van die bestanddele en giet in die pan. Roer vir ½ minuut en haal van die hitte af.
5. Rangskik die slaaiblare op 4 borde en skep die hoender en spekmengsel bo-op en sit dadelik voor.

Terug na bo



Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville