Gemeenteblad

http://ngkdelabat.tripod.com




  In hierdie maand se   uitgawe...

   Van die Redaktrise

  Geestelike Voedsel
   Jy is baie spesiaal
   Hoor met die hart

  Gemeentenuus
   Gemeente nuus
   In Memoriam
   Nuwe webblaaie

  Artikels
   Leonardo da Vinci

  Gereeld
   Grapblad
   Verjaarsdae
   Resepte
   Goue gedagtes

  Redaksie
   Redaksie


Vorige uitgawes


Volgende sperdatum:
23 Augustus 2002


Skryf aan Dowe Fokus

Maak 'n donasie

Ontvang Dowe Fokus deur die pos - Intekenare vorm.



Dagsê al my lesers!!!!

Die nuwe kwartaal het aangebreek, hoop almal wat met vakansie was, het die heerlike ruskansie baie geniet. Bly dat almal weer veilig terug is en dat die Here elkeen bewaar het.

Hierdie maand se Dowe Fokus is daar baie vreugdes wat die lesers met ons kon deel en ook op 'n hartseer noot dat ons 'n dierbare lidmaat, Deon Dippenaar verloor het, daar is ook baie huldeblyke van ons lesers, glo dat almal ook wat ook nie kon simpatiseer het nie, ook aan hierdie familie en vriende dink. Maar die wonderlike nuus hiervan is dat Deon ook 'n wonderlike kind van die Here was. Daardeur kan ons Jesus se liggie deur hom sien, skyn.

Daar is ook baie voorbidding wat ons moet doen vir ons gemeente, asook vir die mense daarbuite wat ook geestelik dood is, help vir mekaar dat ons ons hande saam kan vashou en dat ons ook 'n beter plek vir hierdie wêreld sal maak om Jesus se liefdeslig te kan versprei. Jy is 'n wonderlike instrument in die Here se hand.

Lyk my die winter is nog lank nie klaar nie, neem gerus hierdie Dowe Fokus nuusbrief en ontspan saam met 'n lekker warm sjokolade-drankie.

Tot volgende keer!!!!

Gebed : "Here, help my om my naaste te vergewe soos U my vergewe het."


Amen!

Groete in Jesusliefde
NICOLENE

As u 'n gereelde besoeker van hierdie webwerf is, skryf asseblief in. Dit is GRATIS. Deur u inskrywing sal u vir ons help om te weet hoeveel lesers van hierdie webwerf gebruik maak. Dit sal vir ons aanmoediging gee om aan te hou met hierdie werk.

As bonus sal ons vir u elke maand deur e-pos laat weet sodra daar 'n nuwe uitgawe van Dowe Fokus beskikbaar is.

Die De la Bat Gemeente in Bellville wil die Woord van God verkondig onder alle Dowes.
Ons doen dit met gebare, met Bybelstudies, en met hierdie maandelikse nuusbrief. Enige bydraes en donasies is welkom.
Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002
Laas opgedateer - 4 Augustus 2002