Gemeenteblad - http://ngkdelabat.tripod.com




  In hierdie maand se   uitgawe...

   Van die Redaktrise

  Geestelike Voedsel
   Jy is baie spesiaal
   Hoor met die hart

  Gemeentenuus
   Gemeente nuus
   In Memoriam
   Nuwe webblaaie

  Artikels
   Leonardo da Vinci

  Gereeld
   Grapblad
   Verjaarsdae
   Resepte
   Goue gedagtes

  Redaksie
   Redaksie


Vorige uitgawes


Volgende sperdatum:
23 Augustus 2002


Skryf aan Dowe Fokus

Maak 'n donasie

Ontvang Dowe Fokus deur die pos - Intekenare vorm.



[Gemeentenuus] [Deon Dippenaar] [Nuwe Webblaaie]
[Jeug wyk] [Wyk 5] [Wyk 6]

In Memoriam
DEON DIPPENAAR

20/10/1938 - 05/07/2002
IN DIE OUDERDOM VAN 63 JAAR EN 8 MAANDE

Hier is die geskiedenisverhaal van wyle Deon Dippenaar:

Deon is gebore as die 2de seun uit die huwelik van Bessie en wyle Koos Dippenaar van Malmesbury. Hy het skoolgegaan in Malmesbury tot St.4, waarna hy na die skool vir Dowes gegaan het. Hierna het hy sy opleiding as Skrynwerker / Meubelmaker voltooi by P.A. Venter. Hy is getroud met Hanna en 3 kinders is uit die huwelik gebore. In 1970 het hulle verhuis na Kuilsrivier. In 1974 het hy by Karl Bremmer daghospitaal begin werk tot en met sy uittrede in Oktober 1996 toe hy sy eerste hartaanval gehad het. Hierna het 3 hartstilstande gevolg, waarvan die laaste in Mei 2001 was en waartydens hy 2de graadse breinskade opgedoen het. In Februarie 2002 het hy 'n beroerteaanval gehad en sedertien het sy toestand verswak as gevolg van die volgende:

  • n Vergrote hart, wat hartversaking veroorsaak.
  • Asook lewer en nierversaking.

Sy galblaas was vergroot en vol gruis wat naarheid, braking en diarree veroorsaak het, dit het aanleiding gegee tot 'n swak eetlus. Hy het by sy afsterwe slegs 48 kg geweeg.

As gevolg van Deon so besondere geaardheid was hy baie geliefd onder alle mense. Hy was 'n ook leier in die gemeenskap. Hy was baie jare op die kerkraad, voorsitter van die diens van barmhartigheid, die basaar komitee en die ouetehuis. As gesinsmens was hy baie ilef vir sy kinders en in besonder vir sy kleinkinders. Ons is oortuig dat hy 'n groot leemte sal laat in sy gesin se lewe sowel as die gemeenskap.


Hanna Dippenaar en sy kinders se dankbetuigings

Hiermee wil ons graag ons dank betuig aan al die gemeentelede wat gedurende die afgelope paar jaar vir ons ondersteun, besoek en gebid het tydens Deon se siekte. Baie dankie dat julle vir hom so lief was. Baie spesiale dank aan Wyk 6 wat ons absoluut gedra het, sonder julle belangstelling, liefde en gebede sou dit nog moeiliker gewees het. Aan Neil du Plessis baie dankie vir die besoeke by die hospitaal en tuis en jou deelname tydens die diens. Dankie vir die simpatieke manier waarop jy dit hanteer het. Baie dankie Ds. en mev Hough vir julle vriendskap, liefde, ondersteuning en gebede deur al die jare. Ons waardeer dit dat julle, jul vakansie onderbreek het om die teraardebestelling te kom waarneem. Baie dankie vir die pragtige wyse waarop Ds. die diens waargeneem het. Julle sal altyd welkom wees by Disalaan 12.


Huldeblyke van vriende

Deon Dippenaar was in ons Wyk 6. Hy was die wonderlikste mens met saggeaarde hart met vol liefde. Hy het vol grappies gemaak, hy het vir ons baie gelukkig gemaak. Hy was ook baie lief vir die Here, en vir sy vrou en sy kinders. Hy het altyd gebid, wanneer ons klaar was met ons Bybellees. Daardie dag, op 10 Julie was dit die begrafnis gewees by ons Dowes kerk en daar was propvol mense gewees in die kerk. Vir my was dit die grootste seer om te sien hoe mooi sy kis was, voorgestaan het in die kerk. Ek het gehuil toe ek sien hoe Stiaan (Deon se seun) met sy ma praat op sy knieë. Vir my was dit die grootste seer, maar ek was bly Deon bly gelukkig en gesond en vrede in Bo se hemele. Deon was die liefdevolle mens gewees vir ons gemeente en vir ons Wyk 6. Hy was die goeie voorbeeldige mens vir ons gemeente toe hy nog op kerkraad was. Ek sal hom nooit vergeet nie. Deon sal altyd in my gedagtes bly. Om vir Tannie Hanna te sê. God is daar en vir altyd by jou en kinders. Deon het baie vir julle beteken.
Baie sterkte vir Tannie Hanna, glo en vertrou op God. Deon daarbo in die hemel kyk oral in die wêreld waar hy gelukkig is

Ingestuur deur Naomi Lambrechts

Ons is baie hartseer oor sy tyding. Van die dowes wat hom geken het, sal hom baie mis. Hy het altyd lekker met die dowes gesels. Baie sterkte aan hulle kinders en families wat in hierdie hartseer tyding moet hê. Mag God met hulle wees. Deon Dippenaar was altyd baie vriendelik en lekker gesels. Ons sal hom nooit vergeet nie.

Ingestuur deur Christina Lourens

Ek voel hartseer oor Deon Dippenaar dat hy weg was. Ek onthou dat ons skoolmaats terwyl ons saam groot geword het. Ons het baie mekaar grappies gemaak, geterg en gesels, en nie kwaad vir mekaar nie.

Ingestuur deur Louis Lourens

Ons betreur die dood van ons Wyk 6 lid, Deon, na 'n lang siekbed. Hy was 'n goeie man en betrokke by kerke aan geleenthede en ander kommissies. Deon was bekend as iemand met 'n wonderlike sin vir humor, en baie vriendelik. Sy heengaan laat 'n leemte in ons Bybelgroep. Ons innige meegevoel aan sy vrou, Hanna en familie. Mag hy sag rus in Sy hemelse woning.

Ingestuur deur Winston en Valerie Swartz

SO ONTHOU EK HOM - Dit was die jaar 1966 - vroeg een Sondag môre. Die plek 'n systraatjie in die mooi Bolandse dorpie Worcester. Die berge was blouer as ooit, die rede miskien omdat ek as 17 jarige die lewe van jonkwees deur my are voel bruis het.

"Dit is die Dippenaars" het my tannie gesê. Foeitog het ek gedink die arme man is doof, maar wat ek sal onthou is: hulle was op pad kerk toe. Die vrolike en vriendelike manier waarop hy ons gegroet het, het ek lank onthou.

Jare, baie jare later 1984 toe sien ek weer die Dippenaars. Reggeraai, by die De La Bat Kerk. My lewe het ook intussen baie verander, ek het nou self nou 'n dowe dogter, Naomi maar hier is Deon met nog dieselfde lag, vriendelikheid asook God se liefde wat hy 'n voorbeeld van is net waar hy gaan. Die laaste jaar of wat het die glimlag nie verdwyn nie al was die pyn en stryd soms te veel. Dis die Deon wat ons sal mis, voorwaar 'n voorreg om so 'n kind van God te kon ken.

Ek wil Hanna en die kinders bemoedig met Paulus se woorde: "Hy het die wedloop voltooi en sy oë gevestig gehou op Jesus die Voleinder van sy geloof."

Ingestuur deur Poppie Lambrechts (Naomi se moeder)

Ons is baie hartseer oor heengaan van Deon Dippenaar, maar hy berus nou by die Here. Ons dink en ons bid baie aan sy vrou en familie vir die nodige krag. Deon en sy vrou het altyd by ons biduur bygewoon. Hy het baie grappies gemaak en baie hard vir dowes en vir die gemeente gewerk. Baie dankie aan hulle ondersteuning.

Ingestuur deur Carstens gesin van Stellenbosch

Ons wil graag ons innige simpatie aan Hanna en die kinders oordra. Ons dink in ons gebede aan julle. Die volgende gediggie is vir vertroosting:

God het 'n gat in die muur van die dood gemaak en nou hoef ons net daardeur te klim na die ewige lewe. Vandag mag Vrydag wees in jou lewe, Maar kyk op en vorentoe.
Sondag is aan die kom.
Nee. Sondag het gekom, "God huil saam met ons sodat ons eendag saam met hom kan lag".
JURGEN MOLTMAN

Ingestuur deur Calla en Emmeline Blomerus

Oom Deon Dippenaar was ná lang lyding op 5 Julie 2002 oorlede. Hy was 'n bekende en getroue kerkraadslid en lidmaat van ons kerk N.G. De la Bat, Bellville. Hy het vir jare lank baie hard gewerk en baie vir ons kerk opgeoffer. Ons was so hartseer om hom as 'n goeie mens met vol humorsin te verloor. Maar ons glo dat Onse Here hom soos die wit lelie gepluk en na die Paradys geneem het. Mag Onse Here sy dierbare vrou, Hanna en haar kinders en kleinkinders en familie / vriende met rou harte en verlies vertroos. Die roudiens was op 10 Julie, Woensdagmôre om 10:30 by ons kerk. Die kerk asook die galery was so stampvol. Ds. Hough het die diens mooi gelei. Almal was so hartseer.

Ingestuur deur Jaco Hanekom familie

Kort voor ons verlof het ons gou 'n draai gaan maak by Deon Dippenaar by sy nuwe blyplek in die AGS Ouetehuis. Was so verras om met die inkomslag al die liefde te voel en sien wat daar in die tehuis heers. Op ons vraag of hy na sy vrou, Hanna verlang, het hy met bolwange gewys dat hy so verlang, en tog ook duidelik met sy gesig gewys dat hy baie lekker daar bly. En stout was hy nog steeds! Hoekom? Toe ons groet om te loop, het hy in die gang gestaan om vir ons te waai. Sodra ons om die hoek verdwyn het, het hy ingegaan en egter gou weer om die muur geloer - regtig skelmpies geloer - en toe begin rondloop. Dit is dus die laaste wat ons van hom sal onthou. Ons wyk 6 sal sy grappies en stoute dinge mis! Ons innige simpatie gaan saam met Hanna, hul kinders en kleinkinders. Mag die liefdevolle Vader in die Hemel jul troos soos net Hy alleen kan.

Ingestuur deur Francina Selzer en familie

SO SAL ONS JOU ALTYD ONTHOU!!!!!!!!!

Terug na bo



Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville