RESEP VAN DIE MAAND
TYD VIR GROENTE AS BYGEREG
MURGPAMPOENTJIEGEBAK - 4 PORSIES
50 ml margarine
8 jong murgpampoentjies, in skyfies gesny
2 knoffelhuisies, fyngemaak
1 x 425g blik tamaties, gedreineer en fyngekap
125 ml suurroom
250 ml broodkrummels
15 ml gekapte amandels (opsioneel)
5 ml paprika
5 ml Aromat
sout en peper na smaak
125 ml gerasperde Chedderkaas
- Voorverhit die oond tot 200ºC. Verhit die margarine in 'n pan en braai die murgpampoentjies tot goudbruin. Braai 1 laag op 'n
keer.
- Skep die murgpampoentjies uit en hou eenkant. Braai nou die knoffel stadig in dieselfde pan. Voeg die tamaties by en braai effens saam met
die knoffel.
- Voeg die res van die bestanddele, behalwe die kaas by. Prut 5 minute en voeg die pampoentjies by.
- Skep in gesmeerde oondskottel en strooi die kaas bo-oor. Bak 25 minute tot goudbruin.
|