Gemeenteblad - http://ngkdelabat.tripod.com




  In hierdie maand se   uitgawe...

   Van die Redaktrise

  Geestelike Voedsel
   Jy is baie spesiaal
   Hoor met die hart

  Gemeentenuus
   Gemeente nuus
   In Memoriam
   Nuwe webblaaie

  Artikels
   Leonardo da Vinci

  Gereeld
   Grapblad
   Verjaarsdae
   Resepte
   Goue gedagtes

  Redaksie
   Redaksie


Vorige uitgawes


Volgende sperdatum:
23 Augustus 2002


Skryf aan Dowe Fokus

Maak 'n donasie

Ontvang Dowe Fokus deur die pos - Intekenare vorm.



[Gemeentenuus] [Deon Dippenaar] [Nuwe Webblaaie]
[Jeug wyk] [Wyk 5] [Wyk 6]

Gemeentenuus

Nuus van Jeugwyk

Anene Spence se gradeplegtigheid

My gradeplegtigheid van die Kaapse Technikon was gehou op 24 April 2002 waar ek my Nasionale Diploma in Voedseldiensbestuur - Cum Laude (beteken meer as 75% vir al my vakke saam) gekry het. Dit was vir my 'n groot dag en ook wonderlik om te weet - ek het my studies met sukses voltooi, al is ek doof. Ek het my 3 jaar van studies baie geniet en ook baie geleer. Die eerste jaar was 'n aanpassing want alles word net in Engels aangebied. Dit was vir my 'n groot voorreg om te kon bewys dat ek my studies kon voltooi het met A simbole vir my 6 hoofvakke. Die laaste 6 maande van my 3 jaar studies moes ons prakties doen by enige hotel/restaurant. Ek het my prakties by De Oude Welgemoed Restaurant gedoen vir 6 maande. Dit was goeie ondervinding, maar baie harde werk - 6 dae van die week - 12 uur per dag. Ek het ook vakansiedae, ou Kersaand en Kersfees gewerk. Op die 29 Desember 2001 was ek klaar met my prakties.

Ek het toe werk gekry by 'n maatskappy - Halcyon Africa - wat die volgende plekke bestuur waaronder: The Bay Hotel, Blues Restaurant, Baraza Groove Bar, Clifton Beach House Restaurant, Docks Restaurant, Riebeeck Valley Hotel (Riebeeck Wes), Slivermist Mountain Lodge (Constantia), Makalali Game Reserve (Sub-Sahara) en Redds Restaurant (Tanzania) is. Dit is 'n groot maatskappy en ek werk tans by Halcyon Africa se kantoor in die Bay Hotel. Soms werk ek ook by Blues Restaurant, as hulle my hulp nodig het.

Ek geniet my werk en is baie gelukkig daar. Ons het goeie spanwerk en voel soos 'n groot familie. Ek is deel van die bestuur en doen voedsel, finansies en kostes. Dis net vêr om elke dag van Bellville na Kampsbaai toe te ry. Ek is net baie dankbaar vir die goeie werk wat ek gekry het.



Raai wie is verloof:

NATUURLIK ONS HOOFOUDERLING, HEIN VAN DER MERWE EN ONS ONDERHOOFDIAKEN, MARISA DU PLESSIS

HIER VERTEL HEIN HOE HULLE VERLOOF GERAAK HET:

Ek en Marisa het op 13de Julie 2002 (Saterdag-namiddag) op 'n plaas naby Aranos (in Namibië waar my ouers woon) verloof geraak. Sy moes 'n jong springbok-ram geskiet het en dan het ek gou skelm die ring aan die horing gehaak en agterna moes sy gesoek het. En daar is ons toe voor my familie aan die verloof geraak). Hein en Igma se oudste suster, Lana het ook op 28 Junie 2002 verloof geraak.

(Baie geluk julle twee, namens ons lesers wil julle net die beste toewens vir die geluk, vrede en vreugdes op julle lewenspad, geniet dit, want soos God sê is Sy liefde die beste geskenk vir julle twee - Red)








Terug na bo



Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville