Gemeenteblad - http://ngkdelabat.tripod.com




  In hierdie maand se   uitgawe...

   Van die Redaktrise

  Geestelike Voedsel
   Jy is baie spesiaal
   Hoor met die hart

  Gemeentenuus
   Gemeente nuus
   In Memoriam
   Nuwe webblaaie

  Artikels
   Leonardo da Vinci

  Gereeld
   Grapblad
   Verjaarsdae
   Resepte
   Goue gedagtes

  Redaksie
   Redaksie


Vorige uitgawes


Volgende sperdatum:
23 Augustus 2002


Skryf aan Dowe Fokus

Maak 'n donasie

Ontvang Dowe Fokus deur die pos - Intekenare vorm.



Oordenking

HOOR MET DIE HART

Lees Psalm 37: 3 - 5 "Vind vreugde in die Here.

'n Insektekundige en sy vriend loop met 'n besige straat af. Skielik steek die wetenskaplike vas. "Luister! " Sy vriend luister, maar hoor net die gedreun van die verkeer. "'n Kriek, 'n sonderlnge kriek!" Versigtig loop die wetenskaplike vorentoe, en daar, onder 'n klip, kry hy die kriek.

"Hoe kon jy hom in die geraas hoor?" vra sy vriend verbaas. "Elke mens hoor met sy hart - hy hoor en sien wat vir hom belangrik is, Kyk, "en met die woorde laat hy 'n muntstuk val. Dadelik steek 'n paar mense vas om te kyk waar die muntstuk geval het.

Die Heilige Gees se vernuwing maak 'n mens fyngevoelig vir indrukke wat van God af kom. Die onbekeerde siel stel nie in God belang nie, begeer nie om Hom te hoor nie en sien nooit Sy hand in hul lewensomtandighede raak nie.

Gebed: Here, hou my in hierdie besige dag sensitief vir hom.

Terug na bo



Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville