Van die Redaktrise
 Geestelike Voedsel
 Moedersdag
 Geluk
 Oorsig van arbeid onder dowes (vervolg)
 GEMEENTENUUS
 Wees 'n aangename geur!
 Humor vir die maand
 Raai wie verjaar...
 Lesers gesels saam
 'n Tikkie humor

 Redaksie
 Vorige uitgawes


Het jy enige lekker nuus vir ons?
Nuusbrokkies kan hier gepos word.

Ons kan u per e-pos laat weet sodra die nuusbrief beskikbaar is,asook enige fotos wat laat ingekom het - klier hier

Volgende sperdatum:
23 Mei 2002






Gemeentenuus

[Wyk 1] [Wyk 2] [Wyk 3] [Wyk 4] [Wyk 6] [Algemene nuus]

WYK 6

Deon en Hannah Dippenaar van Bellville se gesondheid is nog altyd sleg. Hanna het siek geword toe sy vir Deon moes loop soek een nag in die reën toe hy sommer weggeloop het. Sy het met longontsteking in die hospitaal beland. Sy is darem al weer tuis, maar voel nog pap. Voorbidding vir hulle is nodig.

Nico Smit was baie verras toe Naomi tydens biduur by sy huis gou weggeglip het om vir almal daar pizzas te gaan koop om sy 50ste verjaarsdag te vier na die biduur. Maar ons weet mos sy is maar so 'stout'.

Ria, Johann en Kallie van Brackenfell was Paasnaweek op die Eiland by Upington om haar ma se familiereünie by te woon. Dit word elke 2 jaar gehou en dit was baie lekker. Die familie wil altyd graag vir Doepie (Ria se broer) sien,maar ons sukkel nog om hom daar te kry.

Oom Dannie en Tannie Marie Jonck van Gordonsbaai se jongste dogter (Janie) trou die dag van die basaar, en hulle is jammer hulle sal nie kan kom nie. Ons sal hulle mis maar ons glo dit gaan 'n pragtige dag vir hulle wees. Baie geluk solank!
(Mag die huwelik 'n geseënde dag wees en dat die Here ook 'n wonderlike lewenspad saam met Janie hulle sal stap - Red)

Louis en Christina Lourens van Somerset Wes het 'n kleinseun ryker geword. Baie geluk ook aan hulle! Ons hoop hy is nie so kwaai soos sy oupa nie!
(Ons glo die kleinding sal baie vreugde verskaf - Red)

WYK 6 AFSLUITINGSETE BY POPPIE EN NAOMI LAMBRECHTS SE HUIS OP 23 MAART 2002    [Fotos]

Dit was die ongelooflike aand gewees om saam met 21 mense te kuier. Ons het baie lekker saamgekuier en geëet. Poppie, Winston en Dannie het hoenders en aartappels gemaak, Maline het rys gemaak, Marie het wortels gemaak, Francina het broccoli en blomkool met witsous gemaak. Christina het poeding gemaak met vla. Alles was baie lekker. Ons was ook bly dat Deon en Hanna Dippenaar daar was. Alwyn Carstens het baie geniet en baie grappies gemaak. Ek en poppie het baie gelag vir hom. Dit het vir my gevoel asof almal die familie van ons was, hulle was dierbaar en vriendelik. Ek sal dit nooit vergeet nie. Dankie Wyk 6 dat julle daar was. (Ongelukkig het van die 3 foto's nie deurgekom nie, ek was teleurgesteld.
Ingestuur deur Naomi Lambrechts

Terug na bo


Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville