Van die Redaktrise
 Geestelike Voedsel
 Moedersdag
 Geluk
 Oorsig van arbeid onder dowes (vervolg)
 GEMEENTENUUS
 Wees 'n aangename geur!
 Humor vir die maand
 Raai wie verjaar...
 Lesers gesels saam
 'n Tikkie humor

 Redaksie
 Vorige uitgawes


Het jy enige lekker nuus vir ons?
Nuusbrokkies kan hier gepos word.

Ons kan u per e-pos laat weet sodra die nuusbrief beskikbaar is,asook enige fotos wat laat ingekom het - klier hier

Volgende sperdatum:
23 Mei 2002




Dagsê al my lesers!!!!

Ons gemeente verjaar op 10 Mei 2002, ons kan nie ophou genoeg dankie sê vir die Here vir Sy groot Genade nie dat Hy ons gemeente nog altyd deur al die jare dra, keer op keer is ons so maklik kleingelowig dat wanneer daar probleme, swaarkry dae kom of ons finansieël swaarkry, kom gee God sy seëninge op Sy regte tyd. God het spesiaal die kerk, De La Bat gemeente uitverkies sodat ons vir Hom kan loof. Mag ons almal ook hierdie tyd besef dat ons op God moet vertrou en sterk sal staan ongeag wat en hoe groot die probleem is. Mag God saam met elkeen van julle 'n wonderlike pad stap. Lank lewe De La Bat gemeente.
Moet asseblief ook nie die spesiale Moedersdag vergeet nie, bederf hulle asseblief, want God het spesiaal moeders gemaak om vir ons lief te wees en net die beste te gee.

Een nota: Ons vergeet so maklik om vir mense dankie te sê vir hul harde werk of bydrae om die nuusbrief 'n sukses te maak, baie dankie aan Tony Salie wat nog al die jare deur vir ons die nuusbriewe te laat druk het, hy het altyd ekstra moeite gedoen om die nuusbrief mooi te laat lyk. En asook vir Magda Spence vir die idee wat sy gemaak het dat daar ook nuus op die internet moet verskyn en asook die gemeenteblad wat sy ontwerp het. Dankie ook vir al die lesers wat moontlik gemaak om al die interessante artikels en nuus te stuur. Dit maak regtig 'n groot verskil in die dowe se lewens.

Mag die Geestelike Voedsel en die gediggies en die getuienisse in die nuusbrief jou hart sal kom aanraak en dat julle naby aan God sal voel.
'n Baie mooi Mei maand vir elkeen van julle. God seën julle.

Groete in Jesusliefde
NICOLENE






Die De la Bat gemeente in Bellville wil die Woord van God verkondig onder alle Dowes. Ons doen dit met gebare, met Bybelstudies, en met hierdie maandelikse nuusbrief. Enige bydraes en donasies is welkom.
Indien u iets wil skryf aan die Dowe Fokus, kliek hier.
Indien u n donasie wil maak, kliek hier.
Indien u wil inskryf op die nuutste Fokus, kliek hier.

Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville