Van die Redaktrise
 Geestelike Voedsel
 Moedersdag
 Geluk
 Oorsig van arbeid onder dowes (vervolg)
 GEMEENTENUUS
 Wees 'n aangename geur!
 Humor vir die maand
 Raai wie verjaar...
 Lesers gesels saam
 'n Tikkie humor

 Redaksie
 Vorige uitgawes


Het jy enige lekker nuus vir ons?
Nuusbrokkies kan hier gepos word.

Ons kan u per e-pos laat weet sodra die nuusbrief beskikbaar is,asook enige fotos wat laat ingekom het - klier hier

Volgende sperdatum:
23 Mei 2002






DS. A.B. RETIEF SE OORSIG VAN ARBEID ONDER
DOWE LIDMATE VAN DIE N.G KERK KAAPLAND
  1. Eerste vervolg
  2. Tweede vervolg
  3. Derde vervolg
  4. Laaste vervolg
HIER IS DIE LAASTE VERVOLG:

8. Aanbevelinge

Dat daar 'n besliste en groot behoefte aan 'n nasorgtehuis vir bejaarde dowes bestaan kan deur ons nie ontken word nie.

Herhaalde aansoeke om plasing in sulke huise het al tot ons gekom en ons het geen raad nie. Ons kerk het geen sulke inrigtings nie. Daar bestaan reeds 'n neiging in hierdie verband by die Nasionale Raad vir Dowes, maar die vraag is of ons eie kerk nie sy eie tehuis moet skep nie, waar diegenes op hulle oudag versorg kan word nie. In hierdie opsig is die Blindes ons reeds ver voor omdat hulle tehuise vir beide die bejaarde manne en vroue het op Worcester.

  1. Voortgang van werk?
  2. Heroorweging aan ons kerklike posisie
  3. Algehele afhanklikheid van die A.A.K.
  4. Sinodale Kollekte?

9. (A) Treffende Getuienisse (Mondelinge)

  1. D. en K. le Roux - Goudini (Wil iets uit dankbaarheid vir die Here gee!)

    Op 'n mooi Bolandse plaas sien ons 'n blinde man oor die werf heengaan. Hy kom van 'n lusernland waar hy lusern gesny het. Sy hande is hard van die hantering van die sekel. Saam klim ons op die stoep en gaan deur die voordeur binne waar ons sy broer ook stokdoof en byna blind ontmoet. Ons ontmoet sy vrome ouers. Ons verduidelik ons sending aan hulle en hulle word byna met vreugde oorweldig. Saam gesels ons oor die dinge van die Here en bid ook saam. Hulle wil byna weer vir die lig wat daar weer in hulle siel gedaal het. Pateties om te sien hoedat hierdie twee mense uit hulle stille eensaamheid en gebrekkige gesig met mekaar sit en gesels. Op die stoep vra die oudste toe of die kerk nie 'n lys het nie omdat hy iets aan die Here wil gee uit dankbaarheid. Sien u waartoe die genade van God 'n mens kan bring. Dit bring vir jou tot op jou knieë. Met gemengde gevoelens het ons die plaashek uitgery - oorweldig deur die gevoel van dankbaarheid en die gawes waarmee die Here my geseën het.

  2. Tydens die aannemingsplegtigheid vra ons een van die Skiereilandse predikante om saam met ons te wees. By sy motor sê hy die aand vir my: Broer, ek wens ek kon hierdie ywer by my katkisante gesien het, baie sit vandag in die klasse en hulle en ons weet nie wat hulle daar kom maak nie.
  3. 'n Vrou in Noord-oos Kaapland met wie ons oor die heil van haar siel gesels wou eendag ons vraag ontduik of sy glo in die reddende almag van God. Ons het toe die genade van God aan haar verkondig, dat Hy vergewe sonder verwyt. Met betraande oë het sy gesê dat sy nou verstaan.
  4. 'n Bejaarde arm vader wil ons beloon omdat ons hom by 'n dokter gehelp het. Hy is so dankbaar, hy wil iets gee. Ons wou dit nie neem omdat die waardering van hierdie hart reeds alles betaal het.
  5. In Oos Kaapland spreek ons met 'n man oor sy sieleheil. Hy sê ek is vol sonde maar ek reken op die genade van God.
  6. 'n Ander sê dat hy nie Sondag na die kerk vir horendes gaan nie, omdat hy tog niks kan hoor nie, maar wat hy wel doen is om sy Bybel gedurende kerktyd te lees en toe het ons gedink hoeveel van ons doen dit as ons verhinder word om na die huis die Here op te gaan.
  7. 'n Man en vrou is in ons geselskap. Ons gesels oor die werke van die duiwel wat deesdae hand oor hand toeneem. Hulle vertroue het ons weer beskaam: vir ons beskerming reken ons op die genade en beskerming van God deur die Gees van God.
  8. 'n Man wat in die nood is, omdat hy geen werk het nie, reken in blymoedigheid op sy Here - altyd 'n glimlag.
  9. 'n Weduwee getuig na die heengaan van haar man dat sy baie krag en genade ontvang het. Ek is gerus, want 'n paar dae voor sy dood het hy nog gesê: ek is 'n kind van God.
  10. Die treffende belydenis van 'n ouerpaar wat 'n kleine deur die dood moes afgee sê: ek hou my hande terug, want God het dit gedoen.
  11. By die liggaam van 'n pasgebore liggaampie wat heengegaan het sê die vader: ek is tevrede en stil want dit is die Here wat beskik.

(B) - Getuienisse uit die briewe van sommige:

  1. Ek gaan dikwels kerk toe in ______ maar dit is vir my te ingewikkeld om die predikant s'n te volg. Hulle praat te vinnig en my oë word baie gou moeg. Ek het maar swak oë en dit is al wat ek besit. Ek kan nie hoor nie. Ek het 'n prediking so goed gevolg, ek wil soveel an 'n prediking hoor.
  2. Ons voel ook baie baie dankbaar teenoor die Here dat ons dankfees so mooi bedrag vir Sy saak opgelewer het.
  3. Ek gaan altyd kerk toe. Ek hou van die kerk toe. Ek kan nie hoor wat die predikant praat nie, maar ek wil die Here loof.
  4. Ek stort nooit my leed aan die mense uit nie, maar aan die Here my God, want Hy is almagtig en kan my troos.

10. Interessante Woord van Dank:

Sonder die baie vriendelike hulp van al ons predikante en kerkrade sou hierdie arbeid nie gedoen kon gewees het nie. Dit was nodig dat ons gedurig met hulle in voeling moes gewees het, waar ons jeuk 'n gemeente binne hulle gemeentes was. Ook dat al die getroue voorbidders ons innige dank. Ons was bewus dat ons op die vleuels van die gebed gedra is. Daarsonder sou ons arbeid nooit kon gewees het nie. Belangstellende vriende en woorde van waardering het op die weg bemoedig. Les bes sou ons ook ons dank aan al die dowes betuig vir hulle wonderlike samewerking, hulle agting en waardering teenoor ons en ons huis.

11.Interessante Statistieke:

Doofheid kan deur verskillende oorsake sy ontstaan verkry. Hier volg 'n paar van die oorsake:

Luggraatkoors 20,3 %
Middeloorverswering 18,4 %
Masels 5,9 %
Skarlakenkoors 5,6 %
Kinkhoes 3,0 %
Harsingkoors 3,0 %
Ander oorsake 6,8 %
(Pampoentjies, Griep, Kinderverlamming, kopbeserings, witseerkeel) Onbekende Oorsake 31,7%

Skole vir Dowes:

3 vir Blankes 502 leerlinge
3 vir Nie-Blankes 426 leerlinge
Totaal 928 leerlinge

In geregistreerde skole:

Doofgebore 52,8 %
Doof na geboorte 47,2 %

Terug na bo


Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville