Van die Redaktrise
 Geestelike Voedsel
 Moedersdag
 Geluk
 Oorsig van arbeid onder dowes (vervolg)
 GEMEENTENUUS
 Wees 'n aangename geur!
 Humor vir die maand
 Raai wie verjaar...
 Lesers gesels saam
 'n Tikkie humor

 Redaksie
 Vorige uitgawes


Het jy enige lekker nuus vir ons?
Nuusbrokkies kan hier gepos word.

Ons kan u per e-pos laat weet sodra die nuusbrief beskikbaar is,asook enige fotos wat laat ingekom het - klier hier

Volgende sperdatum:
23 Mei 2002






[Wyk 1] [Wyk 2] [Wyk 3] [Wyk 4] [Wyk 6] [Algemene nuus]

Algemene Nuus

Terug na vorige bladsy

KERKRAADSLEDE NUUS

Besluite wat geneem is op die Kerkraadsvergadering van 24 April 2002:

Die kerkraad het lank en diep gesels oor ons gemeente en weer besef: Ons eerste werk is nie om te soek vir geld nie, maar om op die Here te vertrou en sy boodskap uit te dra vir die mense wat honger is om van Hom te hoor. Dit beteken nie dat ons nou agteroor moet sit en dink die Here sal vir alles sorg nie - dit beteken dat as ons ons werk doen as Diakens en Ouderlinge of lidmate en die Here se Woord uitdra aan ander dowe mense wat koud geword het teenoor die Kerk en God, dan sál die Here vir ons sorg en mense se harte oopmaak, ook ons eie lidmate se harte.

Die Kerkraad het gesels oor die briewe wat uitgestuur is aan al die lidmate, waarin hulle moes kies wat die beste gaan wees vir ons Kerk. Al die antwoorde is nog nie terug nie, maar meeste van die lidmate het geantwoord dat almal hulle volle tiendes moet gee vir die kerk. As almal hulle volle tiendes gee vir die kerk, sal ons baie meer tyd hê om die boodskap vir die Here uit te dra en nie die heel tyd al ons kragte gebruik met fondsinsamelings nie. Daar was ook 'n paar ander voorstelle.

Ons moet aanvaar dat God hierdie gemeente oop gemaak het met 'n doel om die Lig van God te skyn tussen al die dowes in Suid-Afrika, en dat die duiwel hierdie gemeente nooit sal kan toemaak nie. Ons moet net voluit lewe vir die Here en ons moet bid dat die Here vir ons duidelik sal wys wat Hy wil hê ons gemeente moet doen en waar ons moet werk.


Kommunikasie:

Die kerkraad besluit weer dat die dowe lidmate alleen moet vergader wanneer hulle besluite moet neem oor dowe kommunikasie. Hierdie kommissie is begin sodat dowes self kan praat oor hoe ons in ons kerk moet kommunikeer, sonder dat horendes vir hulle voorskryf. Die dowes moet ook nie skaam wees om reguit te praat as Ds miskien verkeerd kommunikeer nie. Maar ongelukkig gebeur dit dat die dowes stilbly wanneer dominee of Jean daar is, en eers as hulle weg is, dan het die dowes vrymoedigheid om te sê dat dominee te vinnig praat.

By die gemeentevergadering, toe Ds en mev. Hough uitgegaan het, het die lidmate gepraat oor die tolke, en hulle het gevra dat die tolke moet voortgaan met hulle mooi gebare, en dat almal asb. ook spraakbewegings moet gebruik, omdat baie van die gebare te naby mekaar is, of party nie al die gebare ken nie, of ander gebare ken, en die dowes dan uit die lipbewegings kan sien watter woord die tolk of die spreker sê. Die kerkraad besluit ook dat dit is hoe ons in ons gemeente moet probeer kommunikeer.

Daar is kommunikasie-verskille tussen ons dowes en die skoolkinders, en ons gemeente sal moet kontak maak met die skool en met die dowes op Worcester om hieroor te praat.


Sending:

Ons sendingkommissie voorsitter, Naomi Lambrechts sê dat die kommissie groot dinge beplan. In die verlede het ds. Hough Dowes gaan besoek op George, Barrydale ens. en hy gaan elke week na Kayelitsha om by die Notluthando skool vir Dowes vir die swart dowe kinders te preek (saam met Poppie Lambrechts). Maar die gemeente en die kommissie voel nie betrokke nie, hulle voel nie dit is hulle wat die werk doen nie. Dit is verkeerd. Van nou af moet hulle die verantwoordelikheid neem, hulle moet dat besluit om vir ds. of iemand anders te stuur. Hulle moet die voorbidding doen, die probleme besef en probeer oplos en hy moet dan verslag doen aan hulle na die tyd.


Evangelisasie:

Neil du Plessis sê in die verlede het ds. Hough alleen evangelisasiewerk gedoen maar nou gaan die dowes opgelei word sodat hulle self van die werk kan doen. Ons gaan kursusse aanbied en mense op lei en help sodat hulle weet wat om te doen en wat om te sê vir ander mense wat nie die Here ken nie. Ons sal bly wees as almal in die gemeente bereid sal wees om te leer en om gereed te maak sodat die Here hulle kan gebruik. 'n Paar van die dinge wat ons beplan is:

  • In die Nuusbrief - elke maand 'n hoekie vir geloofsvrae
  • Blokkiesraaisel - om Bybelkennis uit te brei
  • Bidure verander na opleididng van mense
  • Diensspan - want mense kan besoek by hospitaal of ouetehuise
  • Dowes moet uitreik ook na horendes - NG Kerk De Eike het ons genooi vir September in die week van die dowes
  • Ook uitreik na lidmate wat geestelik dood is.


Ander sake:

  • Ds Hough sal met langverlof gaan van begin Junie tot einde Augustus.

  • Die kerkraad het voorheen besluit dat dit goed sal wees as twee-twee van die kerkraadslede vir mekaar sal bid en mekaar sal ondersteun.

  • Vriendekringname - Ouderlinge en diakens moet name en adresse van familie of vriende by lidmate kry. Ons wil baie graag name en adresse hê van familie en vriende van dowes, vir wie ons kan skryf en vertel wanneer dit basaar is of iets mooi gebeur in die gemeente, mense wat miskien ook vir ons geld kan stuur.

  • Die kerkraad praat oor 'n tweede basaar en besluit dat die tweede basaar by 'n ander gemeente gehou gaan word. Ds gaan vra vir die Ring van Bellville dat die gemeentes vir ons sal help en elke gemeente een tafel moet neem en goed maak en verkoop.

  • Verkiesing van Diaken vir Wyk 7: Louis Koorts word gekies as diaken en Hannes van Zyl as ouderling.

  • Gesinskamp: Die kerkraad het besluit dat ons moet probeer om hierdie jaar 'n gesinskamp te hou. Verlede jaar was daar 'n baie mooi huwelikskamp, en dit het so goed gewerk, dat ons hierdie jaar 'n gesinskamp gaan hou.

Terug na bo


Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville