Hoe om jonk te bly
Navorsing het getoon dat mense wat langer leef kry dit gedeeltelik reg as
gevolg van goeie gewoontes. Hier is 'n paar wenke om jou lewe langer te maak:
- Lag en geniet die lewe . Bedruktheid breek jou liggaam af.
- Vergewe en vergeet. Om griewe (haat) rond te dra veroorsaak onnodige stres
- Vroeg bed toe en vroeg op is 'n gesonde lewenswyse
- Hou jou gewig binne perke. 30% Oorgewig is lewensgevaarlik
- Hou aan om te leer, te lees en te kuier. Aktiewe denke hou breinselle lewendig
- Hou aan werk - doen iets waarvan jy hou. Stilsit vertraag jou liggaamsfunksies
- Te veel pille breek jou liggaam af - gebruik net dit wat jy regtig nodig het
- Hou jou gewig konstant
- Oefen gereeld en hou op rook
Moenie bekommerd wees oor die lewe en dood nie - gaan net aan en geniet dit!
Terug na bo
|