Gemeenteblad - http://ngkdelabat.tripod.com




  In hierdie maand se   uitgawe...

   Van die Redaktrise

  Geestelike Voedsel
   Dink die Here aan my?

  Gemeentenuus
   Gemeente nuus
   Biduur afsluitings

   Artikels
   Hoe om jonk te bly
   Wat beteken dit om werklik ryk te wees?

   Gereeld
   Grapblad
   Verjaarsdae
   Resep
   Goue gedagtes

   Redaksie
   Redaksie


Vorige uitgawes


Volgende sperdatum:
20 September 2002



Skryf aan Dowe Fokus

Maak 'n donasie

Ontvang Dowe Fokus deur die pos - Intekenare vorm.



RESEP VAN DIE MAAND


EET MET 'N GESONDE HART

BEESVLEIS STROGONOFF
(6 porsies)

Bestandele:

750g maer vleis, soos kruisstuk
5 ml kerriepoeier
sout en varsgemaalde peper
50g Floro botter
1 groot ui, in dun skywe gesny
1 groen peper, ontpit en in dun repe gesny
200 g sampioene, in skywe gesny
25 ml meelblom
250 ml beesaftreksel
25 ml tamatiepuree
75 ml laevet joghurt
25 ml fyngekapte pietersielie

Metode:

  1. Sny beesvleis, teen die grein, in 5cm lank repe en bestrooi met die kerriepoeier, sout en peper.
  2. Smelt botter in 'n dikboom kastrol en soteer uie totdat goudbruin is.
  3. Voeg groen peper en sampioene by en kook vir 5 minute. Verwyder groente uit kastrol.
  4. Smelt oorblywende botter en braai vleis vinnig, 'n paar stukkies op 'n keer, totdat goudbruin.
  5. Keer groente na kastrol terug en roer meelblom en dan aftreksel en tamatiepuree by.
  6. Bring tot kookpunt, verminder dan hitte en laat prut vir 20 minute.
  7. Net voordat gereg bedien word, roer joghurt by en bestrooi met pietersielie.
(As sous te dun is, verdik met ongeveer 10 ml mielieblom, vermeng met 25 ml joghurt).




Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville