Bekyk jouself in die spieël …. en sê "goeiemôre"
dan het jy reeds 'n bietjie geoefen
om ander ook so te groet
Ons is nog meer van mekaar afhanklik vir ons
geluk, en hier wod met geld niks bereik nie.
Lewe vandag! Wees bly vandag! Wees
gelukkig vandag!
Dit maak jou hart vry.
Kinders speel nie meer nie.
Mense lag nie meer nie.
Jy is dood, omdat jy die liefde laat
sterf het in jou hart.
Ek hoef nie heeltemal blind te wees vir die
foute van ander nie.
Maar as ek waarlik liefhet, sien ek nie soveel foute en gebreek nie.
Versorg jou gesig veral van binne af. Sit lig
en vrolikheid in jou oë.
Laat jou mond in 'n glimlag ontspan.