Laaste Laggie
HOE BETROUBAAR IS JY?
Klein Jannie was op die strand toe hy 'n tannie eenkant
onder 'n sambreel sien sit.
Hy loop toe na haar en vra: "Tannie, is Tannie 'n Christen?"
"Ja, my kind," antwoord sy.
"Lees Tannie elke dag die Bybel?"
Sy knik haar kop. "Ja."
"Bid Tannie gereeld?" kom die volgende vraag. Weer
antwoord sy positief.
Toe kom die laaste vraag: "Sal Tannie asseblief my rand
vir my oppas terwyl ek gaan swem?"