Gemeenteblad - http://ngkdelabat.tripod.com




  In hierdie maand se   uitgawe...

   Van die Redaktrise

  Geestelike Voedsel
   Dink die Here aan my?

  Gemeentenuus
   Gemeente nuus
   Biduur afsluitings

   Artikels
   Hoe om jonk te bly
   Wat beteken dit om werklik ryk te wees?

   Gereeld
   Grapblad
   Verjaarsdae
   Resep
   Goue gedagtes

   Redaksie
   Redaksie


Vorige uitgawes


Volgende sperdatum:
20 September 2002



Skryf aan Dowe Fokus

Maak 'n donasie

Ontvang Dowe Fokus deur die pos - Intekenare vorm.



Wat beteken dit om werklik ryk te wees?


Een dag het 'n pa van 'n baie ryk familie sy seun op 'n toer na die platteland geneem met die doel om vir hom te wys hoe arm mense kan wees. Hulle het 'n paar dae en nagte op 'n plaas van 'n baie arm gesin gebly. Toe hulle terugkeer van die reis het die pa vir sy seun gevra, "Hoe was die reis vir jou?" Sy seun het geantwoord, "Dit was baie lekker, Pa". Toe vra die pa, "Het jy gesien hoe arm die mense is?". "O ja, ek het gesien" sê die seun.

Die pa vra toe "So wat het jy geleer van hierdie reis?"Die seun antwoord, "Ek het gesien dat waar ons een hond het, het hulle vier. Ons het 'n swembad wat so groot is soos die middel van ons tuin, maar hulle het 'n oneindige groot dam. Ons het ingevoerde lanterns in ons tuin, maar hulle het die sterre. Ons uitsig is beperk tot ons voorste grasperk, maar hulle het die hele horison.

Ons het 'n klein stukkie land waarop ons woon, maar hulle het oneindige vlaktes. Ons het bediendes wat vir ons bedien, maar hulle bedien ander mense. Ons koop ons eie kos, maar hulle kweek hul eie. Ons het mure rondom ons erf om ons te beskerm, maar hulle het vriende wat hulle beskerm."

Met hierdie woorde was die seun se pa sprakeloos. Toe voeg die seun by, "Dankie dat Pa vir my gewys het hoe arm ONS werklik is".




Terug na bo



Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville