Gemeenteblad - http://ngkdelabat.tripod.com




  In hierdie maand se   uitgawe...

   Van die Redaktrise

  Geestelike Voedsel
Swart dowes uitreik
  Gemeentenuus
Gemeente nuus
Bybel leesprogram
Kerkraadsvergadering
Belangrike afkondiging
   Artikels
Internet artikels
   Gereeld
Grappies en staaltjies
Verjaarsdae
Goue gedagtes
   Briewe
Lesers gesels saam
   Redaksie
   Redaksie


Vorige uitgawes


Volgende sperdatum:
20 November 2002
(Gesamentelike nuusbrief)



Skryf aan Dowe Fokus

Maak 'n donasie

Ontvang Dowe Fokus deur die pos - Intekenare vorm.


  [Gemeentenuus]
  Bybel leesprogram
  Kerkraadsvergadering
  Belangrike Afkondiging

Gemeentenuus

Verlowing

Johan van Zyl en Naomi Lambrechts was lank die alleenlopers. Uiteindelik het die twee se paadjies op die regte tyd gekruis. Hulle het op 12 Oktober 2002 verloof geraak by 'n restaurant, Naomi het glad nie verwag van die verlowing nie, sy was te sprakeloos toe Johan vir haar die jawoord vra. Naomi het geen oomblik getwyfel nie. Baie geluk julle twee! Mag die Here jul verlowing baie seëninge gee en nog baie vreugdes in jul lewens verskaf. Geniet dit, want liefde is die beste geskenk van God af!


Doop herdenking

Charles en Portia Arendse van Wyk 4 se dogter, Lee-ann het 'n baba dogter ryker geword. Die baba se naam is Robbin Lee.


Sterfgevalle

Laura de Kock van Wyk 4 se moeder is in Oktober oorlede en die begrafnis vind plaas op 2 November 2002 te Nababeep.

(Ons harte gaan uit na al hierdie familie, kinders en vriende met hul groot verlies. Ons bid dat hulle die Here se vertroosting en ondersteuning baie persoonlik sal beleef in hulle rou oor almal. Mag God in hierdie moeilike tyding met julle wees - Red)


Dankofferete

Kommunikasie komissie het gereël dat na die Dankofferdiens ete gehou moet word om dankie te sê vir al die liefde en genade wat God vir ons gemeente gee. Dit was 'n mooi oggenddiens, ons het nagmaal gehou en elkeen het hul tiende in die kis ingegooi. Daar was omtrent 130 dowes wat na die ete gekom het. Dit was 'n geseënde dag en graag wil Kommunikasie komissie vir al die wyke bedank wat hartlik saamgewerk het om die dank-ete suksesvol te maak. Ons dank die Here vir die goeie seëninge wat Hy oor ons bring.

Ingestuur deur Tony Salie


******** DOWE FOKUS REDAKTRISE POS *******

Na 'n lang gedink en besluitneming het ek besluit om einde van die jaar klaar te maak as redaktrise van Dowe Fokus. Baie dankie vir elkeen wat getrou nuus gestuur het en gehelp het om ons nuusbrief interessant te maak. Ons nuusbrief speel 'n baie belangrike rol in dowes wat ver bly se lewens, hulle lees dit en voel dan nie so eensaam nie. Mag ons altyd leiding kry van die Here af om nuusbrief tot eer van Sy Naam te skryf. Enige persoon wat belangstel om vanaf Januarie 2003 die redakteurspos oor te neem, kan hulle name vir my of Magda Spence gee vir die bogenoemde kontaknommers. As jy voel dat die Here vir jou by die nuusbrief wil gebruik, bid daaroor en doen aansoek.

******** DOWE FOKUS REDAKTRISE POS *******


Nuus uit Rusoord - Aktiwiteitsopleiding vir bejaardes

Martie Spence en en Suzelle Serfontein was vir twee dae vir 'n kursus in Hanover Park. Die kursus was om vir ons bejaardes aan te moedig om handwerkies te doen, vir mekaar te help en om te gee. Daar was baie interressante idees en handwerkies waaraan ons deelgeneem het. Dit was heerlik en ons het dit baie geniet. Ons wil hierdie lesse vir ons bejaardes aanbied en is seker dat hulle dit ook sal geniet. Baie dankie dat ons kerk vir my en Suzelle toegelaat het om te gaan anders sou ons nooit geweet watter ander maniere daar is om ons bejaardes gelukkig te maak nie.


Martie Spence vertel watter verskriklike ding met haar oorgekom het (Ontploffing in kombuis):

Ek het pynappelbier vir ons gemaak en dit op die kombuis tafel gelos om te gis. Die volgende aand het ons 'n ete by my familie gehad. Toe ons terugkom, het my huis sleg geruik. Twee van die bottels pynappelbier het ontplof en die vloer was vol glasstukke. Die hele kombuis was bemors en taai, tot teen die plafon! Dit was 'n groot werk om alles skoon te maak! Om die pynappelbier te laat gis moet dit 'n dag of twee staan voor jy dit in die yskas sit. Dit het seker te lank gestaan daarom het dit ontplof. Nou is ons almal bang om die bottels oop te maak!


Butterflies uitstappie te Klapmuts

Op 12 Oktober 2002 het die jeugwyk 'n uitstappie vir die bejaardes van Rusoord aangebied. Hulle het die pragtige skoenlappers bewonder tussen die tropiese woude en blomme. Dit was interessant om te weet van die eier, wurm, papie dan die skoenlapper. Die skoenlappers leef net vir 'n paar dae. Daar was heerlike muffins, vrugte en sappe. Baie dankie vir ons liewe jongmense se projek. Dit was 'n goeie ervaring en ek is bly dat die jongmense vir ons bejaardes omgee en bederf.

Ingestuur deur Martie Spence


Laura's Strykdienste

Moeg van strykwerk?

Bring jou wasgoed, ons stryk dit mooi en goedkoop @ R6,00 per kg. (Bring wasgoed in houer en onthou die hangers!)

Waar: NG Kerk De la Bat in die konsistorie, Herta Louw straat 29, Loumar, Bellville, 7530

Wanneer: Begin vanaf 14 Oktober 2002


My geloof in London - Getuienis

Soos meeste van julle weet dat ek vir meer as 2 jaar 2 maande in London gewerk het. Dit was ''n wonderlike geleentheid vir my. Maar daar was een groot probleem - DIE GELOOF.

Al my dowe vriende hier in Suid-Afrika is almal Christene en ek kon saam met hulle kerk en Jeugaksie toe gaan en gesels met hulle oor God ens., maar ek het ook baie dowe vriende gehad in London wat wonderlike vriende was vir my, maar hulle het nie in God geglo nie.

Al my vriende het van London, Australia, New Zealand, Amerika en nog ander plekke gekom. Een aand het ons 30 vriende saam gesels, en toe skielik het ons oor verskillende godsdiens gesels, toe sê ek vir hulle dat ek in God glo en ek het ook gevra of een van hulle ook Christene is. Ek was toe geskok dat net twee van hulle hulle hand opgesteek het. Party van hulle glo weer ander godsdiens. In die begin het ons bietjie stryery gehad oor watter godsdiens ons moet aanbid, maar op die ou end het ons besluit om mekaar se godsdiens te respekteer en nie meer praat oor ons elkeen se geloof nie. Toe het ons nooit weer probleme gehad nie. My vriende van verskillende lande is rerig wonderlike mense met baie goeie hart, maar hulle glo nie in God nie. Ek kon nie saam met hulle kerk toe gaan of gesels oor God nie. Ek het vir 2 jaar niks van God se woorde gehoor nie en ek het baie skuldig gevoel. Maar ek het nooit van God vergeet nie, ek het Hom altyd onthou en gebid. Ek kon nie Bybel lees nie, want die woorde was moeilik vir my om te verstaan, toe het ek vir Ds. Hough gevra om my e-pos te stuur met Dowe-Bybels, toe kon ek weer geestelike voedsel ontvang en Bybel te lees. Maar anderkant kon ek nie kerk toe gaan om God se woorde te hoor nie, omdat daar nie dowe kerk was in London nie. Daar was 2 Afrikaanse kerk in London, maar horende kerk, en die dominee het te vinnig gepraat en ek kon nie lekker liplees nie. Ek weet ek het min van God se woorde gehoor in 2 jaar, maar ek het Hom nooit afgeskeep nie. Ek is baie dankbaar daarvoor dat ek sterk gestaan het.

Waarvoor ek ook baie dankbaar is, is dat ek in Suid-Afrika gebore is waar ons Kerk toe kan gaan en die onderwysers vir ons vertel van Jesus en dat ons vriende met mekaar kan gesels oor God wat London en ander lande nie baie doen nie. Ek voel jammer vir my goeie vriende in London wat verlore hart het en wat in ander God glo. Ek vra vir julle groot asseblief om vir hulle te bid.

Coreza van Zyl van Jeugwyk


Christa Cruywagen wen in Excel katagorie by Excel Awards.

Op Vrydagaand, 1ste November was ek en Raysford by Excel Awards by Country Club, Johannesburg. Daar was nogal baie mense! Die funksie was nie so goed gereël nie en alles was so deurmekaar! Die video-opname het die hele tyd gespring en gespring. Ek kon nie lekker hoor wat hulle gesê het nie. Gelukkig was Raysford se neef en sy vrou (Gaylene) was langs my. Toe hulle die name wat genomineer is, aangekondig. Toe hulle begin se het van derde plek, tweede plek en eerste plek. Gaylene het die hele tyd op my getik en gesê dat ek die wenner is. Ek was baie op my senuwees. (Ek kan nie help nie!) Ek het toe groot en klein trofee, tjek, R1500-00 en sertifikaat met raam ontvang. Ek het nooit verwag dat ek dit gaan kry nie. Ek weet self dat die dowe persoon nie altyd voorreg het om wenner te wees vir werk se pretasie nie, maar ek was baie bevoorreg om dit te kan verdien. Ja, dowes kan doen! (Dankie vir almal wat vir my sms'e gestuur het soos gelukwensing. Ek waardeer dit baie! Hein en Marisa - dankie vir julle blomme!)


Muurbal - geleentheid - Moet dit nie misloop nie!

Daar gaan "Social Deaf Squash" op 16 November 2002 om 9 uur by Durbanville Muurbalklub wees. Almal is welkom om te kom. Bring asb. eie vleis, slaai en ander. Daarna gaan bring-braai wees. Toegangkaartjie om te speel kos R20-00. As julle inligting wil hê, kontak asb. met Kerry op sms - 083-448-2093 of Bevan op sms - 083-448-6394. (Onthou, hulle is Engelssprekendes) WELKOM EN GENIET SAAM MET ONS!!!!!


Ons ontmoet ons eie Pop Idol Heinz Winckler

Coreza van Zyl, Elisha Carney-Bence en Nicolene du Plessis was op een Vrydag-aand na Paarl Skool (kinders met leerprobleme en asook seberaal gestremdes) toe. Daar was verskeie stalletjies gewees, die tema was om deur 'Italië' te beleef. Ons het toe Mej. Matriek 2002 van Kaapse skole gekyk, almal het pragtig gelyk. Ek weet nie of julle vir Heinz Winckler ken nie, hy was die wenner op Mnet se Pop Idol, hy het pragtig gesing. Ons het die voorreg gehad om met hom te gesels, hy het baie sagte plekkie vir gestremdes. Die idee van die aand was om vir daardie skool fondsinsameling te hou. Dit was 'n groot sukses. Ons sal daardie aand nooit vergeet nie.


Country & Western Dans Partytjie

Sanlam gee jaarliks 'n 25-Jaar Klub Funksie vir personeellede wat 25 jaar of langer diens lewer. Ek is vanjaar al 26 jaar by Sanlam en dus het ek vir die 2de keer dié lekker funksie bygewoon. Die tema was dié keer "Country & Western" sodat ons alles van die "cowboy" wêreld op die flieks herleef het. Die fantastiese dekor het grootliks daartoe bygedra en boonop het ons elkeen 'n "cowboy" hoed gekry om die tema tot sy reg te laat kom. Marsanne, ons dogter, het ons vergesel om alles vir ons te tolk sodat ons regtig deel van die groep kon wees.

Francina en Hannes Selzer


Haresny - Ds. Hough - Al die hare moes waai

Ons mikpunt was om oor die R60 000,00 in te samel vir die basaar, een van die voorwaarde was as ons ons mikpunt behaal, moes Ds. Hough se hare waai.


Terug na bo



Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville