Gemeenteblad

http://ngkdelabat.tripod.com




  In hierdie maand se   uitgawe...

   Van die Redaktrise

  Geestelike Voedsel
Swart dowes uitreik
  Gemeentenuus
Gemeente nuus
Bybel leesprogram
Kerkraadsvergadering
Belangrike afkondiging
   Artikels
Internet artikels
   Gereeld
Grappies en staaltjies
Verjaarsdae
Goue gedagtes
   Briewe
Lesers gesels saam
   Redaksie
   Redaksie


Vorige uitgawes


Volgende sperdatum:
20 November 2002
(Gesamentelike nuusbrief)


Skryf aan Dowe Fokus

Maak 'n donasie

Ontvang Dowe Fokus deur die pos - Intekenare vorm.



Dagsê al my lesers!!!!

My termyn as Nuusbrief redaktrise het nou aan die einde gekom. Baie dankie vir elke persoon wat getrou nuus bygedra het om van die Nuusbrief 'n sukses te maak. Dit was 'n voorreg om te kon deel wees van hierdie span en ek wil graag vir Magda, Lynette, Suzelle, Ds Hough en Tony baie dankie sê dat hulle so getrou vir my gehelp het. Die Nuusbrief is 'n wonderlike geleentheid om kontak te hou met Dowes wat ver bly en om so God se liefde te versprei. Mag dit altyd so wees!

Bid asb. dat ons die regte persoon sal vind wat bereid sal wees om volgende jaar hierdie belangrike werk te doen. As u voel dat die Here vir u kan gebruik as redakteur / redaktrise van die Nuusbrief kontak asb. vir my of Magda of Ds Hough.

Volgende maand is dit weer sulke tyd vir gesamentlike nuusbrief. 'n Mens kan nie glo dat dit weer amper einde van die jaar is nie. En dit is weer Kerstyd, tyd om kersliggies op te hang. Ek vra baie mooi asseblief om vir my voor 22 November 2002 kort kersboodskappies te stuur sodat ons in die gesamentlike nuusbrief kan sit.

My Gebed ………… is dat die Here vir jou baie seëninge en genade sal gee. Ek bid dat die Here jou sal gebruik om sy liggie te kan wees. Ek bid ook dat die Here se hand oor jou sal plaas en jou sal beskerm ten alle tye. Amen!!!!

Groete in Jesusliefde
NICOLENE

As u 'n gereelde besoeker van hierdie webwerf is, skryf asseblief in. Dit is GRATIS. Deur u inskrywing sal u vir ons help om te weet hoeveel lesers van hierdie webwerf gebruik maak. Dit sal vir ons aanmoediging gee om aan te hou met hierdie werk.

As bonus sal ons vir u elke maand deur e-pos laat weet sodra daar 'n nuwe uitgawe van Dowe Fokus beskikbaar is op die Internet.


Die De la Bat Gemeente in Bellville wil die Woord van God verkondig onder alle Dowes.
Ons doen dit met gebare, met Bybelstudies, en met hierdie maandelikse nuusbrief. Enige bydraes en donasies is welkom.
Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002
Laas opgedateer - 13 November 2002