Gemeenteblad - http://ngkdelabat.tripod.com




  In hierdie maand se   uitgawe...

   Van die Redaktrise

  Geestelike Voedsel
Swart dowes uitreik
  Gemeentenuus
Gemeente nuus
Bybel leesprogram
Kerkraadsvergadering
Belangrike afkondiging
   Artikels
Internet artikels
   Gereeld
Grappies en staaltjies
Verjaarsdae
Goue gedagtes
   Briewe
Lesers gesels saam
   Redaksie
   Redaksie


Vorige uitgawes


Volgende sperdatum:
20 November 2002
(Gesamentelike nuusbrief)



Skryf aan Dowe Fokus

Maak 'n donasie

Ontvang Dowe Fokus deur die pos - Intekenare vorm.


  Gemeentenuus
  Bybel leesprogram
  [Kerkraadsvergadering]
  Belangrike Afkondiging

Belangrike besluite by die kerkraadsvergadering

  • Rekenaar - Ds. Hough se rekenaar het moeilikheid gegee, die moederbord het gebreek en hy moes 'n ander een leen, hy kan leen vir een jaar lank, maar sal volgende jaar moet begroot vir 'n nuwe rekenaar. Wie kan help?. Al die e-pos adresse en faksnommers het verlore geraak en hy is besig om weer 'n lys op te stel. Stuur asb. vir hom e-pos sodat hy kan sien wat jou e-pos adres is.

  • Neil du Plessis sê hy wil graag probeer verduidelik hoe 'n predikant se werk verskil van 'n gewone mens se werk. Mense wat nie predikante is nie werk net tot vyfuur en dat het hulle klaar gewerk vir die dag. Op Ds Hough se werksprogram doen hy partykeer tot 10uur in die aand huisbesoek. Op Ds Hough se afdag doen hy Bybelvertaling - wanneer neem hy 'n afdag om saam met sy familie te wees of om persoonlike sake te doen? Die algemene gevoel van die kerkraad is dat Bybelvertaling moet deel word van Ds Hough se program van Dinsdag tot Sondag. Die Kerkraad het lank terug vir Ds Hough toestemming gegee om Bybelvertaling te doen - dan moet dit gedoen word in sy werk tyd en nie op sy afdae nie. Die Kerkraad vra dat Ds Hough moet kyk na sy program en dit so probeer verander. Jean sê dankie vir die Kerkraad dat hulle daaroor gepraat het want dit is vir hulle as huisgesin oor belangrik om tyd saam te hê.

  • Jaco praat oor die buite wyke - hy was saam met Ds daar. Hy voel hulle moet meer verantwoordelikheid aanvaar en meer kerk toe kom en vergaderings bywoon.

  • Hein vra of die 2de spreekkamerure nodig is - Ds. verduidelik daar is partykeer mense wat nie in die aande kan kom nie. Ds sê hy sal probeer om Maandae se Bybelvertaling te skuif een week Maandag en een week Donderdag. Almal bid saam vir die wat werk vir die Here - sodat ons almal weer gevul sal word met die Heilige gees om ons werk vir Here met nuwe lus en ywer te kan dien.

  • Nicky het die naam gegee van die Dowe man by Noluthando - Ds vra dat ons gemeente vir hom ondersteun en help om opleiding te kry. Wanneer hy gaan vir opleiding sal ons 'n tolk aan hom moet gee. Die Kerkraad moet solank rondvra vir iemand wat bereid sal wees om dit of verniet of baie lae koste vir ons te doen. Die Kerkraad gee goedkeuring dat ons hom eers nooi om presies vas te stel wat sy behoefte is. Die Sondag wat ons hom nooi sal ons 'n Bybel aan hom oorhandig. (Meer oor Richard by geestelike voedsel deel)

  • Biduurafsluiting - Die lidmate weet nog nie almal hoe belangrik dit is vir hulle om verantwoordelikheid te aanvaar nie. Die Kerkraad voel dat gemeentelede agteroor sit en verwag dat die Kerkraad al die werk in die gemeente moet doen. Die Kerkraad voel dat dit baie duidelik aan gemeentelede verduidelik moet word dat almal 'n verpligting teenoor die dowes wat nie die Here ken nie en ons moet probeer dat elkeen verantwoordelikheid aanvaar daarvoor. Ons moet vir hulle verduidelik dat die laaste Woensdag by die kerk vir hulle wil leer en skool hoe om te kan praat met ander dowes. (Neem kennis van bogenoemde besluite. Dit raak ons almal en dit is belangrik vir ons kerk - Red)

  • Nuwe tolke - Tony vra vir almal of hulle weet van mense wat kan kom help tolk - Hulle moet per brief gevra word of hulle beskikbaar is vir tolkwerk.

  • Neil sê aan die Kerkraadslede dat hulle mooi moet dink - daar is baie kommissies wat doodgeloop het of wat nie meer reg werk nie - hoekom ? Hoe kan lidmate deel voel van hierdie kerk en trots wees op hulle kultuur? Hulle moet verantwoordelikheid neem - en ons moet dit baie duidelik vir almal gestel sê.

  • Mini-basaar -Die inbetaling die afgelope tyd was nie te sleg nie maar dit raak weer minder en ons kontantvloei is alweer sleg. Na bespreking oor 'n minibasaar hierdie jaar het die kerkraad besluit dat dit nou te laat in die jaar is en dat dit die Oktobermaand tiendes sal beïnvloed. Die Kerkraad besluit dat ons nie 'n minibasaar sal hou nie, maar vra vir Hein dat ons kyk om volgende jaar een te hou sodat dit op die jaarprogram kan kom.

  • Woekergeld - Die wyke moet gevra word om te woeker en lidmate wat belangstel kan R20 kom haar om mee te woeker maar die geld moet teen die einde van Januarie inbetaal word.

  • Basaar - Die finale bedrag vir die basaar is - R63200,00 en die Dagbestuur moet besluit wanneer Ds se hare gesny moet word en hoe dit gedoen gaan word. (Ds. Hough se hare is toe afgesny, sien foto's in nuusbrief)

  • Kerk kantoorure - Daar is gesels oor die skriba se kantoorure en toe besluit dat die ure moet verander. Dit is nou Dinsdagaande van 17:00 tot 18:00. Op Sondag sal die skriba werk tot 11 uur - ander Sondae sal die kantoor oop wees en iemand anders sal daar help, Driekie Kruger of Martie Spence of mev. Serfontein. Die kantoor sal oop wees tot 11:00 uur, en toemaak as daar nie meer mense by die kerk is wat na die kantoor wil kom nie.

  • Ringsitting - Ds Hough en Nicolene was teenwoordig by die Ringsitting. Dit was baie goed en daar is baie lank gepraat oor twee ander gemeentes wat baie swaar kry: Bellville Moedergemeente en La Belle. Ds sê ook dat ons vir volgende jaar vir baie min aangeslaan gaan word wat ons moet inbetaal vir die sinode. Ons nuwe konsulent is Ds Frikkie Coetzee van La Rochelle gemeente.

  • Sending - Naomi, Tony, Naomi, Anton en Nicky was by Mitchells Plain by 'n horende vrou se huis waar hulle 4 dowe mense ontmoet het. Hulle het gesels om mekaar beter te leer ken en te nooi om met dowes meer te meng sodat hulle geestelik kan groei. Naomi sê hierdie dowes was baie bekommerd dat ons hulle nie weer sal besoek nie. Naomi sê die Sendingkommissie sal gesels en besluit hoe hulle volgende jaar hulle besoeke gaan reël. Sy sê ook daar is 'n dowe seun van 19 wat baie hulp nodig het. Daar is baie dowes maar hulle is baie ver - die wat daar was, is almal onder 30 jaar oud. Om kerk te hou elke tweede maand, is te min - ons moet elke maand na hulle gaan, van volgende jaar af.

  • KKNK - Ds en Jaco Hanekom het eers kerk gehou op Barrydale en Oudtshoorn en toe 'n vergadering gehad met die KKNK mense. Ons gemeente kan aansoek doen vir 'n stalletjie om volgende jaar iets daar te verkoop by die fees, maar die totale uitgawes sal baie wees. Ons moet ook vir slaapplek, vervoer en etes betaal. Is daar mense wat volgende jaar vir 'n week verlof kan kry en miskien vir ons wil help?

  • Skuld by die ouetehuis- Ons het van die staat 'n brief gekry wat sê dat ons nie die geld vir hulle hoef te betaal wat ons geleen het om die ouetehuis te bou nie. Dit was R780 000,00 en saam met die rente wat opgeloop het die afgelope ses jaar, is dit nou R1 500 000,00. Daar is net R60 000,00 wat ons aan die munisipaliteit van Bellville skuld vir die rente op die geld en belasting vir die eerste jaar. Die kerkraad het besluit om 'n brief te skryf aan die sinode om vir hulle dankie te sê vir alles waarmee hulle ons gehelp het.

  • Afkondiging in die Kerk - Daar was 'n voorstel dat ons afkondigings op 'n Sondag nie meer voor die erediens gedoen moet word nie, maar na die erediens. Party mense voel dat hulle kom kerk toe met afwagting om na die Here te luister, en na die afkondigings in hulle nie ingestel vir die ontvang van die boodskap nie. Die kerkraad het besluit dat ons dit kan probeer, maar dat daar ook mense is wat kla as dit gemaak word na die diens, want party mense sê hulle het geluister na die Woord, en nou wil hulle dit onthou en huistoe gaan, maar as die afkondigings na die erediens gemaak word, dan hoor hulle ander dinge wat die boodskap van die Here.

  • Sekuriteit by kerk - Daar is die afgelope tyd by 'n paar kerke ingebreek en mense is aangeval in kerktyd. Ons gemeente is ook 'n sagte teiken vir rowers (maklik). Al die deure staan oop en ons sit in die kerk. Die kerkraad het besluit dat die Koster die konsistorie se deur en die groot glas deur moet sluit nadat die kerk begin het. Die koster moet net so sit dat hy kan sien as iemand laat kom. Die Finansiële kommissie moet hieroor praat en 'n besluit neem.

  • Fotostaatmasjien - Ons het 'n tweedehandse fotostaatmasjien gekoop op 'n veiling vir R3600, en dit lyk of hy baie beter werk as die vorige een wat elke dag 'n paar keer vasgehaak het. Ons gaan vir die Lions vra om te help met die betaling hiervoor.

    Verkiesing van Kerkraadslede

    Die voorlopige volgende lede is verkies tot die kerkraad vir volgende jaar. Ons vra vir almal om te bid vir hulle dat hulle reg sal antwoord op die Here se roepstem.

    Wyk 1 - Martie Spence (Diaken)
    Wyk 2 - Magda Spence (Diaken) / Igma v d Merwe (Diaken)
    Wyk 3 - John van Zyl (Diaken)
    Wyk 4 - Rhona Olivier (Ouderling Herkies)
    Ruben Arendse (Diaken Herkies)
    Portia Arendse (Diaken)
    Wyk 5 - Willie Conradie (Ouderling)
    Wyk 7 - Elaine Olivier - (Ouderling herkies) / Wilbur Olivier (Diaken)
    Wyk 8 - Dirk Willemse (Ouderling) / Bernardus Meiring (Diaken)
    Wyk 9 - Ernst Blignaut (Ouderling)

  • Neil du Plessis - Neil is nou amper klaar gestudeer aan sy Meestersgraad en hy weet nie waar die Here vir hom en Nicky gaan gebruik volgende jaar nie. Ons gemeente wil hom behou, maar ons het nie geld vir 'n tweede predikant nie. Ons vra vir al ons lidmate om in hierdie tyd aan hulle te dink en vir die Here te vra om die pad vir hulle oop te maak sodat hulle hier by ons kan bly. Die Kerkraad het goedgekeur dat Neil kan aanhou in die gemeente werk en vir Ds Hough kan help met die gemeentewerk en dat ons aangaan met ons ooreenkoms met hom totdat hy weggaan of 'n ander werk kry.

  • Bybelvertaling Ons vorder stadig maar seker, en ons het die afgelope paar maande klaargemaak met Romeine, 1 Konings, Jeremia, Klaagliedere, ! Timpteus en 1 Korintiërs. Ons is amper halfpad met Psalms. Juffrou Roux doen baie werk daaraan en sy kry amper nie tyd vir ander dinge nie. Sy ken die taal van Dowes baie goed en ons kan baie dankbaar wees dat ons so 'n persoon het wat haar lewe wy aan hierdie belangrike werk. Ernst Blignaut het verlede jaar oorgeneem by Ernest Kleinschmidt en hy kom ook baie goed reg met die patroon wat die Bybelgenootskap en die kommissie volg. Hy sê hy geniet die vertaling baie, en hy lewer 'n baie goeie bydrae.

  • Bybel-lees program Ons dowes het baie lank gewag vir ons eie Bybel, een wat ons kan verstaan en een wat geskryf is vir ons dowes. Ons is nou al amper 70% klaar met die vertaling en dit lyk of die hele Bybel vir Dowes omtrent oor 3 jaar kan klaar wees. Die derde deel van die Bybel vir dowes, is nou te koop by die kerkkantoor of by die Bybelgenootskap vir R15. Ons gemeente gaan begin om almal saam te lees in die Bybelvertaling vir dowes, en ons gaan begin lees by die eerste boek in die Nuwe Testament, Matteus. Daar is net 'n kort stukkie vir elke dag en die mense wat meer wil lees, kan op 'n ander plek ook lees. As ons almal saam lees aan dieselfde Bybelgedeelte vir elke week, dan kan ons dit bespreek in die bidure of by die kerk, en as daar probleme is, kan ons dit vir almal saam verduidelik. Die Bybel-lees program begin op Maandag 28 Oktober. Wanneer jy lees, skryf neer wat vir jou baie mooi is, en ook watter probleme jy het. Bid dan en antwoord die Here. Faks of skryf vir my as daar enige iets is wat jy nie verstaan nie, en geniet dit om elke dag te lees wat die Here vir jou sê.


Terug na bo



Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville