Gemeenteblad - http://ngkdelabat.tripod.com




  In hierdie maand se   uitgawe...

   Van die Redaktrise

  Geestelike Voedsel
Swart dowes uitreik
  Gemeentenuus
Gemeente nuus
Bybel leesprogram
Kerkraadsvergadering
Belangrike afkondiging
   Artikels
Internet artikels
   Gereeld
Grappies en staaltjies
Verjaarsdae
Goue gedagtes
   Briewe
Lesers gesels saam
   Redaksie
   Redaksie


Vorige uitgawes


Volgende sperdatum:
20 November 2002
(Gesamentelike nuusbrief)



Skryf aan Dowe Fokus

Maak 'n donasie

Ontvang Dowe Fokus deur die pos - Intekenare vorm.


Lekker leeshoekie van grappies, gediggies, staaltjies ens.


'N VET PRYS VIR DIEëTGOED

Onlangs het ons, soos gewoonlik, na kerk by 'n supermark gestop om 'n paar goed vir die week wat voorlę te koop. Onder meer het ek twee dieëtstafies gekoop. Toe die dame by die kasregister die totaal druk, sien ek die lekkergoed kos R1 200 299.62! Die dame het alles weer geskandeer en weer by dieselfde prys uitgekom. Ons was stomgeslaan en toe die eienaar uiteindelik nader staan het my man gevra of ons maar die hele winkel se voorraad kan begin laai


STUKKIE PARADYS

My seuntjie Nicolaas (toe 4) het by sy ouma gaan kuier, en ouma het dit goed gedink om hom bietjie die groentes te leer eet wat sy ma nie graag gaarmaak nie. Die spesifieke dag was broccoli aan die beurt, en ouma versin die oulikste stories oor die boompies wat hy gaan proe. Hy begin ewe entoesiasties aan die eerste een eet, maar ouma sien hy kou al stadiger en kry so 'n veraf trek in sy ogies. "Ouma," roep hy toe sy ouma wat intussen in die spens verdwyn het, "kom kyk hier!" Die mannetjie beduie toe na sy bord waar hy die laaste "boompie" staan gemaak het, mooi vasgedruk in die middel van die rys. "Kyk net, hierdie is die Paradys, en daardie boom is die boom waarvan God gesę het ons mag nie eet nie!"


FANUS RAUTENBACH SE ONS MOET ALMAL EENDAG STERWE, MAAR ELKEEN STERF VOLGENS SY BEROEP:

  • Die reisiger gaan heen;
  • Die melkman en die polisieman kom om;
  • Die jagter gaan bokveld toe;
  • Die kok steek lepel in die dak;
  • Die horlosiemaker se tyd breek aan;
  • Die valskermspringer ontval ons;
  • Die tuinier word van die gras af gemaak;
  • Die melkboer skop die emmer;
  • Die dominee verwissel die tydelike met die ewige;
  • Die ouderling is ontslape;
  • Die skeidsregter blaas sy laaste asem uit;
  • Die dokter se hart gaan staan;
  • Die elektrisien se liggie word gedoof;
  • Die koster hoor die doodsklok lui;
  • Die kleremaker se draad word geknip; en
  • Die begrafnisondernemer sien sy gat.
Ingestuur deur Johanna Myburgh


Hier is opstelle wat sewejariges geskryf het:

Moses:

Moses bly in die paluis. Hy eet elke dag lekkers en fluis. Hy ry rond in die farro se pere en poets. Moses wil nie saam met die anerse speel nie want hy is 'n prinses. In die dag het Moses moord gepleeg en in die nag brand hy hyse af. Moses loop in Betluhem rond en hy sien 'n aagupteman slaan 'n asraliet.Hulle gooi klip. En toe sę die een vir Moses: meen jy ek is daai dusiepel wat jy in die sand gegrawe het? Ek is nie daai koning nie.
Toe skruk Moses en hy flig na Jeroetsalem."


Moses:

"Die volk het om 'n arend (Aaron) gaan staan en gesę:Dit smaak my Moses kom nie trig nie. Hy't gevergeet van ons. Toe sę 'n arend; rik alle eeriengs en oorkrawers van die hele vrouens af. Hy mak 'n goue kalf van silwer. Die volk sę: ons moet in sonde faal toe faal hulle in sonde. Hulle het vlys gebraai en gemors, Wat Moses van die berg af kom, word hy so kwaat laat hy op die klip taaifil breekskop met die tien desiepels daarop.Hy vat daai kalf en hy het hom geversyp en afgeslaag. Toe frumel Moses die kalf. Moses het die goue kalf in die water kom gooi. Die water ryk skoon gal. 3000 mense het gedood van daai water."

Terug na bo



Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville