Gemeenteblad - http://ngkdelabat.tripod.com




  In hierdie maand se   uitgawe...

   Van die Redaktrise

  Geestelike Voedsel
Swart dowes uitreik
  Gemeentenuus
Gemeente nuus
Bybel leesprogram
Kerkraadsvergadering
Belangrike afkondiging
   Artikels
Internet artikels
   Gereeld
Grappies en staaltjies
Verjaarsdae
Goue gedagtes
   Briewe
Lesers gesels saam
   Redaksie
   Redaksie


Vorige uitgawes


Volgende sperdatum:
20 November 2002
(Gesamentelike nuusbrief)



Skryf aan Dowe Fokus

Maak 'n donasie

Ontvang Dowe Fokus deur die pos - Intekenare vorm.


GOUE GEDAGTES


Woorde wat my laat besef hoe bevoorreg ek is .........

As jy kos in die yskas het, klere aan jou lyf, 'n dak oor jou kop en 'n plek om te slaap, is jy ryker as 75% van alle mense op aarde.

As jy geld in die bank het, in jou beursie en nog kleingeld in 'n bottel, is jy onder die 8% rykste mense op aarde.

As jy nog nooit in 'n oorlog skoot was nie, nog nooit in die tronk nie, nog nooit gemartel is nie, en nog nooit honger gely het nie, is daar 500 miljoen mense wat slegter af is as jy.

As jy 'n kerkdiens kan bywoon sonder vrees vir aanvalle, arrestasie, marteling of dood, is jy meer geseënd as drie miljard mense in die wêreld.

As albei jou ouers nog lewe en boonop nog met mekaar getroud is, is jy 'n uitsondering in Suid-Afrika.

As jy jou kop kan optel met 'n glimlag om jou mond en regtig dankbaar is vir jou seëninge, is jy gelukkig, want die meeste mense kan, maar doen dit nie.

As jy iemand se hand vashou, 'n drukkie kan gee of aan sy skouer kan vat, is jy gelukkig, want jy kan 'n helende aanraking gee.

As jy hierdie boodskap kan lees, het jy dubbele seën ontvang: iemand het aan jou gedink, en jy is voorgetrek bo twee miljard mense op aarde wat glad nie kan lees nie.

Geniet jou dag, tel jou seeninge, en deel hierdie gedagte met iemand anders, sodat ons almal kanonthou hoe gelukkig ons werklik is ...

Ingestuur deur Zita du Plessis







Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville