Gemeenteblad - http://ngkdelabat.tripod.com


Van die Redaksies
Gebedsversoeke
Die leraars gesels met ons
  Kersboodskappe
Van die Leraars
De la Bat Bellville
Effata Gemeente
Pretoria Dowes
Worcester De la Bat
  Hoogtepunte
De la Bat Bellville
Effata Gemeente
Pretoria Dowes
Worcester De la Bat
  Gemeentenuus
De la Bat Bellville
Effata Gemeente
Pretoria Dowes
Worcester De la Bat
   Artikels
Wat is Advent, Kersfees en epifanie?
Jy soek te veel geluk
Die hemel het 'n nommer
Die ideale vrou
Opstel deur laerskoolleerling
'n Inspirerende storie
Vriendskap
   Gereeld
Grappies en staaltjies
Verjaarsdae
Geestelike stukkies
   Briewe
Al ons lesers gesels saam
   Redaksie
   Redaksie


Vorige uitgawes



DE LA BAT SE KERSBOODSKAPPE


  • Helet Burger (Bellville) - Gelukkige Kersfees vir elkeen van julle, mag dit 'n wonderlike feesgety wees, ons dank en loof God vir al sy wonderlike dade en groter liefde wat ons elke dag ryklik ontvang. Ek bid dat al u verwagtinge vir die nuwejaar deur die seën van Onse Hemelse Vader bewaarheid sal word. Jesusgroete.

  • Petrus en Elize du Plessis (Bellville) - Ons wens julle almal 'n Gelukkige Kersfees en voorspoedige Nuwejaar 2003 toe. Mag met hierdie Kersfees en reg deur die jaar God Hom in Sy liefde met krag openbaar. Ry veilig en rus heerlik!

  • Alwyn, Helena en Juanita Carstens (Stellenbosch) Baie Geseënde Kersfees en 'n Gelukkige Nuwe Jaar aan families en vriende. Helena en Nicolene het die kuiertjie in Pretoria baie geniet op 22 November tot 1 Desember. Mag God julle bewaar ten alle tye en dat Kersfees vir julle soveel vreugdes in julle lewens bring.

  • Claudell en Dirk Smit (Cape Town) Hallo everyone I wish you very Happy Christmas 2002 and Happy New Year for 2003... We hope that we are safety travelling by car to Bloemfontein, Pretoria, Rustenburg, Port Elizabeth from 11 December till 29 December. My sister , Fiona are getting married on 14 December. We are looking forward to see my family in Pretoria. We are going to visit Dirk's brother Pieter in Rustenburg , Ryno and Madelein in Bloemfontein and my own father in Port Elizabeth. For the first time Dirk meet my own father in Port Elizabeth. We are spending them for Christmas Send my regards to all.....

  • Christa en Raysford Cruywagen (Goodwood) Aan liewe vriende ....Geseënde Kersfees en Voorspoed Nuwe Jaar 2003.... Mag daar vol vreugde en geluk vir elkeen bring... Klomp seëninge van God in 2003.... Vergeet van verlede en gaan na nuwe lewe!

  • Bernard Khún (Malmesbury) Ek wens aan alle lesers 'n geseënde Kersfees en Voorspoedige Nuwejaar 2003 toe. Dié wat met vakansie gaan, ry asseblief veilig om die bestemming te bereik. Geniet u feesgety saam met u familie en vriende. Ek gaan 19 Desember '02 met verlof tot 16 Januarie '03. Ons vier kersfees by Stellenbosch saam met familie. Ek, my ouma en oupa van Strand vertrek 27 Desember 6 uur die oggend Johannesburg toe. Dit gaan lang pad wees, so 12 uur se ry. Ek sien uit daarna, dit gaan vir die eerste keer in my lewe wees dat ek Gauteng toe sal gaan. Ons ry saam met my oom (ma se broer). My oom gaan vir my 28 Desember wys hoe Johannesburg lyk. 29 Desember gaan ons plaas toe geleë tussen Warmbad (Belu-Bela) en Nylstroom, plaas se naam is Kiebersol - 'n Wildplaas. Ons kuier heel week tot 5 Januarie 2003 op die plaas, daarna vertrek ons weer op 5 Januarie na my eerste vlug in my lewe - nog nooit gevlieg nie. Ek gaan faie foto's neem. My ouma hulle vlieg ook saam terug. Ek beplan om vir 'n week vanaf 5 Januarie tot 13 Januarie in die Strand te wees. Geniet u vakansie, dié wat verlof neem. Dié wat met vakansie gaan, bestuur versigtig. Dankie vir maandelikse Dowe Fokus uitgawes. Ek geniet dit baie.

  • Johanza Marais en familie (Milnerton Ridge) Geniet 'n Geseënde Kersfees en Voorspoedige Nuwe Jaar vir al die dowe vriende. Hou lekker vakansie en kom weer veilig terug.

  • Coreza van Zyl en Louis van Sittert (Brackenfell) Geniet julle Kersfees saam met familie en Voorspoedige Nuwejaar. Veilig Ry!!!!

  • Martie, Magda en Anene Spence (Bellville) Beste goeie wense vir Kersfees en alle voorspoed vir 2003. Met al ons liefde vir ons vriende en bejaardes.

  • Hannes, Francina Selzer en gesin (Stellenridge) Mag die Here u seën met die Christusfees en u veilig na ons terug bring na die vakansieseisoen.

  • Louis Koorts (Wellington) Geseënde Kersfees en Voorspoedige Nuwejaar. Geniet lekker jou vakansie en kom veilig terug. Stuur groete aan al die Pretoria en Worcester se mense. Kersgroete

  • Tony Salie en Familie (Elsiesrivier) - Aan al die dowes in die land wil ek my innige kerswense en 'n gelukkige Nuwe Jaar toewens. Mag God met julle wees.

  • Hein van der Merwe en Marisa du Plessis (Stellenridge en Panorama) - Ek kon dit nie glo dat die jaar 2002 amper om is nie. As ek in die verlede teruggekyk het, moet ek aan God dank dat Hy so goed vir my is, want in julie-maand het ek en Marisa aan die verloof geraak - dit is die hoogtepunt van die jaar 2002. Nou kan ons na die nuwe jaar 2003 uitsien as ons net in HOM glo. Ek kan nie meer wag dat die jaar 2003 begin moet aanbreek nie, want ek en Marisa sal mos op Oktober-maand trou - dit sal 'n groot dag vir ons wees.

    Geseënde Kersfees vir julle almal. Die belangrikste van alles wat julle moet onthou dat julle op die Kersdag aan Jesus se geboorte moet dink, want dit is 'n groot geskenk van Bo af. Dit is Hy wat ons uit die dood en hel gered het. Voorspoedige nuwejaar vir julle almal. Ry versigtig as julle die vakansie gaan hou en kom weer veilig terug - Glo net in God dat Hy julle-amal sal bewaar waar julle ookal gaan.

  • Carma Möller (Parow) Hier is die boodskappie - ry veilig op daardie pad en geniet julle vakansie / kersfees. Onthou, glo in God julle Vader en hy sal julle beskerm met sy groot regterhand. Moenie moed omgee nie. Geseënde Kersfees en Voorspoed vir Nuwe Jaar 2003.

  • Jaco, Rentia, Seuns - Jodie, Abé en Henco Hanekom asook Helmien Hanekom Wel, ek gee nou kersboodskap vir jou. "Ons wil vir almal soos al die gemeentes van Dowes asook familie en vriende wens met 'n Geseënde Kersfees en 'n voorspoedige nuwejaar. Mag Onse Almagtige, Onse Here julle almal seën met wonderlike liefde en vir ons almal vorentoe spaar. Hartlike groete"

  • Kallie, Ria en hul seun, Johann (Brackenfell) wens graag vir almal 'n geseënde en vreugdevolle Kersfees toe, en hulle dank almal en God en vir al die liefde en genade. Mag 2003 ook vir julle 'n geseënde jaar wees soos 2002 vir ons was. En laat ons Sy genade en liefde ook help uitdeel aan ander, sodat Jesus gou weer kan kom.

  • Naomi Lambrechts en Johan van Zyl (Kuilsrivier en Welgemoed) Graag wil ons uit ons spesiale hart sê, baie geseënde Kersfees vir julle en 'n Voorspoedige Nuwejaar word vir julle toegewens. Baie dankie vir die jaar vir liefde wat ons vir mekaar gedeel het in die kerk, dankie vir al julle vriendelikheid en vriendskappe. Julle moet lekker vakansie hou en mooi en veilig ry. God sal julle bewaar in die tye waar julle oral rondry. God seën julle en Hy is lief vir julle. Moenie op Jesus se geboorte vergeet nie. Feesvier vir Jesus!

  • Stephanus en Karin Burger en hul 2 seuns (Vredendal) Aan alle lesers: Ons hoop julle gaan 'n baie geseënde Kersfees hê en die besonderse dag saam met jul familie en vriende baie geniet! Dié wat op die paaie gaan wees gedurende die lang vakansie, moet maar baie versigtig en voorspoedig reis. Geniet die vakansie en kom veilig terug!

    Dankie aan Nicolene wat die afgelope jare die Nuusbrief behartig het! Ons het elke maand uitgesien na ons Nuusbrief. Dit was puik!

  • Namens die Rusoord vir Dowes (Bellville) Ons almal wens julle voorspoedige Nuwe jaar en 'n Mooi Kersfees en mag julle die ruskansie ook geniet en alles tot eer van Jesus se naam doen en onthou om die geboorteherdenking van Jesus. Ons prys Hom, want Hy het ons gered.

  • Dannie en Marie Jonck (Gordonsbaai) Liewe gesamentlike nuusbrief (4 gemeentes) wens ons u elkeen 'n baie geseënde Kersfees en Nuwejaar 2003 toe. Ook aan al ons dowe vriende en nuusbrief lesers regoor die land wens ons 'n geseënde Kersfees en 'n voorspoedige 2003 toe. Ons Here en Vader sal altyd by julle wees wanneer julle Hom nodig het.

    Met ons gaan dit nog goed deur die genade van Bo. Die 10de November het ons by De Jager se huis, Sandbaai 'n kerkdiens bygewoon en het ons 'n braaivleis gehou. Omtrent 20 mense was ook daar. Ons, almal het dit baie geniet. Ja, baie dankie vir De Jager se gasvryheid. Ons, my suster en 'n vriendin het vyf dae by Mykonos naby Langebaan gebly. Dit is 'n baie mooi plek en ons het baie rondgery. Ek is op Vredenburg gebore maak ek ken die plek nie meer nie. Nee, ek wil nie daar woon nie, Gordonsbaai is die beste plek vir my. Dank vir die Here Jesus, Christus, want Gordonsbaai pas vir my en Dannie. Christo Louw sal 20 November 2002 om elfuur by die Karel Bremer Hospitaal 'n klier naby sy nek te laat verwyder. Ons hoop dat die Here die dokter se hand sal sterk vir die operasie. Hoop dat Christo gou gesond sal word soos die Here se wil. Groete aan al die nuusbrief lesers.


Terug na bo



Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville