UIT DIE PEN VAN ONS ASL-TESOURIER
November 2002
Liewe Vriende
Onthou julle nog hoe baie voorspellings was gemaak vir die einde van 1900 na 2000?
Die wêreld het toe nie vergaan nie. Prediker skryf daar is niks nuut onder die
son nie. As ons mooi kyk na alles wat was en nog steeds is gaan dit van een
geslag na die ander dieselfde. Niemand kan God uitdaag nie, net Hy weet wanneer
die aarde sal vergaan, en dit kom verseker. Ons wat in Hom glo moet gereed wees
elke dag. Ons ou mensies word oud, dis pyne, brille en pille! As ons bymekaar
kom deel ons al ons probleempies en dan voel ons weer beter, want ons is mos nie
die enigste wat daaronder ly nie.
Ons uitstappies was vanjaar baie beperk. Ons geldfonteintjie droog op! Ons hoop op
beter dae in die nuwejaar.
Dit was vir ons baie tragies om Hendrik Truter te verloor, ons mis hom. Sy lewe
was mooi, so minsaam. Ek glo nie hy was ooit vir iemand kwaad nie.
Toe moes Annatjie van Rooyen ook nog weg trek, maar ons gun hulle die geluk wat
hulle nou het. Hulle woon so mooi en lekker en hulle eet vyf dae van die week in
die eetsaal, glo lekker en voedsame kos.
Ons afsluiting vir die jaar was 'n heerlike dag by die Fonteinedal. Ons was 22 mense,
5 daarvan was genooide gaste. Ons het baie stories gehoor dat dit nou so gevaarlik
is by Fonteine maar myns insiens kon ons nie 'n beter plek gekry het nie. Alles
was so netjies en rustig. Ons het hoender en wors gebraai, met baie slaaie, nagereg
en melktert. Ons het ook elkeen 'n klein pakkie "sweets" gekry wat Joyce en Helena
Sinden mooi toegedraai het.
Ek glo almal is gelukkig en tevrede huis toe.
Joyce is weer herkies as voorsitter.
Ek (Petro) gaan voort as tesourier.
Anna Jardim bly ons onder-voorsitter.
Die Diens van Barmhartigheidkommissie het ons ASL genooi vir 'n ontbyt by die kerk
op 8 Desember om 09:00 die oggend.
'n Geseënde kersfees en voorspoedige nuwe jaar word vir al ons lidmate
toegewens.
Kyk na die toekoms en vergeet die verlede.
Tot volgende keer.
Liefdegroete in Jesus
Petro Wilson
VOORLOPIGE PROGRAM IN DESEMBER 2002 EN JANUARIE 2003
Weens Desembervakansie, sal daar net 2 eredienste wees.
1 Des Erediens by Cachet + Afsluiting - Bring bord eetgoed saam!
8 Des Erediens by Cachet - 11H00
JANUARIE 2003
5 Jan Geen erediens
12 Jan Erediens by Cachet - 11h00
15 Jan Wyke Bybelstudie begin - Ds A Scholtz by Kempton Park
19 Jan Geen erediens. Kerkraadtoerusting (Tyd + plek sal verskaf word)
21 Jan Bybelstudie - Ds Scholtz by Wes Rand
26 Jan Erediens by Cachet - 11h00
Bevestiging van nuwe Kerkraad
Kerkraadsvergadering
29 Jan Bybelstudie - Ds Scholtz by Alberton
NAWEEKKAMP - 1-3 NOVEMBER 2002 BY DIENSSENTRUM
Andries en Ellen Kotzé en Elize Reyneke van Krugersdorp het aangebied om self vir
Naweekkamp vir 1 tot 3 November by Dienssentrum Effata vir Dowes in Potchefstroom
te reël om fondsinsameling vir Dienssentrum te bekom. Hulle het lank voor die tyd
kennisgewing met program onder lidmate en ander Dowes van orals versprei. Ongelukkig
was daar ook 'n ander kamp vir dieselfde naweek by Vaaldam, dus was daar minder Dowes
as wat hulle verwag het, by Potchefstroom, maar dié wat soontoe gegaan het, het agterna
genoem dat hulle HEERLIK gekamp het!
Kotzé: Hi, Ek wil goeie nuus vertel oor Boeresport!
Visvang: Dit was baie interessant en ons het dit geniet. Almal het gaan visvang
vir kompetisie. 'n Wenner sou 'n groot prys gewen het, maar niemand het gewen!
(Soos iemand noem, was die weer (dit was daardie oggend koud met ligte reent later
in die dag) nie reg vir visvang by die rivier nie, dus wou vis blykbaar nie byt nie.)
Boeresport: Daar was 'n paar soorte items en almal het boeresport vreeslik baie
geniet. Elkeen kon soorte pryse soos mooi bottel wyn en soorte sjokolade kry.
Almal het vir ons baie dankie gesê en waardeer baie wat ons gereël het. Almal wil
volgende jaar weer gaan as daar weer Boeresport gereël word, want almal geniet
daardie naweek vreeslik baie.
Elize Reyneke: "Toe ons Vrydagmiddag by die plot aangekom het, was ons verbaas dat
daar alreeds kamp opgeslaan was en rustig sit en wag. Ons het niemand geken nie,
maar dit was aangenaam om nuwe gesigte te ontmoet en kennis te maak. Vrydagaand
het ons almal saam vleis gebraai en grappies vertel. Ons het baie gelag.
Saterdag was daar paar mense wat vir dag kom kuier. Hulle het gaan visvang, maar
ongelukkig het niemand vis gevang nie as gevolg van slegte weer, maar hulle het
dit geniet. Daarna het ons boeresport gespeel. Daar was lekker gelag om te sien hoe
hulle speel, veral die kruiwa met emmer water. Verder het ek nie gesien hoe hulle
op stomp oor dam veg met kussings nie. Ek was besig met potjiekos. Die kinders het
waterwurm (springkasteel) baie geniet.
Sondagoggend was almal kerk toe en het weer na die plot gekom om saam potjiekos
te geniet. Wat 'n opwindende naweek was dit!
Ek wil vir Frikkie en Stella baie dankie sê wat vir ons help pannekoek bak en ook
groente skil, potjiekos help kook. En ook vir Valerie Gore en Valerie Gilham wat
help met groente skil. Wat sal ek doen sonder hulle hulp, ek waardeer dit baie.
Het darem wins gemaak maar nie baie nie."
'N MOOI BEDANKINGSKAARTJIE MET "BAIE DANKIE" en prent op:
"Ons wil vir al die gemeentelede sê.
Baie dankie vir julle gebede en moed praat. Ons is innig dankbaar dat alles goed
afgeloop het. Prys die Here vir Sy wonderwerk. Van Reyneke en Kotzé"
Dis eintlik ons Komiteelede van Dienssentrum wat vir julle drie SPESIAAL baie
dankie wil sê vir julle bereidwilligheid, ywer en harde werk om vir alles te reël.
Dit gaan nie oor hoeveel wins julle gaan maak nie, maar oor julle liefde en
ondervinding wat julle dié naweek gedoen het en hoe die Here vir julle gehelp om
daarmee te slaag. Ons is trots dat Dowes soos julle van buite vir so iets wou reël
om ons fondsinsameling te versterk. Weereens baie dankie vir julle bydrae wat ons
opreg waardeer! Ons hoop ander Dowes volg jul voorbeeld om ook vir iets anders te
reël om iets in te samel vir Dienssentrum of vir Gemeente.
NAGMAAL BY POTCHEFSTROOM - 3 NOVEMBER
Ons was aangenaam verras om so baie Dowes van Noord Wes en besoekers wat vir
naweekkamp by Dienssentrum by Nagmaaldiens te sien. Ds Andries Scholtz het baie
mooi gepreek. Daarna was almal na die plot vir Potjiekos en lekker kuier. Later
het baie van ons gebly vir Algemene Jaarvergadering oor Dienssentrum.
DIENSSENTRUM EFFATA VIR DOWES
Die meeste van ons weet al van ons komitee se besluit om Hoewes 31 en 32 te
verkoop. Ons besit 3 hoewes en wil net Hoewe 33 waar 3 huise tans is, behou. Daar
is iemand wat belangstel om Hoewes 31+32 te koop en Prokureurs is tans besig met
koopkontrak.
Kotie Botha werk baie hard by die plot en het reeds 68 pampoene, 150 boontjieplante,
150 patatsplante, 40 waatlemoenplante, 84 ertjiessade, 60 Hot Chili sade, 30
skorsiessade, 72 komkommersade geplant, maar groente sal eers vanaf Desember tot
Maart gereed wees. Hy is baie trots op sy werk, want meeste se blare kom mooi uit.
(Ons wil graag vir Kotie hartlik bedank vir al sy harde werk afgelope 10 maande
en ons kan sien hoe lief hy dié plek het en net die beste wil gee. Mag die Here vir
jou en Jean nodige krag en ywer gee om nog aan te gaan. - PP)
NAGMAAL, DOOP EN TROUE - 10 NOVEMBER
Ds Andries Scholtz het dié dag baie spesiaal vir elkeen van ons gemaak! Vir Michael
en Eileen Pickford het hy kort huwelik seremonie gehou en hulle met God se seën hertrou.
Daarna het hy baie duidelik gepreek oor 2 Sakramente naamlik Doop en Nagmaal.
Doop word een maal gedoen, maar Nagmaal word elke keer gehou om ons te herinner.
Hy het regtig 'n baie spesiale boodskap vir elkeen gegee. Ons harte het regtig vol
geword toe ons aanskou hoe hy vir Luchelle, kleindogtertjie van Hennie en Magda
Theunissen gedoop het. AG, sy is te skatlik. Haar ouers, Leon en Else, asook 2
oupas en 2 oumas is sekerlik baie trots op haar. Net daarna het ons almal Heilige
Nagmaal gehou. My hart het so vol geword - sommer oor alles! Veral toe Dawid en
Woudette Lottering uitgenooi was om by Nagmaaltafel te gaan sit en hulle fraai
dogtertjie, Odelle van byna 2 jaar oud stroopsoet by hulle sit, asook Wessel en
Hetta Schoeman saam daar kon sit. Ons dank die Hemelse Vader dat Wessel wat kanker
het, daardie dag so mooi en goed gelyk en saam met Gelowiges Nagmaal kon gebruik.
Almal was bly om vir Wessel te sien.
Ons was bly om heelwat besoekers saam met ons te hê. Al Hennie en Magda Theunissen
se kinders en kleinkinders was teenwoordig, asook Ben en Helena Pretorius van
Welkom wat spesiaal vir Doop gekom het. Ons was so bly om vir Helena van Niekerk
van Schweizer Reneke te sien. Sy het by Ben en Charlotte Bamberger van
Bronkhorstspruit gekuier en hulle was regtig baie gaaf om vir haar spesiaal na
Cachet te bring. Ons was ook bly om vir Johannes Coetzee van Springs saam met ons
te hê en hoop om Johannes meer in die toekoms saam met ons by eredienste te hê.
DIENS VAN BARMHARTIGHEID
Diens van Barmhartigheid se komiteelede wil graag vir almal hartlik bedank vir
afgelope jaar se bydraes vir DvB se fonds. Hulle sal volgende jaar weer geldblikkies
uitgee vir fondsinsameling. Hulle sal net "Effata Diens van Barmhartigheid" op die
blik plak - nie nodig vir mense se name op nie.
NUWE KERKRAAD VIR 2003
Die volgende kerkraadslede sal uittree om te rus:
Br Pieter en Sr Elize Reyneke (Krugersdorp)
Sr Trudie Esterhuizen (Kempton Park)
Die volgende persone is gekies om volgende jaar op Kerkraad te dien:
Ds P de W Louw (Ouderling) / Br Hendrik Horn (Ouderling)
Sr Elsa Horn (Diaken)
Sr Stella Botha (Diaken) / Br Dawid Lottering (Diaken)
Vaaldriehoek : Sr Marietjie Cilliers (Diaken)
Klerksdorp: Br Ewert Visser (Ouderling)
Potchefstroom: Br Kotie Botha (Ouderling)
Br Johannes Janse van Rensburg (Diaken)
Bid asseblief vir hierdie Broers en Susters dat die Here vir hulle sal lei en regte
besluit laat neem sodat hulle op Sy roepstem kan antwoord. Mag die Here vir u elkeen
ryklik seën met u regte besluitneming en u antwoord opreg wees.
JEUG AKSIE
Jeug Aksie beplan om volgende jaar T-hemde @ R50 of Golf-hemde @ R70 te verkoop vir
fondsinsameling. Die vorm met meer besonderhede word saam met hierdie nuusbrief vir
lidmate voorsien. As julle belangstel om een van hulle te bestel om Jeug Aksie te
ondersteun, moet julle dié vorm invul en vir Trudie Esterhuizen of een van die
kerkraadslede gee vir bestelling.
Dit sal mooi wees as baie van ons lidmate so iets bestel, sodat ons almal eenders
lyk wanneer ons saam iewers sal byeenkom.
GEMEENTEKAMP BY OOM STAPIE - 14-16 FEBRUARIE 2003
MOENIE VERGEET NIE ! ! !
Ons het reeds twee vorms gekry en wil net vir alle lidmate herinner om asseblief
daardie vorm in te vul en teruggee vir ds Scholtz of Paul en Petro sodat daar in
Januarie reëlings getref kan word vir gemeentekamp.
HOSPITAAL
** Ampie Jacobs se pa (Lichtenburg) was baie ernstig siek en was oorgeplaas na
Olivedale Kliniek (Sandton). Laaste boodskap was op 21 November en hy is nog
steeds in ICU en effens beter. (Lees Ampie en sy ma, Martie se SMS-boodskappe in
hierdie nuusbrief.)
** Catharina van Deventer (Springs) se voet het baie mooi herstel volgens X-strale
op 15 November. (Ons is innig dankbaar saam met jou oor God se genade!)
** Philip Dobson (Worcester) het die nag van 20-21 November om 12.10 hartaanval
gekry - bloedklont deur hart en net betyds by hospitaal. Hy is in ICU by Medi Kliniek -
ernstig en net sy vrou mag paar minute vir hom sien. (Bid asb. vir hom vir spoedige
beterskap.)(22/11 SMS van Philip gekry: "Gaan nou beter met my. Was vanaf Woensdagnag
in intensief sorg na hartaanval. Aar het verkalk. Groete. Philip. Baie moeg.)(25/11
SMS - "Dit gaan beter maar nog in hospitaal. Het gister EKG gedoen. Dr was nie
tevrede. Sal net nou weer EKG en sonar doen. As nie reg, moet Kaap toe vir Angiogram.")
(Baie sterkte word vir jou toegebid! - PP)
** Gerhard Botha (Roodepoort) se moeder het onlangs heupoperasie ondergaan en
sy is reeds by die huis. Bid vir haar vir beterskap.
** Dirk Smit (Kaapstad) lê in ooghospitaal deur besering by sy werk. 'n Stuk
yster het in Dirk se linkeroog geskiet. Weet nie of hy weer kan sien nie, dus bid
asseblief vir Here dat Dirk weer kan sien. Hy was verlede jaar ernstig beseer in
gas ontploffing by Saldanha, maar hy het wonderbaarlik herstel.
** Kobus Greyling (Port Elizabeth) en sy jongste dogter, Dienie (12), was
Sondagmiddag (24 November) in 'n ernstige motorongeluk. 'n Man is dood en vier mense
ernstig beseer nadat twee motors op die N2 buite Port Elizabeth gebots het. Albei
word in Groenacres-hospitaal behandel. (Bid asb. vir hulle, asook Dina-Maria dat
wonderwerk kan gebeur met Kobus en Dienie dat hulle deur God se genade spoedig mag
herstel.)
** Jean Botha van Potchefstroom sal op 26 November oogoperasie by Potchefstroom
Hospitaal ondergaan. (Bid asb. vir haar vir suksesvolle operasie.)
HUWELIK
Philip Dobson van Worcester is op 26 Oktober getroud met mej Elmarie Prins van
Strand. Ds S W Viljoen het die huweliksbevestiging by De la Bat Kerk gedoen.
Baie geluk Philip en Elmarie en mag die Here vir julle baie ryklik seën en Philip
hierdie keer ware geluk vind.
GEBOORTES
** Willem en Dueneen Kruger van Klerksdorp het op 22 September 'n tweede
babadogtertjie ryker geword. Baie geluk Pa en Ma en mag sy baie vreugde vir
julle aldrie verskaf. Mag die Hemelse Vader vir haar ook ryklik seën, veral vir
julle as ouers vir twee mooi dogtertjies.
** Andries en Maria Janse van Nieuwenhuizen (Witbank) is baie opgewonde oor
tweede kleinkind! Hulle oudste seun, Fanie en sy vrou, Sandra het op 22 November
'n seuntjie van 4,19 kg ryker geword. Baie geluk Oupa Andries en Ouma Maria! Mag
hy soos julle kleindogtertjie baie plesier en vreugde verskaf. Mag die Here vir
hom en sy ouers, asook vir julle as grootouers baie ryklik seën.
DOOP
Hennie en Magda Theunissen van Leondale se jongste seun, Leon en Else het besluit
om ter wille van sy dowe ouers hulle eerstelingdogtertjie, Luchelle (+3 maande oud)
op 10 November 2002 by ons gemeente te laat doop. Ag, sy is regtig te pragtig soos
'n pop! Ons kan sien hoe trots Oupa Hennie en Ouma Magda op hulle kleindogtertjie is!
Veels geluk en mag die Hemelse Vader vir Luchelle, asook haar ouers en grootouers
van albei ouers baie ryklik seën en u almal genade van Hom ontvang om vir haar vir
Jesus Christus op te voed met toewyding en groot liefde.
GELOOFSBELYDENISAFLEGGING
** Coenie en Linda Graham van Potchefstroom se dogter, Lizelle het op 3 November
haar geloofsbelydenis afgelê by NG Kerk Potchefstroom.
** Mathie en Hanlie Carstens van Bellville se jongste seun, Gert het ook op 3
November sy geloofsbelydenis by NG Kerk Worcester-De la Bat afgelê.
Baie geluk en mag die Here vir Lizelle en Gert baie ryklik seën en hulle hulle
beloftes aan die Here getrou nakom.
BEDANKING
Joan van der Merwe (Klerksdorp): "Thank you for sharing my grief. I am not alone.
Our Lord, God, Jesus Christ is with me.
I am sure we will never forget Frikkie. Please remember him in your prayers. I
thank God for the many years, we shared together. Although he has gone to a better
place, his presence will be felt for a long time."
INBRAKE
** Andre Swarts (Witfield) vertel dat daar een nag by sy ouerhuis ingebreek was
terwyl almal geslaap het. Hulle het een van die vensters se diefwering afgesaag
en binnetoe gebuig! Hulle het heelwat goed gesteel.
** Daar was presies dieselfde by Frikkie en Stella Botha (Kempton Park) se meenthuis
ingebreek! Altwee se selfone, nuwe faksmasjien, videomasjien, Anton se tekkies,
kontant, ens. is gesteel! Hulle was so geskok en hartseer oor al die skade, maar
dank die Here wat hulle bewaar, want die inbrekers kon hulle leed aangedoen het
as hulle wakker word of hulle in hulle slaap geskiet het!