'n Agtjarige seuntjie word ondersoek deur die kinderarts. Die dokter klop teen sy bors en vra: "Kan jy daai geluid hoor? Dis die geluid wat jou longe maak. Weet jy wat is in jou longe? "Lug" sê die seuntjie.
Die dokter vra weer: "Hoor jy daardie klop geluid? Dit is jou hart. Waarmee is jou hart gevul?"
Sonder om te huiwer sê die seuntjie: "Liefde".
Bron onbekend
Ingegee deur Pikkie Truter - baie dankie
* * * * * * * * *
Tannie vra 'n klein seuntjie vir 'n mooi jong meisie op die strand, gaan Tannie elke Sondag kerk toe?
Ja! sê die meise verbaas.
Is Tannie 'n Christen vra hy weer, sy knik bevestigend.
Bid Tannie elke aand? weer 'n knik.
Sal Tannie asseblief my beursie vashou solank ek gaan swem?
Wys jou net kinderlike vertroue.
Bron onbekend
Ingegee deur Petro Wilson - Baie dankie
* * * * * * * * *
'n Nuwe predikant kom in die gemeente en een Saterdag doen hy huisbesoek. Alles het goed gegaan totdat hy by een huis kom. Dit was duidelik dat iemand tuis is, maar niemand het na die deur gekom nie. Nadat die predikant 'n paar maal geklop het, haal hy 'n kaartjie uit sy sak, skryf agterop "Openbaring 3:20", en skuif dit onder die deur in.
Die volgende Sondag, toe hy die offergawes tel, toe kry hy dieselfde kaartjie in die kollektebordjie. Daar staan toe geskrywe "Genesis 3:10". Hy neem toe sy bybel en nadat hy gelees het, het sy gesig rooi geword en hy het hard gelag.
Openbaring 3;20 lees; "Luister, Ek staan voor die deur en ek klop. As iemand hoor dat Ek hom roep en die deur oopmaak, sal Ek inkom en saam met hom eet en hy sal ook saam met my eet".
Genesis 3;10 lees; "Ek het gehoor U is in die tuin en ek het bang geword want ek was naak'.
"Skrywer onbekend"
In Afrikaans verwerk deur E. Kleinschmidt