Gemeenteblad - http://ngkdelabat.tripod.com


Van die Redaksies
Gebedsversoeke
Die leraars gesels met ons
  Kersboodskappe
Van die Leraars
De la Bat Bellville
Effata Gemeente
Pretoria Dowes
Worcester De la Bat
  Hoogtepunte
De la Bat Bellville
Effata Gemeente
Pretoria Dowes
Worcester De la Bat
  Gemeentenuus
De la Bat Bellville
Effata Gemeente
Pretoria Dowes
Worcester De la Bat
   Artikels
Wat is Advent, Kersfees en epifanie?
Jy soek te veel geluk
Die hemel het 'n nommer
Die ideale vrou
Opstel deur laerskoolleerling
'n Inspirerende storie
Vriendskap
   Gereeld
Grappies en staaltjies
Verjaarsdae
Geestelike stukkies
   Briewe
Al ons lesers gesels saam
   Redaksie
   Redaksie


Vorige uitgawes



HOOGTEPUNTE

WORCESTER DE LA BAT GEMEENTE

FEBRUARIE
1-3 Februarie: Kerkraadskampe op Worcester
Op 1-3 Februarie was daar kerkraadskampe op Worcester. Bellville se kerkraad het ook dieselfde naweek op Worcester by die skool hulle kerkraads kamp gehou en Worcester het by die konsistorie gehou. Saterdagaand het altwee saam gebraai by die ontspanningsklub. Op die Sondag oggend het prop. Niel du Plessies erediens gehou.

22 Februarie: Bevestiging van Mia Potgieter as predikant
Ons het op 22 Feburaie, Vrydagaand vir Mia Potgieter bevestig as predikant. Ds Mia Potgieter gaan in die toekoms saam met ons Dowes werk. Daarna het ons almal na Badenhorstsaal gegaan om tee en koffie te drink en eetgoed te eet.


MAART
2 Maart: Worcester De La Bat Gemeente Basaar
Ons Worcester De La Bat Kerk het op 2 Maart basaar gehou. Bellville se dowes het ook gekom. Dit was baie warm gewees op daardie dag. Dit het baie goed met die basaar gegaan. Die basaar het R 57 000 sover insamel. Ons moet dankbaar wees vir die Here, want Hy het die basaar geseën.

22-24 Maart: Lewensruimte-Kamp by Mooi Hawens
Lewensruimte het 22-24 Maart by Mooi Hawens gaan kamp. Die mediese dokters van Wes-Kaap het 'n golfdag gehou en die geld vir Lewensruimte gegee om te gaan kamp. Hulle het baie lekker gekamp. Vrydagaand het hulle speletjies gespeel. Saterdagoggend het hulle die Harold Porter Botaniese tuin gaan besoek. Saterdagmiddag het hulle gaan swem en na die pikkewyne gaan kyk. Saterdagaand het hulle konsert gehou en speletjies gespeel. Sondagoggend het ds. Smit 'n kerkdiens gehou. Daarna het hulle weer see toegegaan en hulle het lekker krieket en rugby gespeel. Lewensruimte het hul naweek baie geniet. Hulle het veilig terug huis toe gekom.


APRIL
12 April: Fondsinsamelingsfunksie vir Mev. Trudie van Heerden word gehou.
Dit is 'n potjiekos aand, wat baie goed deur almal ondersteun word . Dankie vir almal wat so mooi werk om dit 'n pragtige aand te maak! Die Dowe vroueklub verkoop poeding en pannekoek. 'n Baie mooi bedrag van R2000. word bymekaar gemaak ! ! Ons is ons Hemelse Vader dankbaar vir Trudie se gesondheid en die liefde in mense se harte.

21 April: Dowes gaan vertel van God se liefde en genade vir hulle en die Gemeente:
Op Sondag 21 April is die groepie na Lainsburg, waar hulle gaan getuig het van God se Liefde en Genade. Die Heer het hulle geseën om met kalmte met die gemeente te kon gesels. Hulle het ook vir die Gemeente 'n Gebare- lied geleer. Na kerk het ons saam tee gedrink en het die hoof diaken vir ons vertel van die verskriklike oorstromings by Lainsburg. Mnr. en Mev. Kotze het ook ou kennisse van hulle ontmoet. By Touwsrivier het ons gestop om lekker saam te eet . Dankie Tannie Johanna vir die lekker kos! !


MEI
4 Mei: Bellville Kerkbasaar
Bellville het hul kerkbasaar op 4 Mei gehou. Die kerkbasaar was suksesvol en hulle het R57 000 ingesamel.Die Here het die kerkbasaar geseën.

8 Mei: Tannie Daleen Kruger verjaar!
Saam met die Bybelstudievroue word 'n heerlike partytjie
gehou. Al ons bejaardes deel haar vreugde. Ds. Viljoen lees uit die Bybel en bid vir haar.

18 Mei: Doofblindefunksie:
Almal werk fluks saam om vir die Doof-Blindes 'n lekker middagfunksie in die klubhuis te hou. 'n Vuur word aangesteek,
wors word gebraai en heerlike pannekoek gebak! ! ! Die Doof-Blindes wat nie kan sien of hoor , kan al die lekker eetgoed ruik en warm vuur voel.
Die Doof-Blindes sê baie, baie dankie. Dit is vir hulle baie lekker by die Dowes.

23 Mei: Kerkraadsfunksie:
Die kerkraad en hul metgeselle het die wonderlike voorreg gehad, om saam met 'n predikant van Noorweë, wat vir Dowes
preek te kuier. Wondelik om te gesels en bymekaar te leer van godsdiens, gebed en gewoontes. By die ete was ook mense van Nederland . Die aand word afgesluit met verskillende speletjies en almal lag baie lekker! ! Hulle het belowe om vir ons fotos te stuur van die aand, wat ons vir almal sal wys. Intussen het ons nuus ontvang dat die Ds. van Noorweë, se pa baie siek is en dat ons vir hom moet bid.


JULIE
24 Julie: Kankerpraatjie by Lewensruimte
Sr. Esmerelde Fransman het op 24 Julie 'n kankerpraatjie by Lewensruimte gelewer. Sy het hulle geleer dat dit baie belangrik is om groente en vrugte te eet. Vrugte en groente is belangrik, want dit help om kanker te voorkom. Die gesondheidskomitee van Lewensruimte het dit gereël. Mev. Hermie Jordaan het vir die inwoners van Lewensruimte getolk.

26 Julie: Speletjiesaand by Lewensruimte
26 Julie het die inwoners en personeel van Lewensruimte 'n spelejiesaand gehad. Hulle het baie verskillende soorte speletjies gespeel bv.geld met breinaalde uit die water haal, wasgoedpennetjies ophang ens. Daar was ook heerlike eetgoed te koop.


AUGUSTUS
1 Augustus: Lewensruimte verjaar!
Lewensruimte het op 1 Augustus 24 jaar oud geword. Baie geluk!! Hulle het 10:00 'n verjaarsdagpartytjie gehou. Al die mense het sleutelhouers gekry.

4 Augustus: Bybel vir Dowes
Op 4 Augustus het Bellville De la Bat kerk die nuwe Bybels vir Dowes bekend gestel. Ds. Potgieter, ouderling L. Niemand, Anel Visser en Enrikus Koekemoer het Worcester De la Bat gemeente verteenwoordig. Ons het die nuuste bybelvertaling vir Dowes gaan haal. Ons wil die mense wat besig is om die Bybel vir Dowes te vertaal, bedank vir al hul harde werk. Dit is vir ons lekker om Bybel te kan lees.

2 tot 14 Augustus: Marius Louw
Marius het 2 tot 14 Augustus aan 'n kompetisie in Duitsland deelgeneem. Hy het die SA Sport vir Liggaamlike Gestremdes verteenwoordig. Hy het baie goed gedoen. Hy het een goue en een brons medalje verower. Baie geluk!

31 Augustus: Straatkollekte
31 Augustus was daar weer 'n straatkollekte. Baie mense het weer gehelp. Christo het weer met twee bussies gestaan. Hy het R356,20 ingesamel. Ons het 'n totaal van R5 163,62 ingesamel. Baie dankie aan almal wat gehelp het.


SEPTEMBER
7 September: Doofblindefunksie
'n Lekker vetkoek en pannekoek oggend word gehou vir die Doofblindes.
Almal stap lekker rond en geniet die oggend baie.
Baie dankie aan almal wat gehelp het om dit 'n Spesiale oggend vir die Doofblindes te maak. Dankie vir Mev. Reyneke en Jacobs wat die pannekoek geskenk en gebak het.

24 September: Pretstap
Ouderling Johan Niemand het 'n HEERLIKE Pretstap gerëel!! Baie mense het gekom! Mense op driewiele het ook deelgeneem en ook mense in rolstoele! Dit was so lekker dat daar besluit word dat die Gemeente elke jaar op die 24ste September 'n Pretstap gaan hou. Daar was eetgoed en pannekoek te koop gewees. Alle verkope en geld wat gemaak is die dag word ingesamel vir die 2 fondse naamlik Brood-projek en Trudie van Heerden se siekte-fonds.
'n Baie mooi bedrag van amper R2,000 is ingesamel. Daar word R500 gegee aan die Brood-projek vir arm skoolkinders en die res vir Trudie van Heerden se sieke-koste. Dankie vir elkeen se deelname en bydrae tot die sukses van die dag. Trudie het almal bedank.

September: Nuwe intrekkers by lewensruimte
Daar het vier nuwe inwoners by Lewensruimte gekom en begin werk en woon. Hulle is Alida van Heerden, Japie Davids, Marco van Lis en Jaco Wienand. Ons sê baie welkom aan hulle.


OKTOBER
4 Oktober: Ds. Smith se verjaarsdag
Lewensruimte se mense het op 4 Oktober Ds. Smit se verjaarsdag gevier en hulle het vir hom 'n graaf, 'n hark en plante as presente gegee. Hulle het ook agterna lekker koek geëet en koeldrank gedrink.

5Oktober: Marthinus van Schalkwyk by George aan die Nasionale Gestremde fietsryklub deelgeneem. Hy het 21 kilometers gery en het 2de gekom en prysgeld van R 1000 gewen. Baie geluk, Marthinus!

20 Oktober: Besoek aan Napier
Ds. Viljoen, Ouderling J. Niemand en Christo Smit gaan vertel van God se Groot Liefde en Genade in die Dowe Wêreld hier op Worcester. Na kerk nooi die orrelis en haar man hulle vir lekker tee en wortelkoek !


NOVEMBER
4 November: Kombuistee
Die gemeentevroue hou 'n Kombuistee vir Ds.Potgieter. Sjoe, maar was dit 'n spanning om 'n datum en tyd te kry sonder dat sy dit agterkom!! Ds. Potgieter is baie vinnig om te weet van iets wat gaan gebeur! ! Ons bid haar 'n lang en gelukkige huwelik toe en dat sy ook die werkies in die kombuis sal geniet ! !

8-10 November: Gemeentekamp te Kleinmond
30 Mense van Worcester De La Batkerk het 8 tot 10 November by Kleinmond gaan kamp. Dit was 'n baie lekker kamp. Ds. Viljoen het vir ons mooi geleer wat Uitverkiesing beteken. Ons het lekker langs die see gestap, speletjies gespeel, geslaap en voetbal gekyk. Ons wil vir ds. Viljoen baie dankie sê vir al die reëlings wat hy getref het.

30 November: Kerspartytjie vir Doofblindes
Saterdagoggend op 30 November word daar 'n Kerspartytjie vir die Doofblindes gehou by die Dowe-Klub.


Terug na bo



Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville