Hierdie is 'n baie
goeie storie,lees dit deur tot aan die end.
Ek is 'n ma met drie kinders (ouderdomme 14, 12, 3) en het onlangs my
kollege- opleiding voltooi. Die laaste klas wat ons gehad het was 'n sosiologie
klas. Die lektrise was baie inspirerend met die kwaliteite wat ek graag wil
hê alle mense besit. Die laaste projek wat ons moes doen was getitel "GLIMLAG".
Die klas is gevra om uit te gaan en met drie mense te glimlag en te kyk wat
hulle reaksies is. Ek is 'n baie vriendelike persoon en glimlag altyd met almal
en groet almal, so, ek het gedink dit sal maklik wees om die opdrag uit te voer.
Kort daarna, op 'n mooi Maart oggend, is ek en my man en ons jongste seun na Mc
Donalds om ons seun bietjie te bederf. Ons het in die ry gestaan en gewag om
bedien te word, toe almal rondom ons skielik begin wegskuif het, en toe ook my
man en seun. Ek het nie geroer nie, 'n oorweldigende gevoel van vrees het my
beetgepak toe ek omdraai om te kyk waarheen hulle beweeg het. Toe ek omdraai,
ruik ek 'n aaklige 'vuil liggaam' reuk, en daar agter my sien ek toe twee arm,
hawelose mans. Toe ek afkyk na die kort mannetjie naby my, het hy geglimlag.
Sy pragtige hemelsblou oë was vol van God se lig toe hy gesoek het by my vir
aanvaarding. Hy het gesê "goeie more" terwyl hy besig was om die paar munte
wat hy vasgehou het uit te tel. Die tweede man het gevroetel met sy hande waar
hy agter sy vriend gestaan het. Ek het besef die tweede man was verstandelik
gestremd en die man met die blou oë was sy redding. Ek het my trane gekeer
terwyl ek daar by hulle gestaan het. Die dame by die toonbank het gevra wat
hulle wil hê. Hy het gesê "net koffie juffrou, want dit is al wat ons kan
bekostig". (As hulle in die restaurant wou sit om uit die koue te kom, moes
hulle iets koop) Toe skielik het ek dit gevoel, dat ek amper uitgereik het en
die man met die blou oë omhels het. Dit is toe dat ek opgemerk het al die oë
in die restourant was op my gerig om te sien wat ek sal doen. Ek het geglimlag
en die dame agter die toonbank gevra om nog twee ontbytetes vir my op 'n aparte
skinbord te gee. Ek het toe na diehoektafel waar die twee mans gesit het geloop. Ek het die skinkbord voor
hulle neergesit en my hand op die man met die blou oë se koue hand geplaas.
Hy het na my opgekyk met trane in sy oë en gesê "baie dankie". Ek het oorgeleun
en sy hand gedruk en gesê "Ek het dit nie vir jou gedoen nie. God is hier besig
om deur my te werk om jou hoop te gee". Ek het begin huil toe ek terugstap na my
man en seun. Toe ek gaan sit het my man geglimlag en gesê " Dit is waarom God
jou vir my gegee het, Liefste, om my hoop te gee. Ons het vir 'n oomblik hande
vasgehou en toe het ons geweet dat dit net deur God se genade aan ons is dat ons
aan ander kon gee. Daardie dag het aan my die suiwer lig van God se liefde gewys.
Ek is op die laaste dag van die kollege terug na die klas met my storie in my hand.
Ek het my "projek" ingehandig en die lektrise het dit gelees. Toe vra sy of sy
dit vir die klas kan lees. Ek het stadig geknik en sy het die aandag van die
klas gekry. Sy het begin lees en dit is toe dat ek geweet het dat ons mense
deel van God is, en dat ons moet uitreik na ander mense in nood om hulle heel
te maak en om dan ook self heelgemaak te word. Op my eie manier het ek die mense
by Mc Donalds, my man, my seun en elke siel in die klaskamer aangeraak op
daardie laaste aand wat ek student was by die kollege. Ek het geslaag met
die grootste les wat ek ooit sal leer.
Terug na bo
|