Gemeenteblad - http://ngkdelabat.tripod.com


Van die Redaksies
Gebedsversoeke
Die leraars gesels met ons
  Kersboodskappe
Van die Leraars
De la Bat Bellville
Effata Gemeente
Pretoria Dowes
Worcester De la Bat
  Hoogtepunte
De la Bat Bellville
Effata Gemeente
Pretoria Dowes
Worcester De la Bat
  Gemeentenuus
De la Bat Bellville
Effata Gemeente
Pretoria Dowes
Worcester De la Bat
   Artikels
Wat is Advent, Kersfees en epifanie?
Jy soek te veel geluk
Die hemel het 'n nommer
Die ideale vrou
Opstel deur laerskoolleerling
'n Inspirerende storie
Vriendskap
   Gereeld
Grappies en staaltjies
Verjaarsdae
Geestelike stukkies
   Briewe
Al ons lesers gesels saam
   Redaksie
   Redaksie


Vorige uitgawes



GEMEENTENUUS

IN EN OM DE LA BAT GEMEENTE BELLVILLE

BYBELVERTALING
Die Bybelvertaling vir Dowes is nou amper 70 % klaar. Ons is nou besig met Psalms, en daar is 'n paar Psalms wat baie mooi klink, en soos wat prof. Bart Oberholzer sê: Nou sal baie horendes ook kan verstaan wat die Here daar vir ons gesê het. Ons het in Julie die 4 Evangelies ontvang, en dit lyk of Dowes dit baie geniet en lekker lees daaruit. Ons gemeente het begin om saam elke dag 'n deel uit die Bybel te lees, en dan kan ons lekker saam gesels daaroor en as daar 'n probleem of 'n vraag is, dan weet almal waaroor dit gaan. Ons gee elke maand vir al ons lidmate die leesprogram vir elke dag. Ander Dowes wat ook 'n program vir die Bybellees wil hê, kan vir ons skryf of vir Nicolene vra. Ons is nou al klaar met 8 hoofstukke, en in die begin van Desember lees ons by Matteus 6:9.


STERFGEVALLE
Die jaar 2002 was 'n baie swaar jaar vir ons gemeente. Ons het baie van ons lidmate verloor deur die dood, baie meer as ander jare. Ook baie van ons lidmate se ouers en familie het gesterf, en ons het weer besef dat 'n mens se dood net een asem ver is. Kom ons bid dat die Here vir ons wat sterk en gesond is, elke dag sal help om te onthou dat dit net tyd is wat tussen ons en die dood is, en dat ons ook een van die dae/jare in 'n kis sal lê. Ons weet nie wanneer dit sal wees nie, kom ons lewe asof vandag ons laaste dag is, en gebruik elke geleentheid om te doen wat die Here vir ons vra.


RUSOORD
Ons Rusoord vir Dowes is 'n seëning wat die Here vir ons gegee het. Dit is 'n wonderwerk dat ons dit reggekry het om dit te bou, en dat ons die groot klomp skuld afgekry het, en nou net R 60 000 skuld op die geboue. Ons het 2 maatskaplike werkers gekry wat baie van Dowes af weet, Francis Prinsloo en Cathy van Wyk, en hulle het baie mooi gekyk na ons hele struktuur en alles wat ons doen, en hulle het baie voorstelle gemaak wat ons wil aanvaar en doen. Ons vra vir almal om saam met ons te bid en vir die Here dankie te sê dat Hy so goed was vir ons, en dat Hy vir ons sal help om al die dinge te doen wat ons moet om so te verander dat alles goed en reg loop daar. Ons wil ook 2 komitees hê, een wat kyk na die sake van elke dag, en een wat net kan werk vir fondse insameling. Wie stel belang om vir ons te help? Stuur asb. u naam vir mev. Serfontein (Faks: (021) 948 5000) of vir Ds. Hough.

'n Nuwe inwoner het so pas twee weke by Rusoord ingetrek. Dit is Bettie Teubes, namens alle Rusoord inwoners wil vir jou baie welkom sê en mag jy baie gelukkig wees saam met ons.


DOWE SINODE
Volgende jaar in Maart gaan ons weer dowes sinode hou by die Effata gemeente. Ons gemeente het 4 lede gekies om ons te verteenwoordig. Hulle is Tony Salie, Johannes Brink, Wykie Gous, Wouter van Zyl. Daar is belangrike sake wat bespreek moet word. Dankie vir Effata se mense wat al die reëlings moet tref.


GESINSKAMP
Ons lidmate is lekker uitgehonger vir 'n gesinskamp volgende jaar. Ons wil net na ons basaar in Mei gaan kamp, en ons hoop om weer baie van ons lidmate daar te hê sodat ons mekaar kan geniet en ook saam kan leer wat die Here vir ons gee in ons gesinne. En die mense wat nog nie gesinne het nie, moet opskud, die tyd is min.


DOWE RESEPTEBOEK
Weet julle hoekom is party van ons mans so maer en uitgehonger en sonder krag? Dit is omdat mamma nie altyd weet watter kos om te maak wat lekker is en wat ook maklik is nie. Marisa du Plessis, (volgende jaar van der Merwe) is ons hoofkok, en sy gaan resepte bymekaarmaak en dan gaan ons 'n mooi resepteboek uitgee. Stuur asb. julle resepte met jou naam, en as jy 'n kort storie saam wil stuur is jy welkom.


KERKDIENSTE IN DESEMBER - DS. HOUGH
Die kerkraad het vir my gevra om hierdie jaar asb. my verlof eers na Kersfees te neem, en ek het dit so gedoen. Ek sal Kersfees hier wees, ons Kersfeesdiens begin om 9:30 soos altyd. Maar daar is nie 'n kerkdiens op oujaarsdagaand nie. Te veel mense sê hulle is bang om so laat in die aand te ry en dan is daar baie dronk bestuurders op 31 Desember wat baie gevaarlik is. Die meeste van ons wat weggaan, is weer terug op Sondag 19 Januarie, en ons week van gebed begin op Maandag 20 Januarie. Ons wil graag ons gemeente se jaarprogram uitgee op Sondag 1 Desember.


BEDANKINGS
Aan die einde van die jaar is 'n mens dankbaar vir baie mense wat lekker hard gewerk het en wat dinge gedoen het wat dit vir ander mense makliker gemaak het. As ons vir mekaar dankie sê, dan is dit maar net 'n klein woordjie, maar weet dat die Here vir elkeen sal dankie sê wat hard gewerk het vir Hom. En as God vir jou dankie sê, dan sê Hy: "Mooi so goeie dienskneg, jy was getrou in hierdie klein werk wat Ek vir jou gegee het, nou sal Ek vir jou 'n baie wonderlike werk in die hemel gee." Dankie vir elke lidmaat, elke kerkraadslid, elkeen wat ons gemeente gehelp het, ons maatskaplike werker en ons skriba, en vir Nicolene ons redaktrise wat elke maand hard gewerk het om nuus uit ons te kry en dit so mooi gemaak het dat almal dit kan lees en asook vir Magda wat gemeenteblad en nuusbrief op die internet plaas, en vir Tony wat dit vir ons gedruk het, en almal wat gehelp het. Baie baie dankie.


AFSLUITING BY ONS VER WYKE
Ons gemeente is baie groot en ons kan nie altyd gereeld uitkom by al ons lidmate nie. Maar aan die einde van elke jaar, kan mens weer sien hoe wonderlik die liefde is wat ons vir mekaar het, wanneer ons baie moeite doen met ons afsluitings. Op Sondag 3 November het ons eers kerk gehad in Bellville, en daarna kerk by Laaiplek (wyk 8). Miskien weet baie mense dit nie, maar die persentasie van kerkbywoning van die lidmate van Laaiplek, is meer as 90%. As daar kerk is, dan kom die mense. As iemand nie kan kom nie, dan vra hy of sy verskoning, maar amper almal is gewoonlik daar. En hulle maak baie moeite, hulle maak die lekkerste kos en werk hard en maak dit maklik vir iemand om daar te gaan preek. Baie dankie julle.

Die dowes in die Hermanus-distrik is net so getrou met hulle kerkbywoning. Ons het op 10 November ook daar 'n afsluiting gehou by Mattie de Jager se huis. Party van hulle moet baie ver ry om kerk te kom bywoon, en ons het nou ook weer 'n kerkraadslid gekies in daardie deel (wyk 9). Ernst Blignaut sal volgende jaar die dinge daar reel, en ons glo dat ons lidmate daar sal volgende jaar gereeld geestelike kos kry en nog lekkerder saamwerk om te wys hoe lyk die Liggaam van die Here, die kerk.

Ons het op 10 November ook 'n afsluiting gehou van die kerkdienste op Wellington. Gelukkig is Wellington en Paarl nie so baie ver van Bellville af nie, en die lidmate het besluit dat dit vir hulle beter sal wees om Sondae kerk by te woon op Bellville, en daarom gaan ons nie meer elke maand daar 'n kerkdiens hou nie. Dankie ook vir julle mooi samewerking en hulp met julle verkopings.


DEON EN LYNN SE BABA
Uiteindelik die beloofde foto! Hier is Gideon Joshua (Josh) Thirion, seuntjie van Deon en Lynn. Hier is hy al 6 weke oud op die foto. Die kliniek sê ons sal seker nog eendag in die Huisgenoot lees van hom, omdat hy so groei teen die spoed van lig. Hy is nou al 61,5 cm lank en weeg 5,4 kg! Hy is 'n baie rustige, soet baba, en ons geniet hom vreeslik. Die oumas, oupas, ooms en tannies wil hom natuurlik net opvreet.


KERKKANTOOR TOE TUSSEN KERSFEES EN NUWEJAAR
Ons Kerk-kantoor sal gesluit wees tussen Kersfees en Nuwejaar. Mense wat die Skriba of Maatskaplike werker wil sien, moet voor die tyd vir hulle kontak, of wag tot in die nuwe jaar. En onthou dat Ds. Hough ook met verlof sal gaan vanaf 27 Desember 2002 tot 10 Januarie 2003.


ROLBAL NUUS!!! ROBAL NUUS!!!
Dit is nou weer rolbal tyd en nuwe seisoen het aangebreek. Die rolbalspelers is besig om weer hard te oefen en kompetisies te speel. Ander rolbalspelers wat nog slaap, moet nou opskud, die vakansie is verby en harde werk lê nog voor. Volgende jaar sal daar SA Dowes Rolbal Kampioenskap by Drakensberg, Durban plaasvind. Datum vir toernooi is vanaf 28 April 2003 - 3 Mei 2003.


BAIE GELUK!
Raysford Cruywagen en Winston Swartz is gekies om vir SA Dowes Kampioenskap te speel. Dit sal 4de Internasionaal Dowes Rolbal Kampioenskap wees. Die wêreld toernooi sal vanaf 2 Januarie - 14 Januarie 2003 by Christchurch in Nieu-Seeland plaasvind. Ons vertrek op 28 Desember vanaf Kaapstad na Johannesburg. Drie ure later vertrek ons met Qantas vliegtuig na Sidney toe. Dan van Sidney na Christchurch toe. Hou vir ons asb. duim vas sodat ons goed sal vaar vir wereldbeker!!! Wie weet, dalk wen ons die wêreld beker!!! Kom hoor by ons later hoe dit gegaan het.


GOEIE NUUS!
Ek het onlangs gehoor dat Martie Spence by Oakdale rolbalklub aangesluit het. Mooi so! Martie! Ek hoop jy sal jou rolbal geniet. Ek hoop daar kom nog dowe vrouens by rolbal om aan te sluit. Onthou, daar is baie jong manne wat speel, nie ou manne nie!
Ingestuur deur Raysford Cruywagen


SOEK PENMAATS
Ek soek asb dowe / hardhorend / horende penvriendin. Penvriendin, 20 - 27 jaar oud is welkom om aan my te skrywe. Ek is 78% doof, lidmaat van NG Kerk. Bruin oë en ligbruin kort hare. Ek is 1,64 m lank, weeg sowat 55 kg. Slegs ongetroude dames asseblief. My adres is: Mnr. B.J. Kuhn, Markstraat 12, Malmesbury, 7300. Namibiërs is ook welkom. My selnommer is 082 399 1899.


TOLK
Kommunikasie-kommissie het besef ons het tekort aan tolke. As daar enigeen wie se familie of vriende wat goed kan tolk, is welkom om die skriba te kontak. Ons het ook gesels dat die dowes ook kan tolk deur middel van 'n rekenaar voor op die preekstoel. Ons sal volgende jaar meer aandag gee daaraan.


WOEKERGELD
Julle moet asseblief onthou dat die woekergeld vir die kerk se sperdatum die einde van Januarie maand is. Hoop julle kan lekker iets verkoop en geld maak om ons kerk se finansiële behoeftes te verlig.


JAARPROGRAM
Ons beoog om 'n jaarprogram op 1 Desember uit te deel, as julle graag die jaarprogram wil hê, kontak die skriba (021) 948 5000.


SENDINGWERK
Uitreik (Ingestuur deur Tony Salie)

Ons het op 3 November 2002 die oggend Stellenbosch toegegaan en daat het ons 'n paar dowes by Frederick en Thelma Faroa se huis kerkdiens gehou. Die middag het ons lekker by hulle geëet. Daarna gaan ons die ouetehuis in Cloetesville in Stellenbosch gaan besoek en daar bly 200 inwoners en een van die oudonderwyseres, mej. Afrika bly ook daar en ons het God se woord vertel en vir die oues van dae gebid. Hulle was baie opgewonde dat ons vir hulle nie vergeet het nie. Ons was laat agtermiddag daar weg en die sagte milde reën het geval toe ons op pad huiswaarts was. Ons dank die Here dat ons ook 'n goeie dag gehad het.

Sendingwerk en Evangelisasie kommissie het baie planne vir volgende jaar. As daar iemand is wat graag wil betrokke raak by Sending, kan julle gerus vir Naomi of vir Nicolene kontak.


TROUE
Hendrika Mouton se seun, Wilfred is op 15 November 2002 by De la Bat Kerk met Elmarie getroud.


VERLOWING
Johan en Zita du Plessis se jongste dogter, Marianne is op 31ste Oktober 2002 aan Derrick Brown verloof geraak.


WYK 7 HOU ROMMELVERKOPE
Wyk 7 het in November maand rommelverkope in wellington gehou, en ons het amper R600 gemaak.

Op 30ste November 2002 hou ons biduurafsluiting en afskeidsete by Bernadus Meiring se huis. En ook vir hulle afskeid neem, hulle verhuis Januarie na Saldanha.


GEWOND
Claudell Smit se oudste seun is op 14 November op 'n Donderdag deur bende geskiet. Kom ons hou ernstige voorbidding vir hierdie familie.


KOMMUNIKASIE KOMMISSIE SKENK GELD AAN DIE KERK
Kommunikasie kommissie het op 1 Sondag 'n groot dankofferfees ete gereël. Hulle het altesaam R925,00 ingesamel en dit vir die kerk geskenk. Ons dank die Here vir sy voorsieninge.


BASAAR 2003
Ons beplan om volgende jaar 2 basaar te hou. Die voorlopige datums sal op 10 Mei en 2 Augustus wees. Op 10 Mei sal die kerk se verjaarsdag wees. Julle kan nou al solank begin daaraan dink hoe om volgende jaar se basaar suksesvol te maak.


BAIE GELUK
Op 16 November 2002 is Armand Kleinscmidt (Ernst se oudste seun) gekies as provinsiale direkteur van DEAFSA. Baie sterkte Armand met die groot taak wat jy moet aanpak.


UITTREKSEL KOERANTBERIG IN RAPPORT

DOWES WIL HOF TOE Ná AFDANKING

Vir byna twee jaar was drie tikoperateurs van 'n maatskappy in Bellville die trots van kollegas omdat hulle 'n hond uit 'n bos kon tik. Hul gehoorgestremdheid het nie in hul pad gestaan nie. Mev. Elma Kitshoff en Rita Shaw van Bellville en Christa Vivier van Goodwood beweer hulle is onbillik afgedank. Hulle het pligte bygekry wat verbale kommunikasie noodsaak en hul dienste is beëindig. Vivier is die eerste getref. Sy is 'n geskeide ma met twee kinders wat sy moet onderhou. Kitshoff het nie meer lus om verder te leef nie "Waar gaan ek nou werk kry" Ons toekoms lyk bleek. Kitshoff sê: "Vir amper twee jaar was ons goed genoeg wees. Hulle kon daarin slaag om met kollegas te kommunikeer. Die naaste wat die vroue aan die gebruik van telefone kom, is om kort boodskappe oor hul selfone te stuur. Die drie eis nou in totaal meer as R200 000,00 van CFG. Die maatskappy weier om te betaal en glo hulle het niks verkeerd gedoen nie. 'n Bedingingsvergadering het glo ook niks opgelewer nie. Prokureur, me. Von-Mari Marais wat namens die vrouens optree, het bevestig dat sy besig is om dokumente op te trek vir arbeidshof. Basies moet die vroue bewys dat hulle onbillik afgedank is. Hoewel dit 'n baie sterk saak is, kan mens nie nou al voorspel wat die uitkoms gaan wees nie. Vivier stel nie belang in die geld nie. Sy wil haar werk terug hê. Hulle is seergemaak, hulle het goeie werk verrig en nou moet hulle so bedank wod.

(Kom ons dink aan hierdie 3 vrouens wat nou in moeilike tyd beleef en dat als goed sal verloop en dat hulle op die ou end regverdig sal behandel word - Red)


Terug na bo



Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville