Gemeenteblad - http://ngkdelabat.tripod.com


Van die Redaksies
Gebedsversoeke
Die leraars gesels met ons
  Kersboodskappe
Van die Leraars
De la Bat Bellville
Effata Gemeente
Pretoria Dowes
Worcester De la Bat
  Hoogtepunte
De la Bat Bellville
Effata Gemeente
Pretoria Dowes
Worcester De la Bat
  Gemeentenuus
De la Bat Bellville
Effata Gemeente
Pretoria Dowes
Worcester De la Bat
   Artikels
Wat is Advent, Kersfees en epifanie?
Jy soek te veel geluk
Die hemel het 'n nommer
Die ideale vrou
Opstel deur laerskoolleerling
'n Inspirerende storie
Vriendskap
   Gereeld
Grappies en staaltjies
Verjaarsdae
Geestelike stukkies
   Briewe
Al ons lesers gesels saam
   Redaksie
   Redaksie


Vorige uitgawes



EFFATA GEMEENTE SE KERSBOODSKAPPE


  • Tertia Carstens, Paul, Petro Frylinck en alle kinders (Kempton Park) - "Aan alle lesers van 4 Gemeentes, al ons familie, vriende, ds. Scholtz, ds. Louw, ds. Viljoen, ds. Smit, ds. Hough en ds. Oberholzer en hulle gesinne wens ons hiermee 'n Geseënde EN ryklike Christusfees en 'n voorspoedige 2003 toe. Mag die gawes van Kersfees geloof, hoop en liefde elke dag met ryke vreugde vul. Ons bid dat al u verwagtinge vir die Nuwejaar deur die seën van Onse Hemelse Vader bewaarheid sal word. Met innige groete in Jesus Christus." EN hou lekker vakansie en kom veilig terug met nuwe vooruitsigte en drome vir die nuwe jaar 2003!!!

  • Johanna Kritzinger (Strand) - "Geseënde Kersfees en Voorspoedige Nuwe Jaar vir julle en bekende Dowes en Dominees. Mag die Here julle lewe lank spaar en julle beskerm wanneer julle met vakansie is. Ek hoop dat julle ook sal geniet in die vakansie. Met liefdegroete."

  • Ewert en Rina Visser (Klerksdorp) - "Liewe Effata Lesers, Ons wens vir alle Broers en Susters 'n Gelukkige Kersfees en Voorspoedige Nuwejaar 2003 toe. Mag die Here julle elke dag seën sonder ophou en julle moet in Hom glo. Geniet die vakansie, maar moenie van die Here vergeet nie. Liefdegroete."

  • Frans, Louisa Herholdt en gesin (Elsburg) - "Aan Ds A en Dr I Scholtz, al die dominees van dowe gemeentes, al die gemeentelede, vriende, familie - Geseënde Kersfees en Voorspoedige Nuwe Jaar. Matteus 1:23 - "Die maagd sal swanger word en 'n Seun in die wêreld bring, en hulle sal Hom Immanuel noem". Die naam beteken God by ons. "

  • Hennie en Magda Theunissen (Leondale) - "Ons wens aan Familie en Dowe vriende 'n Geseënde Kersfees en Nuwe jaar toe vir 2003. Mag die Here elke dag van die lewensjaar ons almal vul met lieflike seën, vrede en vreugde. Baie liefdegroete aan almal en hou ook lekker vakansie en mooi veilig ry."

  • Gerrie en Marietjie van Tonder (Vanderbijlpark) - "Ons wens hulle Ds Andries en sy vrou, asook alle predikante vir Dowes en alle Dowes 'n baie Geseënde Kersfees en 'n Voorspoedige Nuwe Jaar toe. Aan almal wat op vakansie gaan, reis veilig en kom veilig terug. Aan julle Paul en Petro. Ons glo nie ons het meer woorde vir julle nie, julle is alles in ons Dowes se lewe met julle werksaamhede onder ons Dowes. God seën julle ryklik, gaan so voort. Groete en Liefde in die Naam van Jesus Christus."

  • Louw and Rosemary Engelbrecht (Brakpan) - "Merry Christmas and a Prosperous New Year to all Deaf friends and their families. May you all have nice holiday."

  • Michael en Shirley Eileen Pickford (Brakpan) - "To Deaf Colleagues of South Africa and the continent wishing you all a Happy prosperous Xmas and a joyful one 2002. May the year 2003 bring you all good wishes looking forward to meeting you all in person. Remember we can't change the past but we can all stand in unity and shape the future. With best wishes and may God hand be a shield to protect you all in times of distress. Happy New Year 2003. With Love. Aan Dowe Kollegas van Suid Afrika en die vasteland. Mag hierdie tydperk van Kersfees 'n aangename en gelukkige vir julle bring 2002. Mag die goeie wense en voorspoed vir julle almal bring 2003. Onthou ons kan nie die verlede verander nie, maar om saam te staan kan ons die toekoms saam bou. Met goeie wense en mag die Here se hand julle almal beskerm. Voorspoed vir Nuwejaar 2003. Met Liefde."

  • Koos en Bertha Smit (Triomf, Johannesburg) - "Liewe Alle Lesers, Geseënde Kersfees en Voorspoedige Nuwe Jaar word julle almal toegewens. Hy sal besonder wees en die Seun van Allerhoogste God genoem word. Mag julle lekker vakansie hou en kom veilig terug. Groete."

  • Mias en Linda Theron (Benoni) - 'n Kersgebed: "Liefdevolle God en Vader, ons dank U vir die vreugde van hierdie dag. Ons dank U vir die geskenke wat ons ontvang het, vir die vreugde wat ons met mekaar kom deel, vir die maaltye wat ons saam geniet het, vir die gesellige verkeer saam met vriende en familie. Ons dank U vir die vrede en welwillendheid wat daar vandag onder ons geheers het. Gee dat dit nie maar net vir vandag so sal wees nie, maar dat ons die Kersvreugde en Kersgesindheid sal uitdra in al die gewone lewensdae. Vanaand dink ons in die besonder aan hulle vir wie die Kersdag nie 'n dag van vreugde was nie. Seën almal wat bedroef is en vir wie die hartseer erger is juis omdat almal rondom hulle vrolik is. Seën hulle wat sonder vriende is, sonder tuiste, sonder 'n familiekring en met niemand om aan hulle te dink nie. Wees met hulle in hul eensaamheid om hulle te vertroos en op te beur. Almagtige God, ons dank U vir hierdie dag. Laat ons elke dag ons dankbaarheid ten volle uitleef. Deur Jesus Christus, ons Here."

  • Frikkie en Stella Botha (Kempton Park) - "Geseënde Kersfees en Nuwejaar. Mag die Here vir julle seën met Kersdag en Nuwejaarsdag. Groete."

  • Helena van Niekerk (Schweizer Reneke) - "Ek wens al ons Dowes en Horendes 'n geseënde Kersfees en 'n voorspoedige Nuwe jaar toe. Dié wat op vakansie gaan, hou lekker vakansie en kom veilig terug. Ook vir Dominee hulle. Liefde & groete."

  • Rita Greeff (Victoria Wes) - "Gelukkige en geseënde Kersfees vir alle Dowe vriende en Ds-hul. Voorspoedige Nuwe Jaar wens ek aan almal toe. Die Here sal almal bewaar op die lang pad en hulle veilig huistoe bring. Hy sal julle nooit verlaat nie en Sy oë bly altyd gerig op ons almal. Liefde in Jesus Christus."

  • Maatjie Potgieter (Drie Riviere) - "Liewe Ds Andries en Dr Ingrid Scholtz, Broers en Susters van ons gemeente, Ek wens almal Geseënde Kersfees en Voorspoedige Nuwejaar 2003 toe. Mag God Hom hierdie Kersfees en reg deur die jaar met liefde en krag openbaar. Mag God ons Vader en die Here Jesus Christus vir julle almal genade en vrede gee. Hoop almal wat met vakansie weggaan, geniet die heerlike ruskansie baie. Bly dat almal weer veilig terugkom en dat die Here elkeen sal bewaar. Innige seënwense en hartlike groete."

  • Pieter en Elize Reyneke (Krugersdorp) - "Aan almal van Effata gemeente en vriende. Vrede op aarde, het die Engele gesing. Mag daardie vrede hierdie Kersfees en in die Nuwejaar u vervul. Mag julle vakansie baie geniet en veilig terugkom by ons gemeente. Groete."

  • Joubert en Elize Schreuder (Graskop) - "Aan almal wil ons toebid: 'n Geseënde Kersfees en 'n Voorspoedige Nuwejaar. (Ons is nou vrygekoop deur die bloed van Jesus. God luister nie eens na die ou draak nie! Jesus het ons mos skoon gewas met sy bloed. God is die OORWINNAAR. Halleluja! Die wêreld kan Jesus Christus nie begrawe nie. Die aarde kan Hom nie hou nie. Hy leef en Hy kom weer! (Finesse - Hennie Stander) Mooi bly. Baie Jesusliefde."

  • John en Olivia Trollope (Alberton) - "Een van die sleutel boodskappe van Kersfees is dat God ons wil leer om lief te hê. Ons word geleer van selfopofferende liefde. Christus offer Sy hemelse bestaan, en later Sy lewe ter wille van die mensdom. God het Sy Seun gestuur, omdat Hy ons liefhet. Kersfees sê telkens dat die liefde seëvier. Kersfees vra dat ons ook sal liefhê ... meer as waartoe ons vanself in staat is. Mag u hierdie Kersfees Sy liefde ervaar. Geseënde Kersfees vir almal. Liefdegroete in Jesus Christus."

  • Rosalie Schurink (Kempton Park) - "Aan Bybelstudie Groep - Dankie dat ek die voorreg gehad om julle te leer ken. Mag ons Here jul seën en die ou storie van Jesus se geboorte opnuut maak. Mag sy liefde julle ontferm vir die jaar wat voorlê. Vrouebybelstudie - Dankie vir jul liefde, vriendelikheid en bereid om gereeld saam die Here te aanbid. Kersfees saam met familie/vriende - mag dit geseënd en vrolik wees. Ouetehuis - Vir julle behou ek 'n spesiale liefde. Julle het my baie geleer van die lewe en dis altyd vir my so lekker om daar te kuier. Julle laat my altyd welkom voel. Mag die Here jul seën met sy liefde. Vir die jaar 2003 - Mag die Here soos in die verlede jul diep seën met alles wat goed is. En vir al ons gemeentelede, asook ons 2 dominees - Geseënde Kersfees en mag nuwe jaar, alles wat mooi is, alles wat lieflik is, aan julle gegun word deur God van liefde. Agapé."

  • Christo Smit (Lewensruimte, Worcester) - "Aan alle Effata vir Dowes-Lesers, Met beste wense vir 'n baie Geseënde Kersfees en vir 'n Voorspoedige Nuwe Jaar 2003. Geniet baie lekker ruskans en heerlike vakansie saam met Kersfees en Nuwe Jaar hou. Kerswense vir julle."

  • Jannie en Jessie Oosthuizen (Danabaai) - "Seënwense vir Kersfees en mag die komende jaar gevul wees met blydskap en liefde."


Terug na bo



Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville