Gemeenteblad - http://ngkdelabat.tripod.com


Van die Redaksies
Gebedsversoeke
Die leraars gesels met ons
  Kersboodskappe
Van die Leraars
De la Bat Bellville
Effata Gemeente
Pretoria Dowes
Worcester De la Bat
  Hoogtepunte
De la Bat Bellville
Effata Gemeente
Pretoria Dowes
Worcester De la Bat
  Gemeentenuus
De la Bat Bellville
Effata Gemeente
Pretoria Dowes
Worcester De la Bat
   Artikels
Wat is Advent, Kersfees en epifanie?
Jy soek te veel geluk
Die hemel het 'n nommer
Die ideale vrou
Opstel deur laerskoolleerling
'n Inspirerende storie
Vriendskap
   Gereeld
Grappies en staaltjies
Verjaarsdae
Geestelike stukkies
   Briewe
Al ons lesers gesels saam
   Redaksie
   Redaksie


Vorige uitgawes



Jy soek te ver na geluk

1 Tess. 5:18Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Jesus Christus van julle verwag.

Sê jy dat jy nie altyd geluk kry nie? Wat is geluk?

Gaan sit iewers alleen, neem 'n stukkie papier en 'n potlood en skryf dan op wat jy het:

Jy het 'n lewensmaat,
jy het 'n gesin,
jy het vriende,
jy het 'n werk,
jy het 'n huis,
jy het 'n tuin,
jy het kos en klere, gesondheid.
Is jy nie baie gelukkig om dit alles te hê nie? Wat wil jy hê om gelukkig te wees? Maak jou lysie. Baie geld en …En nou? Jy het 'n probleem. Miskien gaan jy jou lewensmaat verloor vir baie geld, omdat jy nie tyd het nie. Miskien verloor jy jou gesin, omdat jy te besig is. Miskien verloor jy jou goeie vriende,want hulle pas nie by jou nuwe lewe nie. Jy het baie geld, maar jy is brandarm! Want jy het die sin van die lewe verloor. Jy het jou siel verloor. Jy soek te ver na geluk. Die enigste ware geluk is 'n dankbare hart wat liefde gee vir mense. Wees dankbaar en loof God vir alles wat jy het.


Terug na bo



Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville