Gemeenteblad - http://ngkdelabat.tripod.com


Van die Redaksies
Gebedsversoeke
Die leraars gesels met ons
  Kersboodskappe
Van die Leraars
De la Bat Bellville
Effata Gemeente
Pretoria Dowes
Worcester De la Bat
  Hoogtepunte
De la Bat Bellville
Effata Gemeente
Pretoria Dowes
Worcester De la Bat
  Gemeentenuus
De la Bat Bellville
Effata Gemeente
Pretoria Dowes
Worcester De la Bat
   Artikels
Wat is Advent, Kersfees en epifanie?
Jy soek te veel geluk
Die hemel het 'n nommer
Die ideale vrou
Opstel deur laerskoolleerling
'n Inspirerende storie
Vriendskap
   Gereeld
Grappies en staaltjies
Verjaarsdae
Geestelike stukkies
   Briewe
Al ons lesers gesels saam
   Redaksie
   Redaksie


Vorige uitgawes



Só lyk die ideale vrou

Spreuke 31:10-31
'Sy pak die werk aan met krag, haar hande staan vir niks verkeerd nie.
As sy praat, is dit met wysheid; as sy leiding gee, is dit met liefde. Haar
kinders prys haar, haar man bewonder haar.' Spreuke 31:17,26,28

Dié vrou wat Lemuel se ma beskryf, gee die meeste van ons 'n geweldige minderwaardheidskompleks. Want nie net is sy die volmaakte huisvrou nie, maar sy is ook 'n 'vervaardiger, invoerder, bestuurder, grondbesitter, boer, kleremaker, stoffeerder en handelaar!' (Die Bybel in praktyk). En dis nog lank nie al nie. Sy is meer werd as edelstene. Sy staan douvoordag op. Sy pak haar werk aan met krag. Sy het 'n oop hand vir die armes. Sy skinder nie, en sy het nie probleme met haar man of kinders nie. En hierdie vrou het geen elektriese apparate gehad om haar werk ligter te maak nie. Sy kon nie haar kos klaargaar by die supermark gaan koop nie. Sy moes haar en haar huisgesin se klere self maak - tog 'lag sy oor die dag wat kom' (Spreuke 31:25, 1953-vertaling).
Die geheim van hierdie merkwaardige vrou kry ons in vers 30b: '…. as sy die Here dien, dán verdien 'n vrou om geprys te word'. Hierdie vrou met haar besonderse eienskappe vertrou dag vir dag op die Here vir krag en bemoediging. Nie een van ons het genoeg tyd tot ons beskikking om so 'n Spreukevrou te kan wees nie, maar ons kan wel by haar kers opsteek en sorg dat haar geheim deel van ons word. Elkeen van ons kan wel 'n vrou wees 'wat die Here dien'.
En wanneer jy hierdie ideale vrou van Spreuke 31 se geheim in jou eie lewe toepas, sál jy ontdek dat jou huiswerk sommer ligter word. Dat jy jou kinders beter hanteer, dat jou huwelik sal blom

Here ek is jammer dat ek baiemaal ontevrede is oor al die verantwoordelikhede wat 'n huis en 'n gesin van my vra. Help my om my werk met die gesindheid van die Spreukevrou aan te pak, en maak my 'n vrou wat gewillig is om U te dien. Amen.

Uit: Lewe in Oorvloed - Nina Smit

Ingegee deur Maria Cameron - Baie dankie


Terug na bo



Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville