Gemeenteblad - http://ngkdelabat.tripod.com


Van die Redaksies
Gebedsversoeke
Die leraars gesels met ons
  Kersboodskappe
Van die Leraars
De la Bat Bellville
Effata Gemeente
Pretoria Dowes
Worcester De la Bat
  Hoogtepunte
De la Bat Bellville
Effata Gemeente
Pretoria Dowes
Worcester De la Bat
  Gemeentenuus
De la Bat Bellville
Effata Gemeente
Pretoria Dowes
Worcester De la Bat
   Artikels
Wat is Advent, Kersfees en epifanie?
Jy soek te veel geluk
Die hemel het 'n nommer
Die ideale vrou
Opstel deur laerskoolleerling
'n Inspirerende storie
Vriendskap
   Gereeld
Grappies en staaltjies
Verjaarsdae
Geestelike stukkies
   Briewe
Al ons lesers gesels saam
   Redaksie
   Redaksie


Vorige uitgawes



KERSBOODSKAPPE

Effata Redaksie se Kersboodskappie en Nuwejaarswense

Liewe Lesers

Adventstyd is reeds in aanvang, en ons het weer die jaarlikse voorreg om die Verhaal van die Menswording te verkondig. Ander van ons kan uitspan en luister na die verkondiging, die saamwees met ons geliefdes geniet en weer perspektief kry op ons lewe.

Mag hierdie eeue-oue verhaal vernuwing in jou verhouding met God bring; mag die Bethlehem-Seun Hom tuismaak in jou huishouding; mag die Vrede waarvan ons sing vir julle gemoedsrus laat beleef; mag die Vader se liefde jou en jou mense se harte verbly; mag die Voorspraak julle met hoop vervul vir die jaar wat wag!

Dankie vir die jaar se harde werk en toewyding in jou gemeente. Ons bid vir 'n mooi, gesonde en geseënde jaar in 2003 se bediening. Die Here wat jou geroep het, is met jou en jou geliefdes!

(2001-Boodskap van Ds Willie Goosen)

'N KONING WAT ANDERS IS AS ANDER KONINGS

Die Ster het die koms van 'n buitengewone Koning aangekondig, 'n Koning wat anders is as ander konings.

Die ironie is dat die dag toe die Messias gekom het, het Hy gekom soos 'n hulpelose kind tussen eenvoudige mense. Later sterf Hy aan 'n kruis tussen misdadigers met 'n verwarde klompie aanhangers wat daar rondhang. Vir dié wat dit glo, ontdek hierin God se geheim van hoe mense verlos word. Wie dit verwerp as dom en irrelevant, raak op die ou end verlore.

Kersfees kom vir almal, dié wat glo en dié wat nie glo nie. Wat maak ons met die gedagte dat daar iemand is wat weer hoop gebring het in 'n wêreld waarin mense van God se nabyheid vergeet het? Iemand wat ons nag in 'n Kersnag verander het? Iemand wat weer hoop gebring het in ons nag van bang wees, van moedeloos raak, van nie meer verstaan nie en van alleen wees?

"Here Jesus Christus, help ons om U grootheid te erken soos die wyse manne uit die Ooste dit erken het en aan U eer gebring het, Amen."

(Uit Biblia - Walvisbaai Hawesendingwerk)


Effata leraar se Kersboodskap

JESUS SE GEBOORTE - LUKAS 2:1-7

Jy ken nou al die storie van Jesus se geboorte baie goed, maar lees dit gerus weer. Dink wat die eenvoudige storie vir die wêreld beteken het. Jesus word in 'n klein dorpie gebore. Ons kan dink min mense weet Jesus. Maar ons lees ook van Keiser Augustus. Hy die magtigste man in die Wêreld. Ons lees Sirenius, die Goewerneur van Sirei. Ons lees van Politieke Leiers. Dan ons lees ook van Josef en Maria. Hulle eenvoudige mense. Wat sien ons raak? Ons sien God se plan raak om die wêreld te verlos. Wat bedoel ek? God gebruik verskillende mense om sy plan te doen om die wêreld te red. As ons lees verhaal van Jesus geboorte dit klink soos gewone geboorte van baba. Maar Jesus se geboorte het groot gevolge. Dit het groot betekenis vir ons. Dit is nie 'n gewone storie nie! Lukas vra baie die vraag: Wie is hierdie man? Hy vra wie is Jesus? Antwoord: Jesus het God se plan kom doen. Hy het God se plan om die wêreld te help van hulle sonde kom waar maak. Hy is die seun van God. God se plan vir die nood en probleme van die wêreld. God het selfs die magtigste man van daardie tyd gebruik om sy plan te laat waar word. Almal moet die boodskap van Kersfees hoor van mense wat baie belangrik is tot mense wat baie min belangrik is. En jy moet hulle vertel en so lewe dat hulle kan sien jy glo in die storie van Jesus. Dat jy nie maar net soos al die ander mense partytjie hou nie. Ek het laas jaar geskryf in my Kersboodskap, God is met ons gemeente. Vanjaar kan ek sê God was met ons gewees. Hy het ons wonderlik geseën! Dankie Jesus! 'n Baie Geseënde Kersfees en Voorspoedige Nuwe Jaar vir alle Dowes.

Ds Andries en Ingrid Scholtz


Kersboodskap van Ds Louw-gesin

Joh.1:14 "Die Woord (Jesus) het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy, as die enigste Seun, van die Vader het, vol genade en waarheid".

Kersfees is genadefees. Jesus kom aarde toe om ons genade te kom gee. Wat is genade? Genade is soos wanneer ons in 'n spoedlokval deur die verkeerspolisie gevang word. Jy het te vinnig gery. Jy is skuldig. Jy moet beboet (gestraf) word. Maar die verkeersman is onverwags baie vriendelik en sê: "Meneer (of mevrou), jy kan maar ry. Moet net nie weer so vinnig ry nie". Jesus het gekom om ons te kom red van die ewige straf in die hel. Hy sê ook vir jou: "Jy is vry, jy kan lewe, jy hoef nie hel toe te gaan nie. Maar nou verwag ek dat jy dankbaar sal wees en jou lewe sal verander. Glo in my en dien my en moenie langer in sonde lewe nie."

Hierdie genade is 'n geskenk. Ons Kersgeskenk van God. Ons kan dit nie verdien nie. Maar ons kan dankbaar wees en elke dag ons lewe vir die Here gee sodat Hy deur sy Heilige Gees ons lewens kan volmaak en op die regte pad lei. Mag die Here só vir al die dowes in hierdie tyd lei om geesvervuld te wees en daarom 'n baie gelukkige Kersfees te hê.

Liefde van Pieter, Renée en kinders


Terug na bo



Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville