Gemeenteblad - http://ngkdelabat.tripod.com


Van die Redaksies
Gebedsversoeke
Die leraars gesels met ons
  Kersboodskappe
Van die Leraars
De la Bat Bellville
Effata Gemeente
Pretoria Dowes
Worcester De la Bat
  Hoogtepunte
De la Bat Bellville
Effata Gemeente
Pretoria Dowes
Worcester De la Bat
  Gemeentenuus
De la Bat Bellville
Effata Gemeente
Pretoria Dowes
Worcester De la Bat
   Artikels
Wat is Advent, Kersfees en epifanie?
Jy soek te veel geluk
Die hemel het 'n nommer
Die ideale vrou
Opstel deur laerskoolleerling
'n Inspirerende storie
Vriendskap
   Gereeld
Grappies en staaltjies
Verjaarsdae
Geestelike stukkies
   Briewe
Al ons lesers gesels saam
   Redaksie
   Redaksie


Vorige uitgawes



PRETORIA DOWES

BRIEWE, JESUS GEBOORTEFEES BOODSKAPPE EN ANDER BROKKIES
  • Anna Jardim SMS: Geseënde Jesus se Geboortefees en allerbeste voorspoedige nuwe jaar vir almal. Groete. (Sy het by haar ouers in Welkom gaan kuier vir amper een maand).

  • Christiaan en Annetjie Smit skryf: Ons was jammer dat ons nie saam met die ASL by Fonteinedal kon kuier nie. My motor het probleem gehad, daarom moes ons ook uitstel om Annetjie se pille by Brits Hospitaal te gaan haal.
    Ons was ook teleurgesteld omdat ons Effata se basaar misgeloop het in Augustus. Ons motor het daardie dag ook probleme gegee. Annetjie het heerlike poeding vir hul poedingtafel gemaak. Ons wou dit daarheen wegbring.

    Met Annetjie se ma gaan dit nie baie goed nie. Sy het hier by ons kom kuier, maar moes terug keer huis toe. Die dokter het dadelik vir haar 'n inspuiting gegee. Sy het niks krag gehad nie, maar ons hoop sy sal baie kalm raak by nuwe ouetehuis en bly rus. Ja, sy het swaar gekry, haar pensioen is nie genoeg om ouetehuis te betaal nie. Nou help die kerk en haar drie kinders haar elke maand.

    My (Christiaan se) regteroog voel nie lekker nie, want daar is olie in my oogbal. Die olie beskerm my retina en druk dit vas. Ek was by die oogarts. Hy het gesê my oog lyk mooi. My oog moet net skoon gemaak word. Ons mediese fonds is egter uitgeput as gevolg van baie operasies. Ek moet nou wag tot volgende jaar (Januarie 2003).

    Ongelukkig sal die mediese fonds bydraes verhoog word. Ek sal dit moet kanselleer en na staatshospitaal gaan, want dis goedkoper. Ons moet dit doen omdat ek op pensioen is.

    Ons was met Gerrie se seun, Rudi, na Femina Hospitaal. Hy het longonsteking opgedoen. Hy lyk baie beter en ons hoop hy word gou gesond en sterk.
    Met Annetjie se dogter, Martie en gesin, gaan dit baie goed in Lime Acres. Ons sien uit dat hul DV gedurende Januarie 2003 by ons sal kom kuier.

    Ons wens almal geseënde kersfees en voorspoedige nuwe jaar toe. Almal moet baie aan die Here dink, want Hy is baie goed vir almal en dra almal deur die lewe.

  • Emil en Martie Lotz skryf: Emil was siek vir twee dae. My (Martie) se ouers sal binnekort by ons kom kuier. My tannie is 87 jaar oud en my ma wil graag by haar kom kuier in Pretoria. My twee broers is besig om te stroop. Dit is baie droog in Bloemfontein.

    Ons wens almal 'n baie geseënde Jesus Geboortefees toe.

  • Joyce Heyns skryf:
    Voor ek my oë uitvee, sien ek die dae van hierdie jaar vinnig verby gaan. Maar ek dank die Here, Hy het ons almal mooi bewaar. Ek wens vir alle dowes 'n Geseënde kersfees en voorspoedige nuwe jaar toe. Groete in Jesus Christus.

  • Tommie en Mathilda Davies skryf: Ons dank die Heer vir sy liefde en sorg oor al die jare.
    Dankie ook vir al die werk wat in die gemeente gedoen word. Dankie ook vir lekker gemeente ete en gesellige verkeer daarna op 17 November asook Heilige Nagmaal.
    Ons was op 1 en 2 November by Effata vir Dowes op Potchefstroom. Dit was baie lekker om saam met die mense te kamp. Die boeresport was ook baie lekker.
    Effata Gemeente nooi Pretoria Dowes uit om in die toekoms saam by Potchefstroom te kamp.
    Ons hoop dat al die dowe mense hul vakansie sal geniet. Mooi en veilig ry.

    Geseënde kersfees en voorspoedige nuwejaar aan almal. Job 36:11 en 12: As hulle dan luister en Hom dien, sal die res van hulle lewe voorspoedig en aangenaam wees. Maar as hulle nie wil luister nie, sal hulle sterf sonder om te weet waarom.

  • Annette Rossouw skryf: My niggie is op 11 November oorlede. Sy was 50 jaar oud. Sy het kanker gehad.
    Ek en Nico sal op 31 Desember een jaar verloof wees. Die Here sorg vir my en Nico.
    Ek bid dat die kerkraad volgende jaar met nuwe moed en ywer sal werk en dat almal geestelik meer sterk en nader aan die Heer sal groei.

    Geseënde kersfees en voorspoedige nuwe jaar. Julle moenie van Jesus vergeet nie. Geniet die vakansie. Weet dat Jesus jul beskerm deur Psalm 91.

  • Kosie en Hannie van der Berg SMS: Aan al ons vriende wens ons 'n baie geseënde kersfees en voorspoedige nuwe jaar toe. Jesusliefde.
    (Hul was weg met vakansie. Eers was hul na Durban daarna Kaap toe. Hannie vertel hul hond het 'n voorliefde vir gehoorapparate. Sy moes al paar maal nuwe apparate laat maak omdat die hond dit gekou het.)

  • Riana Joubert SMS: Ek is hele maand by die huis, want my elmboog is op 11 November geopereer en is in gips. Ag, baie ongemaklik met een hand. Gelukkig help twee groot kinders my tot twee weke.

    Aan almal baie geseënde Christusfees en mooi nuwe jaar

  • Desireé Smit skryf uit Louis Trichardt: Ons dorp se Christene het geld bymekaar gemaak en 'n groot kruis bo-op 'n berg by die dorp opgerig. Die kruis is 24 meter hoog en 12 meter breed. Ons het 'n groot Christusfees gehad toe die kruis se ligte vir die eerste maal aangeskakel is. Dit lyk pragtig in die aand, en ook in die dag kan 'n mens dit duidelik sien.
    Ek kry nou al vir een jaar lank perdry lesse en geniet dit vreeslik. Ek is baie lief vir die perde, en is niks bang vir hulle nie. Ek het een maal van die perd afgeval en my lyf was potblou. Die lesse sluit saam met die skool op 6 Desember, maar ek gaan ry partymaal in die vakansie ook. Die ryskool se naam is Aralita Ryskool.
    Marie en Rina Pretorius kom die hele Desember vakansie vir ons kuier. Ons sal na Messina ry om te kyk na die sonsverduistering.
    Ek kan nie nou kom kuier nie, maar wens al die vriende in Pretoria 'n geseënde Christusfees toe, asook vir ds Jan en sy gesin.

  • Amanda Hugo skryf: Ek wil graag met almal hierdie pragtige koorsang deel.

    Dis Kersfees
    Met middernag keer feest'lik weer die stonde
    toe God as mens neergedaal het op aard,
    om te bevry die mensdom van die sonde,
    sy volk te red van die dood en die swaard
    En nuwe hoop vervul die hele aarde
    toe daardie nag gebore is die HEER!

    Kniel voor Hom neer, kom lowe Hom na waarde!
    Dis Kersfees, dis Kersfees die Heer daal tot ons neer
    Laat, in geloof, ons almal plegtig nader
    na daardie krip van die Heilige Kind.
    So het die wyse voor Sy wieg vergader en,
    voortgelei deur 'n ster, Hom gevind.
    Ons kan Hom nooit na waarde prys en lowe,
    vir ons gebore en vir ons gely.

    Kom almal saam, verhef jul stem na bowe!
    Dis Kersfees, dis Kersfees, wat ons aan JESUS wy

    Abraham Maree se ma het operasie gehad. Dit was baie seer. Ek bid dat al die seer gou sal weg gaan.

  • Hendrik en Helena van Zyl skryf: Die dag van my (Helena se) verjaardag was van ons ASL vriende by ons vir 'n koppie tee en heerlike kuier. Die ASL het ons uitgenooi na 'n bring en braai by Fonteinedal. Ek pas bedags 'n kindjie op en het dit as verskoning gebruik, maar hul het gou-gou by Christine, die kleinding se ma, toestemming gekry dat ons hom mag saamneem op die uitstappie. Dit was 'n baie gesellige dag. Die ete was heerlik, niemand kon kla nie. Miskien moet oom Nathan en tannie Petro 'n ouetehuis open. Klein Pierre het dit baie geniet en het vir die mense "bobbejane klap jul handjies daar is 'n groot fees" gesing. Agterna het hy vir die mense in gebare taal gewys "ouma se stout seuntjie". Die mense het dit baie geniet. Hy het heerlik vir twee ure onder 'n boom geslaap want die mense wou hom net optel en hy hou nie van optel nie, hy hou meer van hardloop en baljaar. Oom Nathan het vir hom 'n blink ballon gegee waarmee hy heerlik kon speel. Die aand was die outjie moeg en gedaan. Dankie ASL vir die heerlike dag wat ons saam met jul kon geniet. Hendrik se pa woon nou by ons en ons moet hom versorg. Sy gesondheid is swak. Ons moet elke dag goed inpak. Hy geniet dit baie by ons en sê hy het van sy eie huis weg gegaan en op sy eie plek gewoon. Nou dat hy swak word het hy huis toe gekom waar hy voorheen gebly het. Hy wil hier bly tot die einde kom. Ons (Hendrik en ek) moes groot besluit neem, maar glo die Here sal ons help en krag gee. Hy is dierbaar en is vir ons jammer dat ons 'n huis vol mense het. Hennie, ons jongste seun, woon ook weer by ons, nou is die huis weer gesellig, tog gaan elkeen bedags sy eie gang (eie paadjie). Saans is ons almal weer bymekaar vir ete, bad en slaap. Die swaarste deel is die trekkery. Ons het baie goed van twee pa's onder die afdak. Sal moet later aan kinders uitdeel.

    Ons wil aan almal 'n geseënde kersfees toewens. Mag almal die vrede wat net die kersgety bring, ervaar. Mag die nuwe jaar vir almal nuwe beloftes inhou.

  • Henriëtte Steyn, Neels van der Westhuizen en kinders skryf: Geseënde Christusfees en voorspoedige nuwe jaar vir julle almal. Mag die Here julle toekoms mooi maak. Wandel elke dag saam met Jesus Christus, dink elke dag aan Hom, dat Hy vir jou so baie lief gehad het dat Hy vir jou gesterwe het. Dat jy eendag saam met Hom in die hemel sal sit. Eer, dien en gehoorsaam Hom elke dag, dan sal jou lewe gemakliker wees, dat elkeen Hom sal loof. Ek (Henriëtte) is baie lief vir julle.

  • Arina Visser en seuns wens almal 'n baie geseënde Jesus Geboortefees toe.
    Mag U die vrede wat alleen van God kom volkome ervaar hierdie komende Jesus Geboortefees. Mag die jaar 2003 vir u vreugde inhou en u die Heer se seën elke dag ervaar.

  • Wena Burger skryf: Ek het vir sewe maande by my suster hulle op Riebeek Kasteel gekuier. Ek het baie lekker gekuier al moes ek na my suster omsien wat 'n baie groot operasie gehad het. Ek was op 2 November weer terug in Pretoria. My broer, Japie, sy dogter Ronell, haar man Deon en hul seuntjie het my op die lughawe gaan haal en was baie bly om my weer terug te verwelkom. Ek was veral verheug om weer die dowe kerkgangers te sien en al my ou vriende te ontmoet. Ons ou mensies het 'n baie aangename uitstappie gehad na die Fonteinedal in Pretoria waar dowe mans vleis gebraai het. Ons wil vir Joyce Heyns en Petro Wilson baie dankie sê vir alles wat hulle gereël het. Die kos met slaaie was baie lekker! Om die waarheid te sê ek het die dag baie geniet en ons het ook baie pret gehad. Op 17 November was daar gemeente-ete. Die tafels was buite gedek en was pragtig versier. Dit was baie aangenaam. Ons wil vir almal wat gehelp het met die ete, baie dankie sê. Die kos was vyf ster gehalte. Aan almal wat so fluks skottelgoed gewas het, baie dankie. Ons dank die Here vir elkeen. Ek wil ook baie dankie sê vir die gesamentlike uitgawe van die 4 gemeentes vir Dowes se nuusbrief wat ek verlede jaar ontvang het. Dis tog baie interessant. Ek sien uit na die volgende uitgawe van die gesamentlike nuusbrief.

    Kortliks wil ek vir almal 'n geseënde kersfees en voorspoedige nuwejaar vir 2003 toewens. Hoop julle geniet die vakansie saam met vriende of familie en wees asseblief versigtig op die pad. Mag die Here vir julle ryklik seën in die toekoms wat voorlê. Liefdegroete in Jesus Christus se Naam.

  • Susie Coetzee skryf: Suster Miemie (Maria Cameron) is baie goed vir my. Ek wil aan almal sê dat ek baie lief is vir haar omdat sy my baie leer en my mooi op pas. Ek het baie keer sommer begin huil omdat suster Miemie so goed is vir my. Ek bly baie lekker in die ouetehuis. Ons het die ASL uitstappie na Fonteinedal baie geniet. Baie dankie aan ds Jan, Pikkie en Piet Koekemoer vir alles wat julle vir my doen.

    Aan almal wens ek 'n baie geseënde Christusfees toe. Geniet die dag saam met familie en vriende tot eer van Jesus.

  • Maria Cameron skryf: O, die tyd gaan so vinnig verby. Kersfees is al weer om die draai. Ons moet so baie dankbaar wees dat ons nog gesond is, dat ons kan saamwerk vir ons liewe Vader. Ons moet aanhou met baie gebede dat die Here alles sal verhoor en aan almal liefde en genade sal bewys. Wees wakker om saam te werk en alles met liefde te doen vir Hom. Ons is so dankbaar dat ds Jan ons baie aanmoedig, so ook die kerkraad. Ons hier by Nieuwoudtshof het op 30 November ons kersfunksie gehou. My dogter Ria het ook 'n vingerete en tee gereël vir my skoonsuster (my oorlede man Robert se suster Joey) wat 90 jaar oud geword het. Sy is die enigste wat nog leef van hul familie en is nie so gesond nie. Ek was jammer dat ek nie die nagmaalgeleentheid op 17 November kon bywoon nie. Ons het by my kleindogter, Madelein, se verloofde se ouers gaan eet om hul verlowing te vier. Hul sal DV einde Maart 2003 in die huwelik tree. Ons bybelstudies, wyksamekomste en vroue-omgeegroepe was wonderlike samekomste. Met ons ASL-uitstappie by Fonteinedal is Joyce Heyns weer tot voorsitter verkies. Petro Wilson bly die tesourier. Ons wens hulle net die beste toe. Ek wil ook vir ds Jan, Pikkie, Piet Koekemoer, Hannie van der Berg en al die ander baie dankie sê vir al die werk en geduld. Ek het toe 10 beertjies gebrei as kersgeskenkies vir kinders. Die vrou wat dit kom haal het was baie bly daaroor. Tannie Susie het ook bietjie help brei.

    Ek wens almal 'n baie geseënde kersfees en voorspoed vir die jaar 2003 toe.

  • Schalk van Heerden skryf: Aan al die 4 Dowe Gemeentes wens ek 'n geseënde kersfees en voorspoedige nuwejaar toe. Mag die Hemelse Vader aan almal hoop, liefde en vrede gee.

  • Sampie Britz skryf: Kyk na Jesus se geboorte in die stalletjie. Elke ding beteken ook binne die stalletjie.
    Kom lees Lukas 2 v 12 en laat ons daaroor dink.
    Stalletjie verwys na vernedering van Jesus! Hy is nie in 'n spesiale of deftige huis gebore nie. Toe Hy groot geword het het Hy nie daaroor gekla nie. Al is Hy die Koning van alles, wys Hy net Sy liefde.
    Doeke verwys na beskerming by Jesus! Ons kan dalk nie sien of besef nie. Daar moes dalk duisende engele rondom Hom gewees het terwyl Hy rondgereis het, maar Hy het die lyding gekies, want Hy wys Sy liefde.
    Strooi verwys na elke sonde van die wêreld. Kan jy dalk die strooi in die krip tel? Hoeveel? Ons weet nie, maar ons weet seker daar moes baie strooi gewees het. Hy vat al die sonde van die wêreld, want Hy wys Sy liefde.

    Krip verwys na die kruis, waar Jesus vir jou gesterf het. Die krip is gemaak van hout en die kruis ook! So moet die Koning klaar vir jou sonde sterf, want Hy is baie lief vir jou. Is jou liefde vir die ander mense dieselfde as Jesus se liefde?

    Mag Jesus se geboorte van groot betekenis vir jou wees. Geseënde Jesusgeboorte fees word u toegewens. Met liefde van jou Koning, Jesus.

  • Anton en Susan Oberholzer dank die Heer dat hul weer 'n huweliksherdenking kon vier gedurende Oktober. Hul is nou 15 jaar aan mekaar verbind. Hul het getrek en woon baie lekker. Die kindertjies word vinnig groot.

  • Aubrey en Theresa Moorby geniet hul nuwe woonplek baie. Theresa sê daar is nog heelwat herstelwerk aan die huis, maar hul woon baie lekker.

  • Jan Steyn sien baie uit na sy verlof DV 13 Desember. Hy is ook baie opgewonde dat sy seun, Gerhardus, op 14 Desember DV in die huwelik sal tree met 'n boeremeisie.

  • Michael en Lourindia Janssen se honde "gesin" het uitgebrei. Daar het een klein hondjie bygekom. Lourindia sê die hondjie kruip al dieper en dieper in haar hart.

  • Oom Cyril en tannie Elize Pike is dankbaar dat oom Cyril se nier nie verwyder is nie. Die Heer is wonderlik.

  • Danie en Emma Visagie dank die Heer dat Danie so goed herstel het na sy operasie. Die Heer is goed.

  • Christie en Jean Heyns was baie bly dat hul dogter, Jeanette, van oorsee kom kuier het. Sy het kom reël vir 'n werkpermit. Jeanette sou op 27 November terugkeer. Sy het 'n werkpermit vir 2 jaar gekry.

  • Marina de Bruin is weer op en wakker nadat sy 'n ruk gelede in die hospitaal was vir 'n operasie.

  • Vicky de Haas se suster het onlangs in die huwelik getree. Dit was 'n baie mooi geleentheid.

  • Estelle Beaurain se een dogter het getrek en Estelle het gaan help om gordyne reg te maak ens.

  • Fanie en Anna Roos se dogter, Riekie, en haar man, Deon, het 'n slegte ondervinding gehad toe daar twee keer kort na mekaar by hul huis ingebreek was. Die laaste keer het hul geslaap terwyl dit gebeur het. Deon is ook in die wang geskiet. Hul dank die Heer dat hul lewe.

  • Helena Sinden was per bus Kaap toe om haar baie siek vriendin te gaan besoek. Sy vertel dat dit ongemaklik is om per bus te reis en dat sy in die toekoms liewers van lugvervoer gebruik sal maak. Die vriendin is kort daarna oorlede.

  • Johanna Kritzinger het almal verras toe sy op 21 November die Oggend Bybelstudie bygewoon het. Almal was baie bly om haar te sien.

  • Steven en Martha van der Westhuizen het op 11 November die trotse ouers van 'n dogtertjie geword. Haar naam is Erika. Baie geluk, Steven en Martha

  • Christina Schoeman het getrek na 'n ander deel van die kompleks waar sy woon. Sy het 'n baie oulike plekkie en woon baie gelukkig. Ons is saam dankbaar daaroor. Sy het op 25 November haar 82ste verjaardag gevier. 'n Paar dowe vriende het die aand by haar gaan tee drink. Almal was verbaas om te sien sy is nog so rats soos 'n wildsbokkie. Sy het ook gewys watter oefeninge sy doen om fiks te bly. Dit was 'n baie aangename aand.

  • Burger Swanepoel was saam met die Springbok "Meester"-sagtebalspan na Australië gedurende Oktober. Hy was baie beïndruk met alles wat hy gesien het. Hy droom daarvan om DV gedurende 2005 saam te gaan na Kanada. Burger, ons is trots op jou en dank die Heer vir die talent wat jy ontvang het.

  • Alwyn en Kotie Burger was by die gemeente-ete en Heilige Nagmaal op 17 November. Ons is dankbaar dat dit weer goed gaan met Kotie nadat sy operasie gehad het. Hul het ook vertel van die Coke-blikkie wat in hul motor gebars het as gevolg van die hitte. Toe hul die slag voel het hul gedink iemand het in hul motor vasgery, maar toe hul deur die Coke getref word, het hul besef die blikkie het gebars. Hul was baie taai en moes bad en droë klere aantrek . Arme Alwyn moes spook om die motor weer skoon te kry. Wonderlik, daardie gebarste Coke-blikkie het baie silwermunte vir ons gemeente ingesamel. Miskien moet ons die blikkie laat raam as aandenking van hierdie gebeurtenis.

  • Mavis is nou besig om te help dat alles vir hul huweliksbevestiging op 14 Desember gereed gemaak word. Ons wens haar en Johannes Tshishonga 'n mooi toekoms saam toe.

  • Andries en Annatjie van Rooyen was baie gelukkig om gou-gou 'n plekkie in die aftree-oord te Nylstroom te kry. Hulle het baie uitgesien daarna. Ons bid dat hul deur hul liefde vir Jesus baie mense sal bemoedig met die liefde van Jesus wat van hul uitstraal.

BOODSKAP VAN GERRIE EN MARIETJIE VAN TONDER
Hoe sou ons weet wat musiek is
As ons nog nooit 'n lied gehoor het nie?
Hoe sou ons weet dat die son skyn
As ons nooit reën geken het nie?
Hoe sou ons weet dat ons goed voel
As ons nooit pyn verduur het nie?
Hoe sou ons weet dat ons gelukkig is
As ons nooit droefheid geken het nie?
Hoe sal ons weet dat iemand ons nodig het,
As ons nooit aan iemand goed gedoen het nie?
Hoe sal ons weet wat geloof is
As niks ooit in ons lewens verkeerd geloop het nie?
Hoe sou ons weet wat dit is om te skaterlag
As ons nooit 'n traan gestort het nie?
Hoe sou ons weet wat moed is
As ons nooit van vrees in mekaar gekrimp het nie?
Hoe sou ons weet wat LIEFDE IS
AS DAAR NIE GOD VAN LIEFDE WAS NIE.

Ons wil vir alle Dowes sê baie dankie vir julle liefde en ondersteuning hierdie jaar, veral die potjiekosdag op 6 Oktober en die Potjie/ Wildsfees by Pretoria. Julle bydrae het van hierdie dae iets besonders en spesiaal in ons lewens gemaak. Baie dankie ook aan Ds Andries en vrou vir al hul moeite en liefde om vir ons Dowes hier en oral die Woord en liefde van Jesus te verkondig. Mag hulle geloof meer en meer groei in die wete dat Jesus hulle seën in hulle werke onder ons Dowes.


Terug na bo



Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville