Gemeenteblad - http://ngkdelabat.tripod.com


Van die Redaksies
Gebedsversoeke
Die leraars gesels met ons
  Kersboodskappe
Van die Leraars
De la Bat Bellville
Effata Gemeente
Pretoria Dowes
Worcester De la Bat
  Hoogtepunte
De la Bat Bellville
Effata Gemeente
Pretoria Dowes
Worcester De la Bat
  Gemeentenuus
De la Bat Bellville
Effata Gemeente
Pretoria Dowes
Worcester De la Bat
   Artikels
Wat is Advent, Kersfees en epifanie?
Jy soek te veel geluk
Die hemel het 'n nommer
Die ideale vrou
Opstel deur laerskoolleerling
'n Inspirerende storie
Vriendskap
   Gereeld
Grappies en staaltjies
Verjaarsdae
Geestelike stukkies
   Briewe
Al ons lesers gesels saam
   Redaksie
   Redaksie


Vorige uitgawes



Hierdie is 'n baie goeie storie,lees dit deur tot aan die end.

Ek is 'n ma met drie kinders (ouderdomme 14, 12, 3) en het onlangs my kollege- opleiding voltooi. Die laaste klas wat ons gehad het was 'n sosiologie klas. Die lektrise was baie inspirerend met die kwaliteite wat ek graag wil hê alle mense besit. Die laaste projek wat ons moes doen was getitel "GLIMLAG". Die klas is gevra om uit te gaan en met drie mense te glimlag en te kyk wat hulle reaksies is. Ek is 'n baie vriendelike persoon en glimlag altyd met almal en groet almal, so, ek het gedink dit sal maklik wees om die opdrag uit te voer. Kort daarna, op 'n mooi Maart oggend, is ek en my man en ons jongste seun na Mc Donalds om ons seun bietjie te bederf. Ons het in die ry gestaan en gewag om bedien te word, toe almal rondom ons skielik begin wegskuif het, en toe ook my man en seun. Ek het nie geroer nie, 'n oorweldigende gevoel van vrees het my beetgepak toe ek omdraai om te kyk waarheen hulle beweeg het. Toe ek omdraai, ruik ek 'n aaklige 'vuil liggaam' reuk, en daar agter my sien ek toe twee arm, hawelose mans. Toe ek afkyk na die kort mannetjie naby my, het hy geglimlag. Sy pragtige hemelsblou oë was vol van God se lig toe hy gesoek het by my vir aanvaarding. Hy het gesê "goeie more" terwyl hy besig was om die paar munte wat hy vasgehou het uit te tel. Die tweede man het gevroetel met sy hande waar hy agter sy vriend gestaan het. Ek het besef die tweede man was verstandelik gestremd en die man met die blou oë was sy redding. Ek het my trane gekeer terwyl ek daar by hulle gestaan het. Die dame by die toonbank het gevra wat hulle wil hê. Hy het gesê "net koffie juffrou, want dit is al wat ons kan bekostig". (As hulle in die restaurant wou sit om uit die koue te kom, moes hulle iets koop) Toe skielik het ek dit gevoel, dat ek amper uitgereik het en die man met die blou oë omhels het. Dit is toe dat ek opgemerk het al die oë in die restourant was op my gerig om te sien wat ek sal doen. Ek het geglimlag en die dame agter die toonbank gevra om nog twee ontbytetes vir my op 'n aparte skinbord te gee. Ek het toe na diehoektafel waar die twee mans gesit het geloop. Ek het die skinkbord voor hulle neergesit en my hand op die man met die blou oë se koue hand geplaas. Hy het na my opgekyk met trane in sy oë en gesê "baie dankie". Ek het oorgeleun en sy hand gedruk en gesê "Ek het dit nie vir jou gedoen nie. God is hier besig om deur my te werk om jou hoop te gee". Ek het begin huil toe ek terugstap na my man en seun. Toe ek gaan sit het my man geglimlag en gesê " Dit is waarom God jou vir my gegee het, Liefste, om my hoop te gee. Ons het vir 'n oomblik hande vasgehou en toe het ons geweet dat dit net deur God se genade aan ons is dat ons aan ander kon gee. Daardie dag het aan my die suiwer lig van God se liefde gewys. Ek is op die laaste dag van die kollege terug na die klas met my storie in my hand. Ek het my "projek" ingehandig en die lektrise het dit gelees. Toe vra sy of sy dit vir die klas kan lees. Ek het stadig geknik en sy het die aandag van die klas gekry. Sy het begin lees en dit is toe dat ek geweet het dat ons mense deel van God is, en dat ons moet uitreik na ander mense in nood om hulle heel te maak en om dan ook self heelgemaak te word. Op my eie manier het ek die mense by Mc Donalds, my man, my seun en elke siel in die klaskamer aangeraak op daardie laaste aand wat ek student was by die kollege. Ek het geslaag met die grootste les wat ek ooit sal leer.


Terug na bo



Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville