Gemeenteblad - http://ngkdelabat.tripod.com


Van die Redaksies
Gebedsversoeke
Die leraars gesels met ons
  Kersboodskappe
Van die Leraars
De la Bat Bellville
Effata Gemeente
Pretoria Dowes
Worcester De la Bat
  Hoogtepunte
De la Bat Bellville
Effata Gemeente
Pretoria Dowes
Worcester De la Bat
  Gemeentenuus
De la Bat Bellville
Effata Gemeente
Pretoria Dowes
Worcester De la Bat
   Artikels
Wat is Advent, Kersfees en epifanie?
Jy soek te veel geluk
Die hemel het 'n nommer
Die ideale vrou
Opstel deur laerskoolleerling
'n Inspirerende storie
Vriendskap
   Gereeld
Grappies en staaltjies
Verjaarsdae
Geestelike stukkies
   Briewe
Al ons lesers gesels saam
   Redaksie
   Redaksie


Vorige uitgawes



Geestelike stukkies


Kniel voor Jesus neer!
Hy, ons Heer regeer!
Hy kom op die wolke!
Loof Hom, alle volke!

Gees van die Vader,
Gees van ons Heer en Koning,
maak in ons hart U woning,
trek ons na God steeds nader


Teleurstellings is wonde wat niemand kan heel nie.
Herinnerings is skatte wat niemand kan steel nie.

Ingegee deur tannie Rita Visagie - Baie dankie


WIE IS CHRISTUS VIR JOU
Vir die juwelier is Hy die Kosbare pêrel
Vir die bakker is Hy die Brood van die Lewe
Vir die oogarts is Hy die Stralende Oë
Vir die dokter is Hy die Groot Geneesheer
Vir die bankier is Hy die Kosbare Skat
Vir die tuinier is Hy die Herfsroos van Saron en die Lelie van die Dale
Vir die koerantman is Hy die Tyding van Groot Blydskap
Vir die geoloog is Hy die Ewige Rots
Vir die regter is Hy die Waaragtige Getuie
Vir die advokaat is Hy die Voorspraak
Vir die prisonier is Hy die Verlosser
Vir die dorstige is Hy die Fontein van Lewende Water
Vir die landbouer is Hy die Ware Wynstok
Vir die skaapwagter is Hy die Goeie Herder
Vir die sterrekundige is Hy die Blink Môrester
Vir die musikant is Hy die Soetste Melodie
Vir die kunstenaar is Hy die Lieflikheid self
Vir die treurende is Hy die Trooster
Vir die sagmoedige is Hy die Prins van Vrede
Vir die vermoeide is Hy die Een wat Rus gee
Vir die sondaar is Hy die Lam van God wat die sonde van
die wêreld wegneem.

Ingegee deur Vicky de Haas - Baie dankie


Werp jouself
Met ywer en entoesiasme in
naastediens as uitvloeisel van
jou borrelende vreugde oor
die goedheid van GOD aan
jou persoonlik.

Solly Ozrovech


ZZZZZZZZZZZZZ

Ek aanvaar jou met die liefde van die Heer
daar is vrede waat Sy gees ons regeer!
Mag ander wat sien hoe jy die Here dien
ook begeer om die Heer vol liefde te dien.

ZZZZZZZZZZZZZ


GELUK IN DIE HART
SIT SONSKYN IN DIE DAG.


Mag ek bewaar word van die wysheid wat niks meer kan leer nie, die wysbegeerte wat nie ruimte laat vir humor nie, en die vernaamheid wat nie na 'n kind luister nie.
Kahlil Gibran


Dinge wat goud en silwer nie kan koop nie,
is bedagsaamheid en vriendelikheid.


Ware geluk is om tevrede te wees met wat 'n mens is.

Ingegee deur tannie Rita Visagie - Baie dankie


Terug na bo



Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville