Gemeenteblad - http://ngkdelabat.tripod.com


Van die Redaksies
Gebedsversoeke
Die leraars gesels met ons
  Kersboodskappe
Van die Leraars
De la Bat Bellville
Effata Gemeente
Pretoria Dowes
Worcester De la Bat
  Hoogtepunte
De la Bat Bellville
Effata Gemeente
Pretoria Dowes
Worcester De la Bat
  Gemeentenuus
De la Bat Bellville
Effata Gemeente
Pretoria Dowes
Worcester De la Bat
   Artikels
Wat is Advent, Kersfees en epifanie?
Jy soek te veel geluk
Die hemel het 'n nommer
Die ideale vrou
Opstel deur laerskoolleerling
'n Inspirerende storie
Vriendskap
   Gereeld
Grappies en staaltjies
Verjaarsdae
Geestelike stukkies
   Briewe
Al ons lesers gesels saam
   Redaksie
   Redaksie


Vorige uitgawes



Vriendskap is soos die natuur

Vriendskap is soos die natuur. Soms waai ons by mekaar verby sonder om te stop en te vra hoekom die ander so verkreukel lyk. Die lewe se wind dra ons weg met 'n oppervlakkige "Goed dankie" en "Sien jou later". Soms sien ons eers baie later die rypskade aan die ander se brose binneste en wonder ons hoekom het ons nie al lankal gevra nie. Soms sien ons net die lentekleur raak op 'n gesig en is ons nie eers bewus van die wurm wat aan sy/haar binneste vreet nie.

Soms wonder ons of dit net die wind is wat hom/haar wegbuig van ons af en of dit dalk die stingeltjie self is wat sy stokstywe ruggie op jou draai.

Pluk iemand vir ons 'n ruiker uit God se tuin, wriemel ons weg van mekaar. Roos se dorings steek te seer en papawer wil mos langs niemand wees nie.

Koringblommetjie kruip weg van skaamte oor haar kartelhoede en hibiskus wonder of almal weet van haar verlede.

Intussen vergeet ons dat die Here afkyk op sy tuin en net pragtige blomme sien.

Almal is ewe mooi, ewe kosbaar, ewe goed in Sy oë.

VERGEWE MY as ek op 'n wintersoggend nie vir jou 'n trooskombersie van woorde wou oorgooi teen die rypskade nie.

VERGEWE MY as ek op 'n lenteoggend selfsugtig met my eie nuwe blare loop en spog het en nie die kneusplekkies aan jou stingeltjie gesien het nie.

VERGEWE MY as ek op 'n warm somersdag nie vir jou 'n tydjie gemaak het nie, omdat ek te besig was, selfs te veel gekla het, te haastig was om aan jou die koelte van my vrienskap te bied.

Weet dus dat ek daar is vir jou!

Bron onbekend

Ingegee deur Pikkie Truter - baie dankie


Terug na bo



Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville