Gemeenteblad - http://ngkdelabat.tripod.com


Van die Redaksies
Gebedsversoeke
Die leraars gesels met ons
  Kersboodskappe
Van die Leraars
De la Bat Bellville
Effata Gemeente
Pretoria Dowes
Worcester De la Bat
  Hoogtepunte
De la Bat Bellville
Effata Gemeente
Pretoria Dowes
Worcester De la Bat
  Gemeentenuus
De la Bat Bellville
Effata Gemeente
Pretoria Dowes
Worcester De la Bat
   Artikels
Wat is Advent, Kersfees en epifanie?
Jy soek te veel geluk
Die hemel het 'n nommer
Die ideale vrou
Opstel deur laerskoolleerling
'n Inspirerende storie
Vriendskap
   Gereeld
Grappies en staaltjies
Verjaarsdae
Geestelike stukkies
   Briewe
Al ons lesers gesels saam
   Redaksie
   Redaksie


Vorige uitgawes



GEMEENTENUUS

IN EN OM WORCESTER DE LA BAT GEMEENTE


RENTMEESTERSKAP
Ds. S Viljoen, Ds. M Potgieter , Mev. S von Mollendorff (Skriba), Ouderlinge J Niemand en E Viljoen (in plek van Ds. A Smit) het die groot voorreg gehad om 'n baie wonderlike werkswinkel oor Rentmeesterskap by te woon. Die werkswinkel is by Worcester- Oos-gemeente aangebied, vir 3 aande. (18 Maart tot 20 Maart)

Ons vertrou dat hierdie wonderlike werkswinkel ook vir al ons lidmate aangebied sal kan word.

Matteus 3 vers 8. Jesus se opdrag vir Sy kinders is: Dra vrugte wat by die bekering pas. God gee vir elkeen van ons 4T's om te bestuur:

1. Time: Geleenthede
2. Talents: Gawes
3. Treasures: Geld
4. Trees: Grond

God vra: "Wat maak jy met wat Ek vir jou gee? Hoe bestuur jy dit?"
God gee: Dieselfde vir ons Gemeente.
God vra: "Wat maak julle met wat ek vir julle gee? Hoe bestuur julle dit?"
Probleme in ons gemeente wat dit moeilik vir ons maak om goeie rentmeesters (bestuurders) vir God te wees:

* Ons swak verhouding met God.
* Min liefde vir mekaar.
* Ons verstaan nie die visie (doel) van die gemeente nie.
* Ons werk nie almal saam nie.

Geskryf deur: Mev. Viljoen


BYBELSTUDIE VIR VROUE
Elke tweede Dinsdag is daar Bybelstudie vir die vroue. Die vroue in ons gemeente, wat nie werk nie is baie min, maar al is ons min het ons getrou bymekaar gekom om uit die Bybel te leer, saam te bid , lekker te gesels en saam te lag. Ons besef ons is min mense in die gemeente en ons het mekaar baie nodig. Die Bybelstudie tyd is verander na Dinsdagmiddae 15:30. Meer vroue kry nou die geleentheid om die Bybelstudie by te woon. Ons nooi almal wat kan en wat af is by die werk - kom hou asseblief saam met ons Bybelstudie.

Bybelstudie - afsluiting se boodskap:

Hebreërs 13 vers 5 en 6 Wees tevrede met wat jy het. God self sê: "Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie"

Ons kan met vertroue sê: Die Here is my helper. Ek ken geen vrees (is nie bang nie).
Kersfees 2002: God gee Jesus
Gee vir my Vrede - Verlos my van sonde.
Die Here is my helper - ek is nie bang nie.


KINDERKRANS
By die Kinderkrans leer ons meer en meer van die Bybel. Die Bybel leer ons meer van God die Vader, Jesus en Die Heilige Gees. Ons leer in die Ou- en Nuwe Testament. Ons leer dat God se kinders groei wanneer hulle meer leer van die Bybel. Op die 15 Mei het die kinders van die Kinderbond van VG Kerk Worcester-Oos onsbesoek. Die 14de September gaan van ons kinders weer by hulle besoek aflê en 'n item lewer. Ons kinders het ook op die 21ste Augustus die Kinderkrans-basaar van Worcester-Noord bygewoon. Hulle het lekkers gekoop en geëet en dit baie geniet.

Van die kinderkranskinders werk hard vir die basaar. Hulle maak die mooiste gesiggie-houers met kaaskrulle.

Geskryf deur Mev. E Viljoen


SIEKTES EN OPERASIES
** Ds. Finck van Nuwe Hoop Sentrum is baie siek. Hy het longkanker. Ds. Finck kan miskien nie weer gaan werk nie. Hy kry gereeld behandeling en is baie swak. Ons moet aanhou bid vir hom.
** Oom Lawrence Barnard het 15 April 'n heupvervanging ondergaan. Hy was by Eben Donges hospitaal. Oom Lawrence het twee weke in die hospitaal gebly. Dit gaan nou beter met hom en hy stap die wêreld vol.
** Op 3 September het Michelle Benade haar verstandtand laat uitsny. Ons hoop dat dit beter met haar gaan.
** Ivy Mohammed het 'n histerektomie gehad. Sy is nog besig om te herstel.
** Ons moet aanhou bid vir Trudie van Zyl. Trudie het weer 'n terugslag gehad. Dit gaan nie goed met haar nie. Sy moet weer hospitaal toe gaan. Sy het weer met haar behandeling begin. Sy soek nog dringend 'n skenker. Ons moet aanhou vir haar bid.
** Tannie Daleen Kruger is nie meer in haar eie kamer nie. Sy is nou in die Siekeboeg. Julle kan vir haar gaan kuier. Ons moet ook aanhou bid vir haar.
** Tannie Hermone Cillers se voet is nog baie seer. Sy moet nog gereeld hospitaal toe gaan vir behandeling.Ons moet vir haar bid sodat haar voet gesond kan word.
** Philip Dobson het op 21 November 'n ernstige hartaanval gehad. Hy was by Medic Clinic opgeneem. Philip is Sondagaand, 24 November ontslaan. Ons hoop en vertrou dat hy gou gesond sal word.


GEBOORTE
** Mnr. en mev. Kleinschmidt het 'n kleinkind ryker geword. Hulle oudste seun, Armand en sy vrou het op 2 April 'n babaseuntjie gekry. Sy naam is Max. Baie geluk!


STERFGEVALLE
** Susan van Aswegen is op 26 Mei 2002 om 06:50 oorlede. Sy was baie siek. Sy het nierversaking gehad. Lewensruimte se inwoners en personeel is hartseer oor die heengaan van Susan. Ons bid Johnny en die familie God se seën en versterking toe.


VERLOWING EN TROUES
** Hendrika Vos en Danie Barkhuizen het op 29 Junie 2002 by Lambertsbaai se pragtige kerk getrou. Danie se broer wat ook predikant is, het hul in die huwelik bevestig. Hulle twee is baie gelukkig saam. Baie geluk!
** Ds. Mia Potgieter en mnr. Herman Lintvelt het op 12 Julie verloof geraak. Hulle gaan 14 Desember trou. Baie geluk met jul verlowing. Ons hoop dat julle baie gelukkig sal wees.
** Michelle Minnie en Jacques Benade het op 18 Julie in die huwelik getree. Hulle het by Logos kerk in Bellville getrou. Ds. Viljoen het hulle getrou. Baie geluk.
** Johan de Beer en Debbie Brand het op 24 Augustus in die huwelik getree. Hulle het by Bellville De la Bat kerk getrou. Ds. Viljoen het hulle ook getrou. Baie geluk!
** Op 18 Oktober het Andrea Steenkamp, 'n personeellid van Lewensruimte, met Lourens du Plessis getrou. Baie geluk!
** Philip Dobson en Elmarie Prins het op 26 Oktober getrou. Ds. Viljoen het hulle getrou. Baie geluk.
** Oom en tannie Koekoe van Belkum se dogter, Martine Morkel sal op 7 Desember 2002 trou. Baie geluk en sterkte met alles!

Ons hoop dat die nuwe getroude paartjies baie gelukkig sal wees !


NGK DLB WORCESTER BASAAR
Die Basaar was baie geseënd, en het goed gegaan. Sommer vroeg was die mense al daar, en nog voor 11h00 was die tafels al sommer amper leeg soos al die mense al die goed gekoop het. Hierdie jaar se inkomste was omtrent so R53,000. Ons het so R4,000 meer gemaak as verlede jaar. En ons dank ons Vader in die Hemel dat Hy ons geseen het sodat die basaar goed gegaan het. Oor die algemeen hoor ek dat die mense vertel dat Saterdag baie goed werk, omdat hulle vroeg-al op hulle pos kan wees om te kan begin werk met die voorbereidings. Al was daar hier en daar iemand wat vertel dat Vrydag-aande tog baie lekker was, want dan het almal lekker saamgekuier. Ons sal dan net volgende keer moet kyk daarna. Al beteken dit dat ons dalk die mense moet vasketting aan die tafels. Ek wil baie graag vir elke persoon baie dankie sê vir die harde werk wat gedoen is. Ongelukkig kan ek nie name noem nie, want dan gaan daar 'n lang lys wees. Miskien slaan ek dalk iemand oor wat ek moes bedank het. Die belangrikste Persoon vir wie ons wel kan bedank is God. Hy het ons nog 'n jaar gegee waarop ons weer vir die gemeente kan help met al hulle geestelike dors. Baie dankie vir almal. Vriendelike groete.
Niël Laufs


SPORT VIR CHRISTUS AKSIE SUID-AFRIKA
Hier het ek aan die einde gekom aan my Diensjaar. Ek is nou klaar met Diensjaar vir Christus, maar gaan nie stop om Jesus te dien nie. My verhouding met Jesus het hierdie jaar gegroei en ek wil geestelik nog meer en meer groei, al is ek klaar met SCAS. Ek het baie dinge geleer by verskillende skole nl. skole vir Dowes, Blindes, Fisies Gestremdes en Verstandelik Gestremdes. Ek mis die kinders al klaar, hulle het in my hart ingekruip! Baie van die skole vir Dowes waar ons was, is so arm dat hulle amper elke dag pap eet. Dit was ongelooflik om te sien hoe hulle die Here prys en loof en Hom dien. Ek het by hulle geleer wat dit is om regtig die Here te loof en te dien. Ek dank die Here vir 'n baie goeie skool soos De la Bat Skool. Baie dankie vir al julle gebede. Johannes 15:5b "Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie." Sonder julle gebede kon ons niks doen nie, geen kinders sou hulle lewe vir Jesus kon gee nie! Hierdie jaar 50 SCAS studente 102 skole besoek en 30 000 kinders bereik waarvan 3 219 hulle lewe vir Jesus gegee het, waarvan ons weet. Asseblief bid vir hulle dat hulle geestelik sal groei en meer soos Jesus sal word. Dankie. "Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag" 1 Tess. 5:16-18

'n Geseënde Kersfees en 'n voorspoedige 2003! Groete Retha


UIT CHRISTO SE DAGBOEK
Dit is nou baie warm hier. Ons inwoners swem te lekker by die swembad. En ons het ook waatlemoen geëet.

Ernest en Brenda Kleinschimht se oudste seun Armand en sy vrou Janis se dogterjie, Cleo word op 16 Mei twee jaar oud en hul tweede kind word 'n April 2002 Gebore . Ernest en Brenda Kleinschmith se jongste seun Wilhelm is nog in die Kaap en hy wil 'n kursus neem in toerisme.

Pieter en Mardie Pienaar is oudste dogter Magda het motorfietslisensie geslaag en hul seun Arno het op 9 Feb swem kompetisie by Malmesbury deelgeneem.

Worcester se skou was vanaf 30 Januarie tot 2 Febuarie 2002 . Lewensruimte vir dowes se werkswinkel het ook stalletjies gehou en hulle het baie goed verkoop en het R 2000 ingesamel. Ons is baie dankbaar dat almal goed saam gewerk het en dat baie goed verkoop is by die skou.

Op 1-3 Februarie was daar kerkraadskamp op Worcester. Bellville se kerkraad het ook dieselfde naweek op Worcester by die skool hulle kerkraads kamp gehou; Worcester s'n by die konsistorie. Saterdagaand het altwee saam gebraai by die ontspanningsklub. Op die Sondag oggend het prop. Niel du Plessis erediens gehou. Sy vrou, Nicolene du Plessis het getolk. Ek was baie bly om Bellville se mense weer te sien.

Ons Worcester De La Bat Kerk het op 2 Maart basaar gehou. Bellville se dowes het ook gekom. Dit was baie warm gewees op daardie dag. Ek het vir Karin Smidht wat in die rolstoel is gehelp stoot by die basaar. Ek het ook vir haar gehelp om te koop. Ek het baie lekker geëet en koeldrank gedrink by die basaar. Dit het baie goed met die basaar gegaan. Die basaar het R57 000 sover insamel. Ons moet dankbaar wees vir die Here, want hy het die basaar geseën.

Op 14 Febuarie was dit 'n valentynsdag en ons inwoners van lewensruimte het valentynsete geëet by lewensruimte se saal om 19:00. Die kos was koue vleis, koringrys, wortelslaai en rooi koeldrank en die poeding was roomys met sjokolade sous.

Ons het op 22 Februarie, Vrydagaand vir Mia Potgieter bevestig as predikant. Ds. Mia Potgieter gaan in die toekoms saam met ons Dowes werk. Daarna het ons almal na Badenhorstsaal gegaan om tee en koffie te drink en eetgoed te eet. Ons inwoners van Lewensruimte sal op 22-24 Maart by Hermanus gaan kamp.

Dawei Ni van Oostenryk het Juniemaand Lewensruimte besoek. Hy was vir vier weke hier. Hy het by die Swart Kat geslaap. Dawei het lekker gekuier en sy verblyf geniet.

Edgar Hagmuller van Oostenryk het vanaf 30 Augustus Lewensruimte besoek en gaan aan die einde van September terug Oostenryk toe. Hy is horend en daarom moet hy hard werk om Gebaretaal te leer ken. Hy is 'n eerstejaarstudent en is besig om vir maatskaplike werker te leer. Hy het in Oostenryk met Dowes gewerk.

Daar het baie nuwe intrekkers by Lewensruimte ingetrek. Hulle is Japie Davids, Jaco Wienand, Alida van Heerden en Marco van Lis. Ons wil hulle almal welkom heet by Lewensruimte. Ons hoop dat hulle baie gelukkig daar sal wees.

Lewensruimte het ook 'n nuwe verpleegster gekry. Suster Gibbs het 1 September by Lewensruimte begin werk. Ons hoop dat sy baie gelukkig daar sal wees.

Marthinus van Schalkwyk het op 21 September aan 'n fietsrykompetisie op George deelgeneem. Hy het baie goed gedoen. Hy het 'n silwer medalje gewen. Baie geluk Marthinus. Ons is trots op jou!

Van Lewensruimte se personeellede het getrou. Op 18 Oktober het Andrea Steenkamp met Lourens du Plessis getrou. Philip Dobson en Elmarie Prins het op 26 Oktober getrou. Ons hoop dat die nuwe getroude paartjies baie gelukkig sal wees.

21 November het mnr. Tope, mevv. Tope en Louw en mej. Krause en 13 van Lewensruimte se inwoners na Robertson Kinderhuis toe gegaan. Hulle het Kersge-skenke, klere en kos vir die arm kinders uitgedeel.

Lewensruimte gaan vakansie hou. Al die werkswinkels sluit 13 Desember en maak 22 Januarie weer oop. Julle moet lekker vakansie hou!
Geseende Kersfees en Voorspoedige Nuwejaar !

Met liefde en groete in Jesus Christus naam.

Seënwense Christo Smit


Terug na bo



Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville