Gemeenteblad - http://ngkdelabat.tripod.com




  In hierdie maand se   uitgawe...

   Van die Redaktrise

  Geestelike Voedsel
Tiende maand -
Is dit gevaarlik om verkeerd te offer?
Verantwoordelik vir mekaar
   God antwoord
  Gemeentenuus
Gemeente nuus
Bybel Program
Bettie Theubes -
Besoek aan Kilimanjaro
   Artikels
Belangrike lewensles
Om B-E-S-I-G te wees
Vir watter vrou is jy die liefste?
   Gereeld
Grappies en staaltjies
Humorblad
Verjaarsdae
Resep van die maand
Goue gedagtes
   Briewe
Lesers gesels saam
   Redaksie
   Redaksie


Vorige uitgawes


Volgende sperdatum:
25 Oktober 2002



Skryf aan Dowe Fokus

Maak 'n donasie

Ontvang Dowe Fokus deur die pos - Intekenare vorm.


Om B-E-S-I-G te wees


Satan het 'n wêreldwye vergadering gereël. In sy openingstoespraak aan sy bose geeste en slegte engele gesê: "Ons kan nie die Christene keer om kerk toe te gaan nie. Ons kan hulle nie keer om hulle Bybels te lees en die waarheid te weet nie. Ons kan hulle selfs nie weg hou van goeie dinge en outydse tradisies nie. Maar ons kan iets anders doen. Ons kan keer dat hulle 'n intieme, vaste verhouding met Christus het. As hulle lief is vir die Here en 'n mooi verhouding met Jesus het, dan kan ons niks met hulle doen nie, en dan word ons mag oor hulle gebreek.

Daarom moet julle al die Christene toelaat om kerk toe te gaan, laat hulle toe om goed te lewe en die outydse dinge te doen, maar steel hulle tyd sodat hulle nie daardie ondervinding van 'n diepe verhouding met Jesus Christus kan kry nie. Dit is wat ek wil hê julle moet doen, my onheilige engele. Trek hulle aandag af en keer dat hulle kontak maak met hul Verlosser en deur die dag 'n vaste en diep verhouding met Hom kry!"

"Hoe sal ons dit regkry?" vra sy engele.

"Hou hulle besig met die onbelangrike dinge in die lewe en dink aan die baie planne om hulle gedagtes besig te hou," antwoord die duiwel.
"Lei hulle in die versoeking om geld te spandeer, spandeer, spandeer en daarna om nog geld te leen, leen, leen. Oortuig die vrouens dat hulle vir lang ure moet gaan werk en oortuig die mans dat hulle vir 6 of 7 dae per week, 10 tot 12 ure per dag moet werk sodat hulle die hoë en duur lewenstyle kan bekostig. Keer hulle dat hulle nie tyd het om saam met hulle kinders te kan wees nie. Wanneer hulle huwelike en gesinne begin opbreek, sal hul huise nie meer 'n rusplek wees van die besige werk en die gejaag nie.
Laat hul gedagtes heeltyd besig wees met geld en werk, sodat hulle nie daardie klein, stil stemmetjie van die Here kan hoor wanneer Hy hulle waarsku nie. Verlei hulle en maak hulle gewoond om elke dag die TV of video masjien aan te skakel wanneer hulle by hom kom, of die DVD of dat hulle heeltyd voor hul rekenaars sit en altyd in hul huise gebruik. En sorg dat elke winkel en restaurant in die wêreld aanmekaar slegte dinge uitsaai, dinge wat bots met die Bybel en musiek van mense wat vir ons werk. Dit sal hulle gedagtes stop en hulle kommunikasie met Christus verbreek.

Ook wanneer hulle ontspan, sê hulle moet oefen en sweet en gym toe gaan en dit oordoen sodat hulle uitgeput en onrustig is en onvoorbereid vir die week wat kom. Moenie toelaat dat hulle in die natuur uitgaan om oor die wonders van God se skepping te dink nie. Stuur hulle eerder na pretparke, sportbyeenkomste, konserte en bioskope.

En wanneer hulle bymekaar kom vir geestelike byeenkomste soos bidure, hou hulle besig met skinderpraatjies en geselsery oor sport en ander dinge sodat hulle dit sal onthou en nie die boodskap nie, en dat hulle na die tyd sleg sal voel en kwaad vir ander mense en hulle koppe deurmekaar kan wees.
Laat hulle lewens so vol verskillende sake wees, dat hulle geen tyd het om krag by Christus te soek nie. Dan sal hulle gou met hul eie krag begin werk en hul gesondheid en gesinne opoffer.

"Toe hulle klaar gesels het, "het die bose geeste en onheilige engele uitgegaan en met hul werk begin. Hulle het veroorsaak dat Christene oral besig, besig, besig raak en orals rondjaag en nie tyd het vir die belangrike dinge in die lewe nie.

Hoe dink jy? Her die duiwel geslaag met sy plan?

Jy moet self daaroor besluit.

Die Engelse definisie (betekenis) van die woord BUSY (BESIG) kan soos volg verduidelik word:

Being
Under
Satan's
Yoke

(In Afrikaans vertaal beteken dit om onder Satan se juk te wees.)

Satan se doel is om ons gedagtes van Christus af te lei en om ons besig te hou met bekommernisse en probleme van hierdie wêreld. God wil hê ons moet die lewe geniet maar Hy moet die Belangrikste en Eerste Persoon in ons lewens wees elke dag. As ons te besig is vir God, dan is ons te besig! Dan sal God ook sê Hy is te besig om vir ons te help.




Terug na bo



Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville