Gemeenteblad - http://ngkdelabat.tripod.com




  In hierdie maand se   uitgawe...

   Van die Redaktrise

  Geestelike Voedsel
Tiende maand -
Is dit gevaarlik om verkeerd te offer?
Verantwoordelik vir mekaar
   God antwoord
  Gemeentenuus
Gemeente nuus
Bybel Program
Bettie Theubes -
Besoek aan Kilimanjaro
   Artikels
Belangrike lewensles
Om B-E-S-I-G te wees
Vir watter vrou is jy die liefste?
   Gereeld
Grappies en staaltjies
Humorblad
Verjaarsdae
Resep van die maand
Goue gedagtes
   Briewe
Lesers gesels saam
   Redaksie
   Redaksie


Vorige uitgawes


Volgende sperdatum:
25 Oktober 2002



Skryf aan Dowe Fokus

Maak 'n donasie

Ontvang Dowe Fokus deur die pos - Intekenare vorm.

Geestelike voedsel

Tiende maand - Is dit gevaarlik om verkeerd te offer?

Ons sien iets wat baie belangrik is toe die eerste mense op aarde vir die Here 'n offer gebring het. Later in die Bybel sien ons ook mense wat offers bring wat dit verkeerd gedoen het, en hulle het die Here kwaad gemaak.

Hier in die begin van die Bybel kan ons sien wat is die verskil tussen 'n goeie en 'n slegte offer, 'n offer wat die Here bly maak en 'n offer wat die Here kwaad maak. Ons lees in die Bybel dat Kain en Abel offers vir die Here gebring het. In Genesis 4 is daar geskryf:

3 Eendag het Kain van sy koring gevat en 'n offer vir die Here gebring. 4 Abel het ook 'n offer vir die Here gebring. Hy het die eerste lammers vir die Here gegee en die lammers se vet geoffer. Die Here was tevrede met Abel en sy offer. 5 Maar die Here was nie tevrede met Kain en sy offer nie.

Hoekom was die Here tevrede met Abel se offer, maar nie tevrede met Kain en sy offer nie? As ons mooi kyk, dan sien ons dat Abel sy eerste lammers vir die Here gee. Hy het die beste vir God gegee, want dit was vir hom die belangrikste van alles. Hy het geweet dat dit God is wat vir hom lewe gee, kos en klere, dit is die Here wat sy Vader is en wat vir hom sorg. Hy het geweet hoe baie dinge is daar wat die Here elke dag vir hom gee, en dat hy ook vir die Here moet wys dat hy lief is vir die Here.

Kain het ook 'n offer vir die Here gegee, maar dit was nie die eerste van sy goed nie, dit was nie vir hom die belangrikste nie. Nee, hy het eers die ander dinge gedoen, eers ander goed betaal, dinge wat vir hom belangriker was as die Here, en toe dit alles klaar was, het hy onthou dat hy ook vir die Here iets moet gee. Toe het hy min oorgehad, en dit was moeilik om vir die Here iets te gee. Dit was nie sy eerstes nie, dit was nie sy bestes nie. Sy offer was nie vir hom die belangrikste nie, omdat die Here in sy lewe ook nie die belangrik-ste was nie. Hy het 'n offer vir die Here gegee, maar eintlik wou hy dit nie doen nie, dit was vir hom moeilik, hy het net 'n bietjie gegee, van die dele wat nie so goed was nie.

En wat sê God?

Hy sê vir Kain en vir al die mense op aarde wat nie lus is om vir Hom te offer nie: "Ek is jammer dat jy my liefde verkeerd verstaan. Ek gee vir jou so baie, en Ek vra vir jou net een tiende, sodat Ek kan sien of jy waarlik dankbaar is daaroor, Ek wil sien of jy vir My waarlik lief is. Ek wil daardie offers gebruik om ook vir ander mense te help, sodat hulle ook kan glo in My, vertrou op My, en vir My kan dien en hemel toe kan gaan. Ek kan alles wegvat wat Ek vir jou gegee het, maar Ek wil dit nie doen nie (miskien), Ek wil hê dat jy my liefde moet verstaan, vir My moet liefhê en vir My dien soos baie van my ander kinders."

Kain het verkeerd ge-offer, en toe doen hy 'n baie verkeerde ding, hy vermoor sy broer. Ander mense wat verkeerd offer vandag, voel skuldig, en hulle steek dit weg en jok en hulle vertrou nie op die Here nie.

Ja, dit is baie gevaarlik om verkeerd te offer.

Ds. Rocco Hough


Terug na bo



Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville