Gemeenteblad - http://ngkdelabat.tripod.com




  In hierdie maand se   uitgawe...

   Van die Redaktrise

  Geestelike Voedsel
Tiende maand -
Is dit gevaarlik om verkeerd te offer?
Verantwoordelik vir mekaar
   God antwoord
  Gemeentenuus
Gemeente nuus
Bybel Program
Bettie Theubes -
Besoek aan Kilimanjaro
   Artikels
Belangrike lewensles
Om B-E-S-I-G te wees
Vir watter vrou is jy die liefste?
   Gereeld
Grappies en staaltjies
Humorblad
Verjaarsdae
Resep van die maand
Goue gedagtes
   Briewe
Lesers gesels saam
   Redaksie
   Redaksie


Vorige uitgawes


Volgende sperdatum:
25 Oktober 2002



Skryf aan Dowe Fokus

Maak 'n donasie

Ontvang Dowe Fokus deur die pos - Intekenare vorm.


Lesers gesels saam


Christo Smit van Worcester

Die winter is verby. Dit is nou Lente. Daar is nou nuwe mooier blomme en nuwe blare aan die bome, dit begin nou groei. Dit gaan goed met my en nog gesond. Dankie ook vir elke maand se nuusbriewe ontvang het, geniet altyd lekker om te lees. Ek werk nog lekker by die houtwerkafdeling en werk baie hard.

Paar weke terug was Ds. Ronnie Finck van Nuwe Hoop Sentrum baie siek gewees, hy het long kanker. Hy kry nou chemoterapie by Panorama Hospitaal. Ek hoop dat hy nou baie beter voel en dat ook gou gesond kan word. Ons moet baie vir hom bid. Tannie Daleen Kruger van die Huis Brevis Ouetehuis was ook baie siek, long en maagkanker. Hoop ook dat sy ook gou beter en gesond word. Michelle Minnie en Jacques Benade het by Lagos kerk in Bellville in die huwelik getree. Baie geluk julle twee. Johan de Beer en Debbie Brand het op 24 Augustus by die Bellville gemeente ook getrou, baie geluk. Ds. Mia Potgieter van Worcester en Herman Lintvelt het op 13 Julie verloof geraak. Ons het op 31 Augustus by Worcester in die dorp straatkollekte gehelp, ons het pragtig gekollekteer. Ek het altesame R356,20 ingesamel. Al die kollekte saam was R5 163,62. Dit is eenvoudig wonderlik. Ek is dankbaar ek kon help.

By die SA Sport Liggaamlike vir Gestremdes, Marius Louw het op 2 tot 14 Augustus paar weke met die fietsry oorsee in Duitsland, Austria deelgeneem. Hy het baie goed gevaar en het een goue medalje ontvang. Op 11 September het ons per bus na Sportsentrum gegaan om juskei deel te neem. Dit was baie lekker gewees. Dr. Paul de Wet en Elsabe Smits-Pauw van Pretoria het op 15 September gekom na Lewensruimte om vergadering van Gebaretaal, meervoudige gestremdes en dowe volwasse te gaan hou. Hulle moet help werk en leer hoe om te doen. Ek moet elke dag die Afrikaanse Bybel vir Dowes bid en lees. Ek lees van Genesis, Markus, Daniël tot Malagi en Matteus tot Johannes, ek geniet die nuwe Bybelvertaling boekie baie.

Mag God seëninge gee vir Ds. Hough, Prop Neil du Plessis en alle Bellville Gemeente De La Bat.

Met al my liefde
Christo.




Terug na bo



Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville