RESEP VAN DIE MAAND
BOEREWORS GEREG
Die vinnige ete is binne minute op tafel.
Bestandele:
1 kg boerewors
1 ui, grof gekap
6 repe spek, gesnipper
1 blik tamaties
50 ml vars pietersielie, gekap
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
45 ml blatjang
1 blik (410 g) botterbone, gedreineer
- Braai die wors in 'n pan tot gaar, skep uit en sny in bytgrootte stukkies.
- Braai die ui en spek in dieselfde pan tot gaar.
- Voeg die tamaties en pietersielie by en verhit tot kookpunt.
- Laat prut tot die sous lekker dik en geurig is.
- Geur na smaak met sout en peper.
- Voeg die blatjang, botterbone en wors by en laat 5 minute prut.
- Sit voor op rys of koeskoes.
Genoeg vir 6 mense.
|