Gemeenteblad - http://ngkdelabat.tripod.com




  In hierdie maand se   uitgawe...

   Van die Redaktrise

  Geestelike Voedsel
Tiende maand -
Is dit gevaarlik om verkeerd te offer?
Verantwoordelik vir mekaar
   God antwoord
  Gemeentenuus
Gemeente nuus
Bybel Program
Bettie Theubes -
Besoek aan Kilimanjaro
   Artikels
Belangrike lewensles
Om B-E-S-I-G te wees
Vir watter vrou is jy die liefste?
   Gereeld
Grappies en staaltjies
Humorblad
Verjaarsdae
Resep van die maand
Goue gedagtes
   Briewe
Lesers gesels saam
   Redaksie
   Redaksie


Vorige uitgawes


Volgende sperdatum:
25 Oktober 2002



Skryf aan Dowe Fokus

Maak 'n donasie

Ontvang Dowe Fokus deur die pos - Intekenare vorm.


VIR WATTER VROU IS JY DIE LIEFSTE?


Eendag was daar 'n koning wat vier vroue gehad het.

Hy het die 4de vrou die liefste gehad en vir haar die mooiste klere en die lekkerste kos gegee. Hy het vir haar net die beste van alles gegee.

Hy was ook lief vir sy 3de vrou en hy het altyd by die ander konings met haar gespog. Maar hy was altyd bang sy sou hom verlaat en iemand anders kies.

Hy was min lief vir sy 2de vrou. Sy was altyd gaaf en geduldig met hom. Wanneer die koning 'n probleem gehad het, dan het hy altyd na haar toe gegaan en alles vir haar vertel, want sy het hom goed verstaan en sy het hom altyd gehelp om deur die moeilike tye te kom.

Die koning se 1ste vrou was 'n baie getroue maat en 'n wonderlike vriendin. Sy was baie verstandig en sy het baie gehelp dat dit goed gegaan het in sy koninkryk en dat hy goeie planne kon maak sodat sy geld meer en meer geword het. Maar die koning het sy eerste vrou nie liefgehad nie. Sy was baie lief vir haar en sy het vir hom goeie raad gegee, maar hy wou nie baie by haar wees of haar hand vashou nie.

Eendag het die koning baie siek geword en hy het geweet hy gaan sterf en sy tyd is kort. Hy het gedink hoe lekker hy gelewe het en hoe baie mense altyd saam met hom was in sy paleis en hoe hulle gesels en gelag het, en hy het gedink: "Ek het nou vier vroue by my, maar as ek doodgaan, sal ek alleen wees."

Hy vra toe vir die 4de vrou, "Ek het jou die liefste gehad, ek het vir jou die mooiste klere gegee en ek het jou goed versorg. Nou is ek besig om dood te gaan, sal jy my volg en saam met my sterf sodat ek met iemand kan gesels?" Maar sy sê vir hom: "Nooit! Ek is nie mal nie." En sy het weggegaan sonder om nog met hom te praat. Haar antwoord het die koning baie hartseer gemaak, dit was soos 'n lem van 'n mes wat deur sy hart gesny het.

Die hartseer koning vra toe vir sy 3de vrou, "Ek het jou liefgehad my hele lewe lank. Wanneer ek doodgaan, sal ek alleen wees. Sal jy my asseblief volg en my geselskap hou?" "Nee!" antwoord sy 3de vrou. "Die lewe is te goed! As jy doodgaan, gaan ek weer trou. Ek wil nie nou al doodgaan nie!" Die koning was geskok. Sy hart het in sy skoene gesak en hy het yskoud geword.

Die koning vra toe vir die 2de vrou, "Ek het altyd na jou toe gekom as ek hulp nodig gehad het en jy was altyd daar om te luister na my probleme. Wanneer ek doodgaan, sal jy my asseblief volg en saamkom om my geselskap te hou?" "Ek is jammer ek kan jou nie hierdie keer help nie!" antwoord die 2de vrou. "Ek kan jou net help totdat jy sterf, en as jy wil kan jou help dat jy gou doodgaan." Haar antwoord het die koning laat skrik. Dit was vir hom soos 'n weerligstraal wat hom tref en die koning was baie treurig.

Toe sê iemand agter hom: "Ek sal saam met jou gaan en jou volg waar jy ook al gaan." Die koning het omgekyk en daar was sy eerste vrou. Sy was baie maer want sy het nie genoeg kos gehad nie, hy het nie goed vir haar gesorg nie. Die koning was baie hartseer en jammer dat hy haar so sleg behandel het, en hy sê: "Ek moes beter vir jou gesorg het toe ek die kans gehad het, maar ek het nie gedink aan wat is vir my die beste nie, ek het net gedink wat is die lekkerste."

As ons mooi dink, dan sien ons dat ons almal het 4 dele in ons lewe, net soos hierdie 4 vroue: Ons 4de vrou is ons liggame. Dit maak nie saak hoeveel tyd en aandag ons aan ons liggaam bestee om dit goed te laat lyk nie, wanneer ons doodgaan, dan los ons liggaam ons. Hy kan of wil nie saam met ons gaan nie.

Ons 3de vrou is ons besittings, ons geld en ons naam, ons rykdom. As ons doodgaan, dan gaan dit na ander mense toe.

Ons 2de vrou is ons familie en vriende. Dit maak nie saak hoeveel kere hulle ons gehelp het en daar was om ons te help nie, hulle kan ons net help en by ons bly tot by die graf.

Ons 1ste vrou is ons siel wat ons so baie keer verwaarloos en afskeep omdat ons soek na geld en rykdom en ander dinge. Ons jaag na vriende en ons wil belangrik wees en mag hê en ons soek plesier en alles wat vir onsself mooi is. Maar ons siel is die enigste ding wat ons sal volg waar ons ookal gaan. Hy bly by ons, want dit is wie ons is. Daarom moet ons nie ons siel afskeep en min tyd aan hom gee nie. Nee, gee vir hom Tyd, Kos, Brood van die Lewe. Kyk wat jou siel nodig het en luister as hy met jou praat.

Maak seker dat jou siel gesond is, want as jy vir hom sorg, dan gee jy aan hierdie wêreld 'n wonderlike present, jou voorbeeld, jou leiding en jou aandag. As jou siel vir ander mense die regte pad wys, dan kom baie ander mense ook en hulle volg jou.

Wanneer die wêreld te swaar op jou skouers druk, dan sak jy af op jou knieë, en dit is net die regte posisie en manier om te bid, op jou knieë.


Terug na bo



Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville