Gemeenteblad - http://ngkdelabat.tripod.com




  In hierdie maand se   uitgawe...

   Van die Redaktrise

  Geestelike Voedsel
Tiende maand -
Is dit gevaarlik om verkeerd te offer?
Verantwoordelik vir mekaar
   God antwoord
  Gemeentenuus
Gemeente nuus
Bybel Program
Bettie Theubes -
Besoek aan Kilimanjaro
   Artikels
Belangrike lewensles
Om B-E-S-I-G te wees
Vir watter vrou is jy die liefste?
   Gereeld
Grappies en staaltjies
Humorblad
Verjaarsdae
Resep van die maand
Goue gedagtes
   Briewe
Lesers gesels saam
   Redaksie
   Redaksie


Vorige uitgawes


Volgende sperdatum:
25 Oktober 2002



Skryf aan Dowe Fokus

Maak 'n donasie

Ontvang Dowe Fokus deur die pos - Intekenare vorm.


ONS IS VIR MEKAAR VERANTWOORDELIK


As iemand nie vir sy eie mense en veral nie vir sy huisgesin sorg nie, het hy die geloof verloën en is hy slegter as 'n ongelowige (1 Tim. 5:8)

Ons is vir mekaar verantwoordelik omdat ons Christene is. Té dikwels sien ons hoe huwelike ten gronde gaan, hoe verhoudings verbrokkel, hoe mense aanhou loop op 'n pad van vernietiging - sonder dat ons 'n vinger verroer. En dit omdat ons ons medemense nie lief genoeg het om die probleem aan te spreek nie. Ons voer die een verskoning ná die ander aan hoekom ons nie betrokke wil raak nie, maar vergeet van God se opdrag aan ons om ons medegelowiges by te staan en te versorg.
'n Kollega vertel my hoe hy in 'n buite-egtelike verhouding betrokke geraak het.

Hy sê hy het gevoel soos uit 'n uitgeputte swemmer wat alleen spook teen die see en teen die branders - met geen hoop om uit die stroom te kan swem nie. Hy vertel hoe hy gevoel het dat hy vir die laaste maal verdwyn. Op die strand kon hy al die mense van sy gemeente sien staan. Party het hul koppe geskud en gehuil. Ander het geskreeu en in frustrasie en woude hul vuiste in die lug gebal. Daar was hier en daar woorde van bemoediging en gebare van welwillendheid. Maar almal was bang en niks gedoen nie, wagtend vir iets om te gebeur. Niemand het opgetree nie. Net een man het vorentoe gestap, die water ingeduik en die arme man na veiligheid gebring. Dit het nie alleen sy lewe en sy huwelik gered nie, maar ook sy bediening. Verantwoordelikheid vir mekaar is 'n opdrag wat ons nie moet vergeet nie.

Heilige God en Vader, ek dank U dat ek aan u gesin mag behoort. Help my deur die Heilige Gees om met liefde om te gaan met die ander lede van die gesin.

Solly Ozrovech

Gestuur deur Marisa du Plessis

Kom ons wees verantwoordelik vir ons mense sodat ons hulle ook in nood kan help en nie terugstaan nie. Ons is nie genoeg lief vir ons medemense nie, ons dink aan ons eie behoeftes en begeertes, laat jou liefde aan medemense oor en dien met God se liefde …..




Terug na bo



Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville