Gemeenteblad - http://ngkdelabat.tripod.com




  In hierdie maand se   uitgawe...

   Van die Redaktrise

  Geestelike Voedsel
Tiende maand -
Is dit gevaarlik om verkeerd te offer?
Verantwoordelik vir mekaar
   God antwoord
  Gemeentenuus
Gemeente nuus
Bybel Program
Bettie Theubes -
Besoek aan Kilimanjaro
   Artikels
Belangrike lewensles
Om B-E-S-I-G te wees
Vir watter vrou is jy die liefste?
   Gereeld
Grappies en staaltjies
Humorblad
Verjaarsdae
Resep van die maand
Goue gedagtes
   Briewe
Lesers gesels saam
   Redaksie
   Redaksie


Vorige uitgawes


Volgende sperdatum:
25 Oktober 2002



Skryf aan Dowe Fokus

Maak 'n donasie

Ontvang Dowe Fokus deur die pos - Intekenare vorm.


GOUE GEDAGTES


Ek moet vergewe, altyd weer opnuut vergewe!
Sodra ek ophou vergewe vorm ek dadelik 'n muur.


Elkeen dokter op sy manier aan die vrede en aan
'n beter wêreld, maar niemand is skynbaar bereid
om te vergewe of vrede te sluit nie.


Sodra die moeilikste tree gegee is, word die res fees.
Vergifnis. Die mooitste gawe!


Wees nooit hard nie, ook nie in jou oordeel nie.
Dan sal jy self gelukkig wees.


'n Terugkeer na God, soos na 'n vader wat jou naam
in sy handpalm geskryf het, kan wondere verrig.


Jesus is nie soos die mense nie.
Hy is liefde… Hy leef vir my.


Die mens het bang geword vir stilte, vir oorgawe aan
God en vir gebed. Die mens soek in die duisternis,
ander verdowing. Die mens is nêrens meer tuis nie.


Ek wil so graag hê dat jy Hom moet leer ken,
nie as 'n vriend uit die verre verlede nie, maar
as 'n lewende Vriend van naby!







Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002 - De la Bat Gemeente Bellville