Gemeenteblad

http://ngkdelabat.tripod.com




  In hierdie maand se   uitgawe...

   Van die Redaktrise

  Geestelike Voedsel
Tiende maand -
Is dit gevaarlik om verkeerd te offer?
Verantwoordelik vir mekaar
   God antwoord
  Gemeentenuus
Gemeente nuus
Bybel Program
Bettie Theubes -
Besoek aan Kilimanjaro
   Artikels
Belangrike lewensles
Om B-E-S-I-G te wees
Vir watter vrou is jy die liefste?
   Gereeld
Grappies en staaltjies
Humorblad
Verjaarsdae
Resep van die maand
Goue gedagtes
   Briewe
Lesers gesels saam
   Redaksie
   Redaksie


Vorige uitgawes


Volgende sperdatum:
25 Oktober 2002



Skryf aan Dowe Fokus

Maak 'n donasie

Ontvang Dowe Fokus deur die pos - Intekenare vorm.



Dagsê al my lesers!!!!

Oktobermaand is 'n hoogtepunt op ons kerkkalender, want dit is weer tyd vir dankofferfees, ons dink in hierdie maand spesiaal aan al die wonderlike gawes wat God gee, ons is baie dankbaar vir ons kerkgebou en die liefde wat daar onder ons lidmate is. Kom ons wees hierdie maand ekstra dankbaar vir die voorregte wat ons elke dag uit God se hand ontvang.

Na 'n lang gedink en besluitneming het ek besluit om einde van die jaar klaar te maak as redaktrise van Dowe Fokus. Baie dankie vir elkeen wat getrou nuus gestuur het en gehelp het om ons nuusbrief interessant te maak. Ons nuusbrief speel 'n baie belangrike rol in dowes wat ver bly se lewens, hulle lees dit en voel dan nie so eensaam nie. Mag ons altyd leiding kry van die Here af om nuusbrief tot eer van Sy Naam te skryf. Enige persoon wat belangstel om vanaf Januarie 2003 die redakteurspos oor te neem, kan hulle name vir my of Magda Spence gee vir die bogenoemde kontaknommers. As jy voel dat die Here vir jou by die nuusbrief wil gebruik, bid daaroor en doen aansoek.

Wys hierdie maand jou dankbaarheid aan familie, vriende en vreemdelinge deur vriendelik te wees en jou naaste in liefde te ondersteun.

Mag hierdie maand 'n baie spesiale maand wees en dat jou lewe met vol blomme (vreugdes) bestrooi wees.

Geniet die Nuusbrief!

Gebed : Here, dankie vir U genade waarmee U ons versorg en seën.

Amen!

Groete in Jesusliefde
NICOLENE

As u 'n gereelde besoeker van hierdie webwerf is, skryf asseblief in. Dit is GRATIS. Deur u inskrywing sal u vir ons help om te weet hoeveel lesers van hierdie webwerf gebruik maak. Dit sal vir ons aanmoediging gee om aan te hou met hierdie werk.

As bonus sal ons vir u elke maand deur e-pos laat weet sodra daar 'n nuwe uitgawe van Dowe Fokus beskikbaar is op die Internet.


Die De la Bat Gemeente in Bellville wil die Woord van God verkondig onder alle Dowes.
Ons doen dit met gebare, met Bybelstudies, en met hierdie maandelikse nuusbrief. Enige bydraes en donasies is welkom.
Enige voorstelle of probleme met hierdie webblad, kontak vir Magda Spence
Dowe Fokus 2001-2002
Laas opgedateer - 8 Oktober 2002